Regstappe oor Afrikaans by UV

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die saak van die burgerregte-organisasie AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit teen die 2017-taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor word.

Dit volg nadat die raad van die universiteit op 11 Maart vanjaar ’n nuwe taalbeleid goedgekeur het wat onder meer Afrikaans as onderrigtaal vanaf 2017 uitfaseer.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het haar organisasie op 26 Februarie en weer op 4 Maart die senaat, bestuur en raad van die universiteit in regskrywes gewaarsku dat, indien daar voortgegaan sou word met stappe om Afrikaans as onderrigtaal aan dié universiteit te skrap, AfriForum regstappe sal doen om die taalregte van Afrikaanse studente en voornemende studente te beskerm. Die nuwe beleid is egter aanvaar en die partye moes die hof nader om uitsluitsel oor die kwessie te verkry.

“AfriForum voel sterk daaroor dat Afrikaanssprekende studente nie van hulle reg op moedertaalonderrig ontneem mag word nie, en dat die universiteit eerder moeite moet doen om aan meer studente toegang tot moedertaalonderrig te bied. Ons is bereid om dié beginsel tot op die hoogste vlak in die howe te verdedig,” het Bailey Vrydag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cobus ·

Dankie tog daar is ‘n instansie soos Solidariteit wat daadwerklik optreë en nie net praat of saampraat nie. Ek en my grsin is trots op julle. Daar behoort baiemeer skenkings maandeliks gedoen te word ter ondersteuning aan Solidariteit

JC ·

Dis reg Afriforum en Solidariteit, vat hulle vas! Ek is trots op julle, en dankbaar vir wat julle vir ons grondwetlike regte doen! Die GW is net ‘n stuk papier, daarom moet die regte daarin vervat afgedwing word anders beteken dit niks nie, en sal dit bloot geignoreer word. (soos in casu) Indien UV verloor gaan hulle ‘n massiewe klomp regskostes moet betaal, wat beter aangewend kon word om o.a. die ander inheemse tale as universiteitstale te bevorder! Ek hoop die rade van ander univers. skrik ook dan sommer groot! Die Hof gaan beslis NIE UV se inbraakmaking op Afrikaanse studente se grondwetlike regte ligtelik opneem nie, en sal UV heel waarskynlik met ‘n kostebevel straf.
Hopelik HOEF die Hof nie oor GW-likheid te beslis nie, en is UV se besluit in elk geval op administratief onbillike wyse geneem, en daarom hersienbaar-aan die ander kant-dit sal goed wees om bevestiging van ons grondwetlike taalregte te ontvang en dit te laat vindikeer!

Machiel ·

Sover my kennis strek was ek bewus daarvan dat daar op n stadium 11 amptelike lands tale was nou wil ek weet wanneer hulle besluit het om slegs engels te gebruik en die ergste is dan dop doe opvoeders nog die engels ook

John ·

Lesotho het die Royal University of Lesotho in Roma suid-oos van Maseru. In Qwaqwa is ‘ n tak van die UV so ook die Vista-kampus in die suide van Bloemfontein. Die Roma-kampus en die’ in Qwaqwa het elk minder as 5,000 studente en UV sowat 30,000. Dit behoort interessant te wees om te weet hoeveel studente uit die buurland help om die UV te verengels en met UV-beurse studeer en by koshuise inwoon.

hans ·

Ek sou graag wou weet-seker mosterd na die maal- wat die name is van die persone verbonde aan die Senaat/Raad. wat vir die verengelsing van UV gestem het.

Bob ·

Gryp na grashalms. Die Afrikaanse klasse wat aangebied word is half vol, terwyl die studente op die vloere sit in die Engelse klasse. Die besluit is gegrond op hierdie tegniese punt en het niks te make met velkleur of taal nie. Die gegradueerdes wat by die werksmag aansluit na hul universiteits dae, betree ‘n Englse werkplek. En wat maak dit tog saak? Hoekom moeilik wees terwyl julle almal tweetalig is? Afriforum en Solidariteit hits julle net aan en maak so seker van hulle eie bestaan. Ons as Suid-afrikaners val vir dit.

Katryn ·

Bob, Bob, Bob.,.. Eerstens veg Afriforum vir menseregte. Tweedens veg hulle vir die voortbestaan van Afrikaans. As alle Universiteite Afrikaans afskaf, gaan al hoe meer ouers hulle Afrikaanse kinders eerder in Engels laat skoolgaan. Dus word die voortbestaan van Afrikaanse skole ook bedreig. Die prentjie is veel groter as die paar studente wat op die vloer moet sit. Hoe maak die UV se redinasie sin? As alle klasse in engels is, gaan daar nie juis meer studente in een klas ingedruk moet word nie? En dan laastens, as jy ‘n behoorlike Afrikaanse opvoeding gehad het, sou jy geweet het ‘vir dit’ is ‘n direkte vertaling uit engels. Die korrekte Afrikaans is ‘daarvoor’. Jy het seker Engelse klasse bygewoon, die dat jou Afrikaans vrotsig is.

Proefleser ·

Redenasie se korrekte spelling @ Katryn. (haal eers die balk uit jou eie oog ….ken jy daai een …?)

Charl ·

En die korrekte wyse van skryf sou wees : Redenasie se korrekte spelling, Katryn (haal eers die balk uit jou eie oog… Ek ken nie daai een nie).

Cherokee ·

Katryn se netjiese skrywe maak dit duidelik dat dit ‘n tikfout was en nie ‘n spelfout nie.
Jy kan gerus die nodige skaafwerk doen aan jou eie manier van skryf.

Ben Prinsloo ·

Mooi so Afriforum. Ongeag hoeveel in klasse sit en hoeveel nie dit is volgens die grondwet elke leerder se reg om in sy moedertaal onderrig te ontvang. Dertig jaar gelede kon elke volk afrikaans en sy eie moedertaal praat. Oornag kan niemand meer afrikaans praat nie, slegs engels. Wie wil vir wie n rat voor die oë draai?

Rupert Ashford ·

Laat dit daar en laat die UV ‘n derdewereldse Universiteit word soos hulle blykbaar wil. Spandeer die geld eerder aan Akademia.

Tom ·

Ek stem. Hoe hartseer okal, dis p..p teen die wind. Vergeet die ou staatsinstansies en bou aan Akademia vir ‘n vrye toekoms. Hoekom nie Afrikaanse lektore van UV in Akademia intrek eerder as die hofgedinge betaal nie?

John ·

Ons almal weet Engels is nou in Suid-Afrika in die meeste besighede die gebruikstaal, weens die feit dat swartes die grootste werkerskorps is en Engels wil praat. Miskien moet mense bietjie in die buiteland reis. Daar bestaan tale soos Frans, Spaans, Sjinees, Russies, Duits ens. Die inwoners van daardie lande gaan nie hul grondwet verander sodra ek of jy daar aanland nie. Duitsland is juis besig om die nuwe burgers uit Sirie, die plaaslike taal te leer en hulle kultureel in te burger. Die Afrikaners se standpunt is dat daar voorsiening gemaak behoort te word vir die groot groep Afrikaanssprekende studente in die land. Die UV bestaan reeds as ‘n Afrikaanse instelling. Feitlik al die Afrikaanse universiteite het reeds bollemakiesie geslaan met Engels as enigste opleidingstaal in die vooruitsig. Om Engelse swartes in te voer na ‘n Afrikaanse universiteit sodat hulle op die vloere of onder bome (weer eens) moet sit om verandering af te dwing, is teatraal en slu verby. Geen Afrikaanssprekende dui aan dat hulle sal weier om op skool Engels te leer of Engels as vak op universiteit te loop nie, of by hul toekomstige werkplek Engels te besig nie. ‘n Afrikaanse universiteit is nie ‘n verskuilde mega-weermag-opleidingsentrum nie. Dis bloot net ‘n naskoolse akademiese instelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.