Regstappe oor geen plasing vir jong dokter

Dr. Bianca Lucas.

Solidariteit het Donderdag sy dringende regsproses namens dr. Bianca Lucas teen die departement van gesondheid begin.

Die departement het Lucas ná afloop van haar studie steeds nie by enige mediese sentrum of hospitaal geplaas nie.

“Dit is verregaande dat die staat jong dokters verplig om deur ʼn proses te gaan wat die staat dan weens sy eie onbevoegdheid vertraag. Daar word van dokters verwag om ná afloop van jare lange studies bykomende internskappe en gemeenskapsjare te voltooi. Tog kan ʼn mens nie eens op die regering staatmaak om die basiese plasing binne hierdie stelsel te bestuur nie,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit.

Solidariteit het Donderdag ʼn aanmaning aan die departement van gesondheid gestuur waarin hy eis dat Lucas geplaas word. Die departement vereis van jong dokters om in drie verskillende provinsies by vyf verskillende hospitale aansoek te doen om plasing. Lucas het by die New Somerset-, Paarl- en George-hospitaal in die Wes-Kaap aangedoen, asook by die Port Elizabeth-hospitaal in die Oos-Kaap en die Kimberley-hospitaal in die Noord-Kaap.

In die aanmaning sê Solidariteit geen vordering is tot dusver met Lucas se plasing gemaak nie en dat die minister van gesondheid, die departement en die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) ʼn wetlike plig het om aansoekers in internskapposte te plaas.

“Die minister en/of die departement en/of die RGB het in hierdie plig versuim,” lui die aanmaning.

Solidariteit het die departement nou tot Maandag kans gegee om Lucas te plaas. Indien hy dit nie doen nie, sal verdere stappe volg.

“Dit is tyd dat die staat erken dat hy nie die administratiewe mas kan opkom wat hy vir homself gestel het nie. Hy moet afstand doen van sy beheer en die stelsel desentraliseer sodat die private sektor kan toetree om internskappe te fasiliteer,” het Van der Bijl gesê.

“Op hierdie manier kan jong dokters die geleentheid kry om hul gemeenskapsjare te voltooi en tot die arbeidsmark wat juis ʼn tekort ondervind, toetree. Ons sal voortgaan om ons saak te voer om sodoende die departement te dwing om sy verpligtinge teenoor dr. Lucas na te kom.”

Lucas sê die afgelope ruk se gebeure was uiters oorweldigend.

“Ek voel hartseer, teleurgesteld dat dit ná ses jaar van harde werk skielik voel asof al my drome ineentuimel. Hoekom moes dit met my gebeur?” het Lucas gesê.

“Ek voel kwaad omdat ons oor en oor teleurgestel word. Dit is net die een ná die ander leë belofte. Ek voel ook moedeloos en onseker. Wat nou?”

Lucas sê sy het die tyding aanvanklik twee dae voor haar laaste eksamen gekry.

“Dit was so moeilik om te fokus. Waar almal wat poste gekry het opgewonde is en planne maak oor hierdie nuwe opwindende fase in hul lewe, voel ek of ek iets misloop.”

Lucas sê 1 Januarie, wanneer die jong dokters veronderstel is om te begin werk, kruip boonop al hoe nader. “Daar word van my verwag om op dié dag aan te meld vir werk, maar waar? Elke dag wonder ek of ek dalk vandag sal hoor of ek ʼn pos het. Sal ek genoeg tyd hê om blyplek te soek? Waarheen moet ek trek?”

Sy sê dit is vir haar belangrik om aan te hou leer en ervaring op te doen.

“Vir ses jaar het ek al hierdie kennis bymekaargemaak; dit is nou my geleentheid om praktiese ervaring op te doen.

“Om ʼn dokter te wees, is my droom, dit was nog altyd. Ek geniet dit om ander mense te help. Ek wil graag ʼn positiewe verskil kan maak. Om dít te kan doen, moet ek praktiese ervaring opdoen om die beste dokter te wees wat ek kan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Nog ‘n ANC mislukking, maar niemand kom in verset nie. Is dit nou ‘n demokrasie, ‘n demokrasie is daar ten voordeel van die landsburgers, nie net sekeres nie.

Suzette ·

Tipies. Daar is juis ‘n tekort aan dokters en verpleegsters maar ons wonderlike anc regering verkies om Kubane in te voer en ons EIE kundiges te versaak!!

Thea ·

Kan MM vir ons uitvind wanneer stuur die dept van gesondheid al die Kubane wat hulle ingevoer het, huistoe? Hulle is van geen nut nie, kan glad nie een van die tale praat nie. Het ‘n tolk nodig om met die pasiënte te kommunikeer. Wie betaal die tolke?

Jaco ·

Ek hoop almal wat my so kritiseer wanneer ek gedurig oor regstellende aksie tipe berigte sê wit mense kry nie werk met hulle wonderlike grade nie en moet mooi dink voor hulle gaan studeer, lees hierdie berig en besef dat ek reg is.
Eks nou nie ‘n mediese dokter nie, maar ek moes ook later drastiese goed doen om werk te kry toe ek besef het dat my 2 universiteitsgrade my nie help om werk te kry nie. Aanmekaar moes ek hoor eks oor gekwalifiseerd of verkeerd gekwalifiseerd. My velkleur was ook “verkeerd” om werk te kry. Ek het uit desperaatheid my CV gedokter en aangedui dat ek 2 jaar in die weermag was (eintlik was dit 1), dat ek 3 jaar op universiteit was (eintlik was dit 4) en dat ek niks daar bereik het nie. Vreemd, maar dié “oneerlikheid” van my, waar ek myself laat “dommer” lyk het, het sowaar gehelp dat ek weer werk kon kry. Maar die jare waar ek, ironies, weens my eerlikheid werkloos was, se skade is gedoen. Baie beteken daars geen sprake van eendag aftree en agteroorsit nie

Johan ·

Vergeet van werk soek..ons toekoms is in ons eie klein besighede met ons eie mense wat om ons werk. Die tyd van vir groot maatskappye werk of hul besit is vir ons verby. As ek praat van klein bedoel ek <8 werknemers.

JohanR ·

Onc e again different strokes for different colour folks! Wil jy rerig in ‘n Suid Afrikaanse hospitaal werk Bianca? En terloops waar is al die Kubanse doctors nou. Betaal die belastingbetaler nog hulle salarise en verblyf?

Barney ·

Hierdie jong gekwalifiseeerde dokters wil nie in ‘n staatshospitaal werk nie. Ongelukkig kan hulle nie ‘n lisensie kry om te praktiseer voor hulle die vereiste 3 jaar (2 jaar intern en 1 jaar gemeenskapsdiens) vir die staat voltooi het nie. Nou praat die regering boonop daarvan om die gemeenskapsdiens na 2 jaar te verleng.

Nie Verbaas ·

Die staat kan geen mas opkom nie. Feite is voor die hand liggend en n bespotting vir ons land.

Riaana ·

Jou velkleur girl, ons land is kleur blind hulle sien net Swart raak…

JohanR ·

Ek stel belang om te weet of of daar iemand op hierdie forum is wat matriek klaar gemaak het, en dan medies by Oxford, Canbridge ens gaan swot het. Hoe het dit gegaan, en was dit lekker want seker toe hy/sy klaar geswot het(ses/sewe jaar) het hy/sy ‘n pos gekry, en nie deur die nosens gegaan wat jy hier in SA moet gaan nie!

Jakes ·

Die agbare minister het nie tyd om dokters aan te stel nie want hy is te besig om Covid getalle op te dis.

Adrian ·

Gaan maak klaar oorsee en bly sommer daar. Is miskien makliker gesê as gedaan, maar jy gaan later in jou lewe nie spyt wees nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.