Regstappe om Afrikaans by Kovsies te red

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die burgerregte-organisasie AfriForum berei tans voor op regstappe om Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) te red.

Dit volg nadat dit bekend geraak het dat die senaat van dié universiteit gister ten gunste van ’n nuut voorgestelde taalbeleid gestem het wat Afrikaans as onderrigtaal gaan uitfaseer. Die senaat se aanbeveling sal Vrydag vir finale goedkeuring aan die universiteitsraad voorgelê word.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het AfriForum op sowel 26 Februarie as 4 Maart 2016 die senaat en bestuur van die UV in regskrywes gewaarsku dat AfriForum tot regsaksie sal oorgaan om Afrikaanse studente se taalregte te beskerm indien daar met stappe voortgegaan sou word om Afrikaans as onderrigtaal aan dié universiteit uit te faseer.

“In die lig van die sensitiwiteit van taalkwessies in die land en die huidige spanning op die Bloemfontein-kampus is die bestuur ook versoek om die hersiening van die taalbeleid voorlopig op ys te plaas totdat gemoedere bedaar het,” het Bailey gesê. “Die UV kan daarna met inagneming van insette van onafhanklike kundiges ingeligte, beredeneerde, objektiewe besluite neem wat ten beswil van die universiteit en sy gemeenskap as geheel sal wees.|

Volgens haar toon die senaat se besluit ’n gebrek aan leierskap en insig in die betekenis van taalregte soos in die Grondwet vergestalt. “Dit blyk dat hulle eerder onder ideologiese druk swig as om standpunt in te neem en bewese beste praktyke soos meertaligheid en moedertaalonderrig te bevorder,” het sy bygevoeg. “AfriForum voel sterk daaroor dat Afrikaanssprekende studente nie van hulle reg tot moedertaalonderrig ontneem mag word nie, en dat die universiteit eerder moeite moet doen om aan meer studente toegang tot moedertaalonderrig te bied. Afhangend van die besluit van die raad Vrydag sal ons tot regsaksie oorgaan om Afrikaans as onderrigtaal aan UV te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JC ·

Looi hulle Afriforum! Julle is “awesome”!Trots op wat julle vir ons taal en kultuur doen en beteken.

Veritas ·

Gee hulle gas Afriforum! Ons taal is al wat ons onderskei van die res en dit moet beskerm word.

John ·

Ons geagte rektor het soos ons geagte president te werk gegaan en eers die UV se raad en senaat na sy smaak verander en nou stem hulle soos die baas se. Eenvoudig. Die mense het lekker poste, hulle kinders studeer verniet, die geld is goed en waar gaan hulle weer in hierdie dae in sulke lekker Vrystaatse botter val.

Klaas van Deventer ·

Die akademiese kwaliteit van die UV is so swak, die onderrig taal is eintlik irrelevant.

Mielie ·

Dit lyk vir my as of Malema die universiteit “regeer” die mense is besig om hom meer mag en respek te gee as wat hom toe kom, hy behoort met net so veel minagting en respek behandel te word en sy gespuis ook. Hy is n on opgevoede boelie

jaco ·

die wit boere in Zimbabwe het ook met regstappe gekom teen plaasbesettings en afvat van plase. Die swart regters het in hulle guns uitspraak gelewer, totdat Mugabe bloot daardie regters almal afgedank het en regters in hulle plekke aangestel het wat sy beleid konsekwent uitvoer. Oppas, vandag dreig ons hoofsaaaklik wit Afrikaanssprekendes met regstappe oor taal. more is dit oor diskriminasie en oormore oor grondhervorming. tien teen een wen ons AL daardie sake totdat daardie regters almal met meer radikale regters vervang word – regters wat ons nie goedgesind gaan wees nie. uiteindelik is ons alles kwyt en word ons uit die land uit gejaag.
PAS AAN by hoe dinge in hierdie land is: vergeet die lawaai oor Afrikaans, aanvaar dat rassisme net rassisme is as wit mense lelik is met swartes, aanvaar affirmative action, aanvaar afvat van wit boere se grond. Die alternatief is te erg om aan te dink – ons sal uit die land gejaag word of op groot skaal uitgemoor word.
EN VOORDAT ALMAL MY NOU WEER KRUISIG:
Die Jode in die ou Turkse Ryk het hulle lot aanvaar dat hulle minder regte as moslems het. hulle kon het op sekere plekke bly en hulle kon net sekere soorte werk doen en hulle kon nie polities betrokke wees nie. hulle het dit so aanvaar en baie het met hulle mindere regte skatryk geword.
Kom ons leer uit die verlede en hou op moan.

Sarie ·

Met so ‘n omrol witpens na bo houding waar almal op jou kan trap gaan jy nie ver kom nie en maak jy die Grondwet van geen waarde nie. Reg oor die wêreld staan minderheidsgroepe vir hulle regte op en waarom kan die Afrikaners nie ook nie.

Dan ·

Kan nie verstaan nie, dis nou al die hoeveelste keer dat afrikaans n aanslag op sy taal afweer, en dan nie lank nie dan moet daar weer sulke dreigemente afgeweer word, is dit om die afrikaanse van hul geld te ontneem tot hulle tot n val kom? Ek dink dit is hoogtyd dat die regters en howe hierdie mense vir n slag laat betaal sodat dit vir eens en altyd tot einde sal kom. Hulle moet aangekla word dat hulle afrikaans bedreig. Afrikaans het n mensereg om sy bestaan, PUNT.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.