Regstappe oor Nkandla-skool al uitweg

hof-hamer

Argieffoto.

Die burgerregtewaghond AfriForum is besig met formele regstappe teen die KwaZulu-Natalse (KZN) onderwysdepartement oor die Nkungumathe-gemeenskap in Nkandla wat al 20 jaar op die oprigting van die Khuba Secondary School wag.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum het gesê hy sal regsadvies inwin om ’n gemeenskap van Nkandla wat vergeefs op ’n skool wag, by te staan.

Dit volg nadat dié burgerregte-organisasie deur wanhopige ouers om hulp genader is. Hulle kinders het sedert die aanvang van die skooljaar steeds nie toegang tot onderrig nie, hoewel aan hulle onderneem is dat ’n skool vanjaar gereed sou wees.

Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, het dit by nadere ondersoek aan die lig gekom dat die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement al in 2006 die bou van die skool goedgekeur het en dat die skool ook reeds geregistreer is, maar nooit in 2016 gebou is soos belowe nie.

“AfriForum het geen ander keuse as om regstappe teen dié onderwysdepartement te doen nie. Leerders moet tussen twee en drie uur lank stap om by die naaste skool uit te kom, dikwels deur die veld en oor riviere wat verskeie gevare vir dié leerders inhou. Geen kind verdien om só te moet sukkel om onderrig te ontvang nie,” het Bloem gesê.

Bloem sê voorts dat die gehalte van onderrig wat leerders tans in skole in die omliggende gebiede ontvang nie aan die standaarde ingevolge artikel 29(1) van die Grondwet voldoen nie.

“In heelwat klasse is die onderwyser-tot-leerder-verhouding tussen 85 en 121 leerders per onderwyser, en in die meeste gevalle moet sowat 10 leerders ’n handboek deel. Die meeste leerders sit ook in klastyd op die vloer omdat daar nie plek vir almal is nie.”

Die departement het reeds in 1996 die Nkungumathe-gemeenskap se aansoek vir ’n hoërskool goedgekeur en in 2007 is die skool as Khuba Secondary School geregistreer. Hoewel ’n EMIS-nommer (Education Management Information System) aan die skool toegeken is, maak die departement deurgaans leë beloftes dat ’n skool wel gebou sal word. Die departement se laaste belofte was dat daar in Desember 2016 mobiele klaskamers opgerig sou word sodat die leerders solank dáár kan begin skoolgaan.

“Ná AfriForum verskeie navrae aan die departement gestuur het, het die departement geantwoord dat hulle van dié 20 jaar lange belofte afstand gaan doen en nie die skool gaan bou nie,” het Bloem gesê.

Bloem meen die oprigting van die skool sal ’n groot aantal uitdagings in die Nkungumathe-gemeenskap aanspreek en aan leerders die geleentheid bied om gehalte-onderrig op ’n waardige wyse te ontvang.

’n Aanmaningsbrief is aan Mthandeni Dlungwana, LUR van onderwys in KwaZulu-Natal, gestuur. Hy het 14 dae om daarop te reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MCH ·

Goeie werk Afriforum. Verbasend dat hul reputasie in die Natalse platteland bekend is! Hoe wanhopig moet die ouers nie wees om n Burgerregte organisasies soos Afriforum te nader ipv plaaslike politici. Dis ook uit die tendens uit dat daar nie betoog is teen dienslewering nie. Dalk meer n stedelike verskynsel waar agter getalle weggekruip kan word.

Niccy ·

Maak gebruik van Zuma se huis om in skool te hou. Die Zumas het al die geld seker gebruik om sy Nkandla woning te bou. Dit is ‘n skande dat so baie geld op die Zumas gespandeer word en die kinders het nie eers ‘n skool nie. Wys jou Nr1 dink net aan sy eie gerief en voel vere vir SA.
Nr 1 het geen skaamte nie. Net solank hy kan steel!!!!

Mielie ·

Ek hoop Afriforum kom reg hiermee. Kannie wag om te sien wat gaan gebeur nie. Hoop net nie dit neem weer jare nie. Dis n skande dat die kinders so gefaal word en die ministers en Nr1 mors en steel geld skaamteloos. Miskien kan Guptas dit borg dan weet ons ten minste bietjie van ons belasting geld word daarvoor gebruik ipv Dubaise reise.

Ja nee ·

Ek kan net dink hoe lekker die spotprent tekenaars die ding kan hanteer. Skool word goedgekeur en President suite word gebou en opgradeer!!! Hulle het bietjie verkeerd verstaan wie se kinders onderrig moet kry lol. Dit is regtig jammer dat Zuma en Guptas miljoene kry om te verkwis en kinders nie ‘n basiese education, ek hoop hierdie ouers staan saam met Afriforum deur dik en dun en misbruik nie net nie. Vra julself bietjie, hou die regering nie dalk jul kinders met opset onopgelei nie, dat hulle die kinders kan bluf vir stemme in verkiesing.

Pop ·

Hulle kan maar Nkandla gebruik. Die Zuma’s gaan mos een van die dae trek landuit, so die duur plek gaan leeg staan.

snoefie ·

hartverwarmend om te sien dat afriforum hands en harte oopmaak vir n swart gemeenskap se dilemma. daar is egter puntjies wat pla.

1. wie weer hou willens en wetens jou kinders van skool omdat …”skole in omliggende gebiede nie aan standaarde ingevokge artikel 29(1) van die grondwetlik voldoen nie….” is dit as gevolg van swakopgeleide onderwysers? onderwysers met geen opleiding? onderwysers wat self nie in hoEr skool was nie? onthou julle verkose president sit due hoogste stoel vol net net st1.
2. …onderwyser totleerling-verhoyding tussen 85 en 121 leerders per onderwyser. is daar pkek vir 85 – 121 kinders in n klas? veral Waar hulle op die vloer moet sit? ek glo nie wit skole se klaskamers is so ruim nie.
3, emis-nommer moet dalk opgevolg word. maak seker daar word nie salarisse aan spook onderwysers betaal nie.
4. uitdagings wat nuwe skool gaan nek omdraai is geen waarborg tot gehalte onderrig nie? due ratio leerders tot onderwyser kan drasties ingekort word as al die swart onderwysers wat by wit skole ontplooi is, na swart skole gestuur word Waar hulle n goeie bydrae kan maak. (sonder n sweempie rassisme in my hart.)
5. laaste maar nie die minste nie, is die beoogde terrein vir die skool te na aan pros woning? gaan dit die waarde van sy eiendom afbring?

Alida ·

Ek wonder of JZ se kinders ooit skoolgaan. Hul pa het nie en hy ry die soustrein volstoom.

Rooikop ·

Ons is die enigste nasie wat al ewig almal wil help behalwe onsself. Al brand hulle af, bou ons maar weer ewe gedwee op vir hulle. Hierdie is nou ‘n geval van “dit wat jy saai sal jy maai”. Is dit nie die regering waarvoor hulle so getoi-toi het nie? Nou het hulle hom mos – saam met al die “perks” wat daarmee saamgaan, soos geen skole, swak onderrig, swak leierskap etc. Nou verduidelik asb vir my, hoekom moet ONS nou weer ingryp en help?? Dog dan skole en opvoeding is die einste “colonialism” wat hulle so haat en wil weg hê…

Ai ·

Ja Jong, maar hulle ouers sal aanhou ANC stem.

Al wie ek jammer kry is die kinders. Dis nie hulle skuld nie. Ergste van als is hulle sal grootword en gebreinspoel word dat witmense hulle terughou.

Hoop hulle onthou wie vir hulle baklei.

Stem nie saam nie ·

Dit stuit my teen die bors dat Afriforum hierdie mense help – wat tien teen een ook nog vir die regering stem. Die ma’s en oupas en oumas van hierdie kinders stem ANC, hulle hou vir Zuma in beheer, HOEKOM moet Afriforum nou gaan kruip en vir hulle regshulp reel om ‘n skool op te rig? Om te wys hulle is nie rassisties nie? Waar is die gekwalifiseerde swart advokate en prokureurs nou? Dieselfde mense vir wie Afriforum wat hoofsaaklik uit blanke lede bestaan, vandag veg, gaan hulle more in die stert byt, vra maar vir HELEN ZILLE!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.