Regstappe om US-taalbeleid te implementeer

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

AfriForum Jeug se aansoek om ʼn dringende interdik teen die Universiteit van Stellenbosch (US) om die universiteit te dwing om sy taalbeleid en –plan te implementeer, sowel as die taalspesifikasies in die 2016-jaarboek, sal Vrydag in die Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

Hierdie aansoek volg slegs ’n maand nadat AfriForum Jeug ʼn soortgelyke aansoek voor die hof wou bring en die US toe op die trappe voor die hof bes gegee en skriftelik onderneem het om stappe te doen om te verseker alle fakulteite implementeer die universiteit se taalbeleid.

Die aansoek sal om 10:00 in die hof gebring word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois le Cochon ·

#COLONIAL LANGUAGE MUST FALL ! Slegs inheemse tale.

Wynand ·

Looi hulle Afri Looi hulle. Daardie lafaard wat gister weggehardloop het by die woordfees toe daar teen hom betoog is – ene Wim- moet vertel word waar David die wortels begrawe het. Wat ‘n lamsak. Toe hulle gesprek onderbreek word deur betogings toe van die man mos die pad. Wys jou net hoe rugraatloos hy is. Hardloop weg . Nie lekker aan die ontvangkant van betogins nie ne Wim? Jy het mos gese dis reg so – so kry nou vir jou! Jy en jou maatjie ene Price. Was Price se kind ook daar om saam te betoog? Price was mos trots op hom omdat hy verlede jaar betoog het met die Rhodes -ding. Hy het slefs op TV se blydskap teenoor sy seun uitgespreek. Nou betoog hulle teen hom ook! Niemand het respek vir die twee nie. Wat maak julle nog daar?

Otter ·

Party akademici dink hulle is mos slim met al hulle doktorsgrade, maar slim vang sy baas. Ons “dom” Boere ken die waarheid as ons dit hoor.

wynand ·

Maroela wanneer berig julle oor wat gister by die Woordfees gebeur het toe de villiers en price wou praat? Julle moet seker in besit wees van daardie nuus?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.