Regstappe kom oor Oscar-fliek

‘n Skermskoot uit die lokprent.

Oscar Pistorius se familie gaan regstappe neem oor die rolprent Oscar Pistorius: Blade Runner Killer wat eersdaags bekend gestel word.

Carl Pistorius, Oscar se broer, het in ’n verklaring gesê die rolprent is vervaardig in “blatante verontagsaming” van die Pistorius- en Steenkamp-families, sowel as Oscar en Reeva. “Oscar, sy familie en die verdediging was in geen opsig betrokke by die vervaardiging van die rolprent nie.”

Volgens Carl is die rolprent nie ’n ware weerspieëling van die tragiese gebeure van 14 Februarie 2013 toe Steenkamp in ʼn badkamer van Pistorius se huis in Silver Lakes in Pretoria doodgeskiet is nie.

“Oscar is onderwerp aan ’n maand lange sielkundige evaluering op aandrang van die staat en die evaluering is gedoen deur kenners in die veld. Oscar is ook onderwerp aan in diepte-evaluerings en toetse vir amper ’n maand lank en in geen stadium is daar bevind dat Oscar die gedagtegang van ’n moordenaar het nie.”

Volgens Carl is die rolprent ’n “growwe verkeerde interpretasie van die waarheid” en eerder verteenwoordigend van wat die staat tydens Oscar se hofsaak probeer uitbeeld het.

Barry en June Steenkamp, Reeva se ouers, het vroeër gesê hulle dra geen kennis van die rolprent nie. Tania Koen, die Steenkamps se prokureur, het in ʼn verklaring gesê June en Barry rou steeds oor die dood van hul dogter. “Hulle is geskok en ontsteld om te verneem van berigte ‘dat die rolprent uit [Reeva] Steenkamp en haar ma se oogpunt vertel word’. June is nie deur Lifetime genader om deel te neem, insette te gee of enigsins betrokke te wees nie.”

Volgens Koen is enige indruk dat die rolprent deur die Steenkamp-familie onderskryf word onwaar.

Maroela Media het vroeër berig die lokprent vir die rolprent oor die wêreldbekende paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, en die moord op sy meisie, Reeva, is Vrydag bekend gestel.

Pistorius is vir die moord op Steenkamp aangekla en het tydens die hofverrigtinge, wat wêreldwyd uitgesaai is, aangevoer hy het Steenkamp deur die badkamerdeur geskiet omdat hy haar vir ʼn inbreker aangesien het. Pistorius is aanvanklik aan strafbare manslag skuldig bevind, maar sy skuldigbevinding is later na moord verander en hy is ʼn vonnis van ses jaar tronkstraf opgelê.

Die staat se appèl teen Pistorius se vonnis sal op 3 November aangehoor word, net ʼn week voor die bekendstelling van Oscar Pistorius: Blade Runner Killer wat op 11 November op die Amerikaanse televisiekanaal Lifetime vertoon sal word.

Daar is nog geen datum bekend gemaak wanneer die rolprent in Suid-Afrika uitgereik sal word nie. Kyk die lokprent hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Danie ·

Enige iets om wins uit tragiese gebeure in Suid-Afrika te maak. Maak nie saak of dit blatante leuens is of nie. Nog erger is dat dit sogenaamd uit die oogpunt van die Steenkamp-familie vertel word sonder dat hulle ooit geraadpleeg is. Ek neem ook aan dat hulle ook geen vergoeding sal kry vir die (mis)gebruik van hulle naasbestaandes se lewensverhale nie. Ek stel voor dat beide die Pistorius- en die Steenkamp-familie saam ‘n eis teen die uitsaaier instel.

Leeu ·

Dan moet al die families van Titanic, Black Hawk Down, enige 9/11 stories en flieks, al die families van ww1 ww2 flieks, en ook OJ se familie en en en en. NIKS spesiaals aan Oscar nie. Die is n doodgewone moord fliek.

Michelle ·

Ai man – gaan hulle hierdie arme man nooit uitlos nie.
Dit was ‘n absolute tragedie.
Twee pragtige jong mense se lewens is daarmee heen. Een geeindig en een verwoes.
Uit my hart uit jammer vir albei se families ook.

Santie ·

Ons sal dit buitendien nie gaan kyk nie. Dit is in swak smaak, en ons het meer as genoeg gehad van hierdie hartseer saak.

Leeu ·

Ag asseblief, wat van Pearl Harbor, wat van WW1/WW2 flieks, wat van OJ, wat van 9/11 flieks, wat van Black Hawk Down, Titanic, wat van ál die ander flieks. Die familie moet oor hulself kom, Oscar het moord gepleeg. Daar’s hoeveel boeke ook. Is hul net jaloers dat hul nie self n fliek geskiet het nie.

Hannetjie Harvie ·

Johan en Willem, as dit julle seun was, sou julle monde nog so groot wees? Moet nooit se nooit nie.

Stofskoen ·

Was die deur nie eers met ‘n krieket kolf geslaan en toe met vier skote geskiet nie? Dit is woede nie vrees nie. Vier skote??

Ivana Viljoen ·

Willem en Johan

Was enige van julle daar om te weet presies wat daai aand gebeur het.

Lientjie ·

Nee niemand was daar om te sien wat jou hero doen nie, maar foreniese patolgie gaan p wat op die toneel gebeur het, dit wys in detail hoe alles gebeur het. Hy het haar vermoor dis net hy kan wat net nie waarheid kan praat nie.

willem 2 ·

Ja Hannetjie ….. en as dit jou dogter was wat op so manier vermoor was???

anoniem ·

Moenie oordeel as jyself nie in die Steenkamp of Pistorius se skoene gestaan het nie….hoop hulle kry di riller gestop hier in S.A.

Piet Pille ·

Leeu en Johan ek kan duidelik aflei van jul kommentaar dat julle definitief die fliek sal geniet. Lekker kyk.

Marinda ·

Ag asb Leeu. Dink aan Reeva se ouers, hulle het hulle dogter verloor en is deur hel. Elke dag vandat sy weg is, die begrafnis,
toe die hofsaak. Klein goedjies elke dag wat hulle herinner aan hulle dogter.
Ñ ouer kom nooit oor dit nie. Ñ ouer is nie veronderstel om hulle kind of kinders aan die dood af te staan nie. Maak nie saak hoe die kind dood is nie. Hierdie fliek is in swak smaak. It’s disrespectful to say the least. Dit is nie die Titanic wat gesink het jare terug of die eerste of tweede WW of Pearl Harbour of 911 nie. Jy kan nie eets daardie gebeurtenisse vergelyk met wat met Reeva gebeur het nie. Hierdie is ñ gebeurtenis wat nog vars in hierdie twee mense se geheue is. Dit is en was twee ou mense se dogter vir wie hulle baie lief was en nog steeds is. Ek ken Mnr en Mevr Steenkamp glad nie, maar hulle het my diepste simpatie.

Willie ·

Oscar is ‘n moordenaar en so skuldig bevind. Hy het nie ‘n sê in die fliek nie. Hy kan bly wees hy het net 5 jaar gekry. Wat Reeva betref wat het sy by hom gesoek en geslaap as hy so bloeddorstig is soos wat haar familie glo. Wys die fliek sodat ander kinders kan leer wat hulle nie moet doen nie. Ek gaan dit beslis kyk.

Vaaljapie ·

Regsaksie teen die vervaardigers?? En op watter gronde?? In watter land?? Die feite van die saak is aan almal bekend. Die Steenkamps en die Pretoriuse sou beter gevoel het oor die film indien hulle finansieel uit die rolprent kon baat.

Willie ·

Ek stem saam jou Vaaljapie. Hulle is suur dat hulle nie geld maak uit die hele debakel nie. Mamma sê nou op Nuus sy wil die fliek kyk om te sien wat het daar gebeur. Hahaha wat ‘n grap.

Gys ·

Wat vertel jy ons Carl? So julle is nog nie moeg vir die hof nie? Dit is darem vrypostig van hulle om nie vir julle te ken in die saak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.