Regstappe kom oor ongeregistreerde onderwysers

Argieffoto (Foto: Verskaf)

Solidariteit gaan die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) tot Vrydag kans gee om sy lede by dié liggaam te registreer. Dit volg nadat Solidariteit verskeie klagtes van sy lede ontvang het oor Saro wat traag is met die uitreik van sertifikate aan onderwysers. Sonder hierdie sertifikate kan onderwysers nie wettig praktiseer nie.

Onderwysers word wetlik verplig om by Saro te registreer, waarna Saro dan ʼn sertifikaat aan die betrokke onderwyser uitreik wat hom of haar in staat stel om ʼn pos in die onderwys te kan beklee.

Solidariteit het aan die begin van die maand met sy regsadviseurs vergader om regsaksie rakende hierdie kwessie te oorweeg.

Maroela Media het vroeër berig dat van Solidariteit se lede al langer as ʼn jaar vir hul sertifikate wag sonder dat hul navrae beantwoord word of hulle enige terugvoer van Saro ontvang.

“Nie net versuim SARO hierdeur sy statutêre verpligting teenoor hierdie onderwysers nie, maar word hulle gevolglik verhoed om hul beroep te kan beoefen en ʼn inkomste te kan verdien. Dit terwyl daar reeds ʼn tekort aan onderwysers in die land is,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit.

“Ons kan nie toelaat dat hierdie situasie langer voortduur nie. Daarom eis ons optrede van Saro. Sou hulle nie onderneem om hierdie onderwysers te registreer nie, oorweeg ons dit om met litigasie voort te gaan om Saro te dwing om sy statutêre verpligting na te kom en ons lede te registreer en hulle in staat te stel om te kan werk en ʼn inkomste te kan verdien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nici ·

Hul is hopeloos. My dogter het ook een of twee keer probeer registreer… Hul vind ‘n ‘fout’, hou jou geld en dan begin jy weer die proses.

Deon ·

Waarom die “saro”? Is dit net nog n raad wat geld maak?……. Waarom moet almal en alles hof toe geneem word om hulle verdomde werk te doen…. Herstruktureer die plek sodat die dooie hout kan uit en ons land aan die gang kan kom

Sarel ·

Die mense steur hulle nie meer aan Hofuitsprake nie.
Denel….Zuna ….Eff ens. En daar word niks gedoen nie.
Slaat die ou waar dit seermask persoonlike eise weens nalatigheid

Kokerboom ·

Om ‘n demokrasie in SA te laat werk moet byna ALLES dmv regsgedinge afgedwing word!!!Wat is fout met die mense? Is hul inherent lui,moedswillig , rassisties of bloot net lui???
Vraag is : Hoekom bly ons deel van so ‘n siek bestel?

Ou bees ·

Sit en verdien n salaris sonder om enige werk te doen klomp useless mense

Zacharias ·

Hoekom word daar nog tyd en geld gemors? Hierdie staat is verby, dit het gefaal… Doen ons eie ding!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.