Regstappe ná paramedici in lokval beland

Argieffoto: Rescue Care

ʼn Durbanse ambulansdiens beplan om regstappe te doen nadat paramedici Woensdagaand glo deur owerhede in ʼn lokval gelei en dit in ʼn onderonsie ontaard het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het Donderdag in ʼn verklaring gesê een van hul ambulanse het Woensdagaand op ʼn plek in die suidelike gedeelte van Durban gestaan toe ambulanspersoneel bewus gemaak is van ʼn ongeluk in Isipingo.

“Omdat die stad so groot is en ons so gou moontlik op noodgevalle moet reageer, word voertuie in ons vloot op strategiese plekke ontplooi. In dié geval het ons ambulans naby ʼn insleepwa gestaan,” het Jamieson gesê.

Volgens Jamieson het die bestuurder van die insleepwa Rescue Care se paramedici ingelig dat daar ʼn ongeluk was. Aangesien hulle bekommerd was oor die welstand van die mense wat in die ongeluk betrokke was, het die paramedici op die toneel gereageer.

“Hulle het daar opgedaag en besef die ‘ongeluk’ is eintlik opgestel deur lede van die Durbanse metropolisie en amptenare van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) as deel van, soos ons verstaan, ʼn ongemagtigde operasie.”

Volgens Jamieson is die ambulans sonder ʼn lasbrief deursoek, asook sonder enige ooglopende rede vir die owerhede om aan te neem dat dit in die uitvoering van ʼn misdryf gebruik is. “Ons personeel is oënskynlik ontvoer en van hul fone ontneem. Hulle is deur die metropolisiebeamptes geteister en verneder,” het Jamieson bygevoeg.

Dit is ook vir hulle steeds onduidelik waarvoor die metropolisiebeamptes gesoek het. Niks onwettigs is in die ambulans gevind nie. “Ons personeel is ook nie aangekla nie, hoewel hulle vir ʼn lang tydperk van hul pligte weerhou is.”

Rescue Care het hul prokureurs opdrag gegee om strafregtelike sake van onder meer onwettige deursoeking, ontvoering en crimen injuria aanhangig te maak.

Wesley Rogers, Rescue Care se regsverteenwoordiger, het die situasie as absurd bestempel en gesê paramedici is tussen vier en vyf uur lank verhoed om hul werk te verrig. Hy het dit ook as ʼn vermorsing van staatshulpbronne beskryf. Rogers het die onderskeie klagte reeds by die Durban-Sentraal-polisie aanhangig gemaak.

Snr.supt. Parboo Sewpersad, woordvoerder van die Durban-metropolisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die metropolisie het nog geen amptelike klag oor die aangeleentheid ontvang nie.

Hy het wel bevestig dat ʼn lokval gestel is wat op versoek van Okosa uitgevoer is.

“Die spesiale operasie is uitgevoer aangesien daar sommige insleepdienste, ambulansdienste en veiligheidsmaatskappye is wat onwettig die polisie se radiokanale monitor om op die tonele te reageer waarheen hulle nie ontbied word nie. Sulke optrede kan sommige tonele negatief beïnvloed,” het hy gesê.

Die metropolisie sal eers op die aantygings kan reageer sodra die amptelike klagte ontvang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Daan Erasmus ·

Liewe Aarde. En daar is regte misdaad wat nie aandag kry nie. Dit laat my dink aan die Tshwane Metro Polisie die keer toe 3 voertuie opgedaag het om ‘n klag dat ‘n hoender haan die rus verstoor.

Lola ·

Ai ai, volgens Jamieson het die bestuurder van die insleepwa sy ambulans mense ingelig oor die ongeluk? Ek wonder…….. En het die insleepdiens ook by die ‘ongeluk’ aangekom? Een van die dae sit daar ook ‘n prokureur op ‘strategies plekke’ saam die ambulans en die insleepwa.

Piet Pompies ·

Net soos insleepvoertuie het ambulanse ook deel geword van geldmaak uit mense wat in ongelukke was. Sleepvoertuie en Ambulanse word nie gereguleer, so enige persoon kan ‘n voertuig omskep in ‘n ambulans met net die basiese toerusting, sy mense die minimum opleiding verskaf en dan beweer hy kan die diens lewer aan die mense wat in ongelukke beseer is. Aan die anderkant kry jy opregte ambulanse met die regte nood toerusting en goed opgeleide mense. Van die aasvoël ambulanse beskik oor onwettige radios wat op die polisie se kanaal ingeskakel is om eerste by ‘n ongelukstoneel op te daag. Hou maar eerder by die bekende ambulans dienste.

LouE ·

Ons is dankbaar dat daar ten minste party mense is wat op noodberigte reageer. Hulle is dikwels die enigste mense wat reageer. Die amptelike mense is dikwels te besig en het nie die mannekrag en voertuie (en soms lus) om te reageer nie. Dit bly nogtans onwettig om polisie of ander radios af te luister. Die polisie kan sulke vals ongelukke opstel, maar dan moet daar met diskressie te werk gegaan word. In hierdie geval is diskressie nie aan die dag gelê nie.

Staat Burgers teen Uitbuiting ·

Lees, luister en dink goed.
As dit slinks dink, praat en skryf soos of namens aasvoels, is dit begunstigd deel van insleep en ambulanse aasvool sindikaat?
Sindikate besit en bedryf wat vele skroot werwe en dus bruikbare voertuie parte, voertuie bakwerk, elektriese en maganiese hertel werkswinkels , klinieke/hospitale en self’s regsdienste wat eise teen die padongeluks fonds hanteer,, alles opvallend nuut en goed toegerus en ondermekaar ingelig oor waar vele groot bedragte afruk kontrakte spoedig onderteken moet word deur vele ongeluks versteurdes en/of pasiente.
Polisie moet die ondermekaar ongeluks inligting kommunikasie bemoeilik, indring en verbreek.

Theresa B ·

Dit is nou wragtig amptelik. Almal het heeltemal mal geword…………………………..

Piet Pompies ·

Daar is aasvoël ambulans dienste wat beseerde mense uitbuit en die mense beskik nie oor gevorderde ervaring en kan jou meer skade berokken as goed doen. So as jy beserings het en ‘n Tata Indica met rooi geverfde strepe en kruise stop by die ongelukstoneel, staan op en hardloop weg….hier gaan jy weer seerkry

PIPPIE LANGKOUS ·

Hulle kannie op normale misdaad fokus nie, want hulle is nie ordentlik opgelei nie, dus hou hulle hulself maar op met sulke snert

JoeV ·

Dit het niks met die toepassing van die wet te doen nie. Die is eenvoudige teroriseering van persone wat in ‘n area werk waar die wetstoepassers ‘n wins kan maak wat hulle tans kan maak met die nood voertuie in die omgewing nie.
As iemand vir ‘n kort tydjie sal ondersoek instel sal die rede vir die terrorisering van onafhanklike diens leweraars bekend word aan almal. Dit gebeur reg oor die land, maar gebruik allerlei soorte verskonings om te deursoek. Die feit dat ocasa daar was dui dat hulle ongelisensieerde radios gesoek het. (wat in baie gevalle teenwoordig is, maar hulle kry gereeld oproepe van die verkeersafdeling personeel wat dan teen ‘n fooi die insleepdiens en ambulanse in kennis stel van ongelukke en ander nood toestande. Rescue care is seker nie op hulle lys van goedgekeurde “diens” leweraars nie)

Afrikaanse Knaap ·

Hierdie privaat dienste red lewens. Kan jy jou indink ons almal moet vir die stad se ambulans diense wag? Soos Nelson Mandela se ambulans wat gaan staan het omdat hy onklaar was?

Janee ·

Jip en as jy Steve Biko bel se hulle hulle het net EEN ambulans en hy is REEDS UIT En hulle weet nie wanneer hy terugkom van die ongelukstoneel af nie … so nou hou hulle eerder privaatmaatskappye uit hulle werk uit as wat hulle help dat hulle by ongelukstonele uitkom . dit is so TIPIES van SA .. hulle sal ambulanse probeer vang omdat hulle ‘ongemagtigde radios’ het maar die moordenaars en verkragters ROAM THE STREETS!

Mich ·

Sluit aan by CRISIS ON CALL, julle almal!
Dan weet jul verseker alles is ‘ above board’.
Hul reël die ambulans ens.

DS ·

Staats ambulanse is lagwekkend. My suster is ‘n matrone by ‘n baie bekende hospitaal in Pretoria. Toe een van die skoonmakers ‘n mediese probleem ontwikkel het en na hulle haar behandel het maar moes oorplaas na staats hospitaal want sy het nie medies gehad nie moes sy vir die ambulans verduidelik hoe om by hospitaal te kom. Na ‘n uur weer gebel toe is hulle 5 min weg. Half uur later bel hulle om te se hulle kry nie die bekendste hospitaal in Pretoria nie. Een van die werknemers van die hospitaal het toe gery en die ambuans gaan “eskort” tot by die hospitaal. Gelukkig was haar toestand nie lewensgevaarlik nie maar wat van arme mense wat dringende hulp nodig het? Nee wat ek het privaat ambulansdiens se nommer op my foon en weet hulle is betroubaar.

Oom Kalahari ·

@JoeV, jou stelling is so in die kol. Hul het familie en vriende wat die basiese diens kan verrig wat hul deur die Staat wil gebruik en het nie eers behoorlike opleiding nie. Hierdie opleiding is so onvanpas om tyd en geld te mors en hierdie onskuldige “Rescue Care” mense vir 05 ure van hul produktiewe diens te weerhou. So wat van as hul wel op die polisie radio kanaal ingeskakel is, dit is ‘n gouer reaksie van hierdie diens en as jul niks het om weg te steek nie, waarom dan hierdie jagtog. Dit is ook so dat by baie ongelukke items vermis en verlore raak met cronies wat toesak. Privaat diens is beter as Staatsdiens en opleiding en hantering van goeie gehalte. So daar moet eers minder aktiwiteite plaasvind by ‘n ongeluk sodat die metro polisie eers besluit wie mag kom en nie. En so verdwyn items soms, voertuig radio, GPS, Dash Camera, Aktetas, voertuig gereedskap en spaar wiel, juwele, beursie ens. Wie is dan te blameer…..O’nee niemand dra kennis as daai pasient/e uit hospitaal kom nie.

Staat Burgers teen Uitbuiting ·

Lees, luister en dink goed.
As dit slinks dink, praat en skryf soos of namens aasvoels, is dit begunstigd deel van insleep en ambulanse aasvool sindikaat?
Sindikate besit en bedryf wat vele skroot werwe en dus bruikbare voertuie parte, voertuie bakwerk, elektriese en maganiese hertel werkswinkels , klinieke/hospitale en self’s regsdienste wat eise teen die padongeluks fonds hanteer,, alles opvallend nuut en goed toegerus en ondermekaar ingelig oor waar vele groot bedragte afruk kontrakte spoedig onderteken moet word deur vele ongeluks versteurdes en/of pasiente.
Polisie moet die ondermekaar ongeluks inligting kommunikasie bemoeilik, indring en verbreek.

Christo Grobler ·

Towtruckers and ambulance services getting to accidents fast is now a negative thing.
I thought the quicker your geting to help the better.
But O no. Holly of holly police radio frequency is out of bounds.
Do you realized how mutch crimanals been arressted and support given by the private security industry by just been alowed to lisn and assist SAPS.
Put no, crimanals walk aroind with scanners and saps radios.
Get one think in your heads. YOUR FREQUENTCY IS NOT SECURED FOR YEARS ANY MORE.
So stop faffing about it and lets work together.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.