Regstappe oorweeg na ANC glo miljoene kry uit Prasa-kontrak

Foto: @POWER987News/Twitter

Foto: @POWER987News/Twitter

Die DA beplan om strafregtelike klagte aanhangig te maak teen diegene wat betrek word by beweerde korrupsie by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).

Popo Molefe, voorsitter van die Prasa-raad, het Vrydag in hofstukke aangevoer die ANC en Prasa-beamptes het groot geldelike voordeel getrek uit Prasa se kontrak vir nuwe lokomotiewe. Die bedrag beloop glo sowat R80 miljoen.

Manny de Freitas, woordvoerder van die DA, het gesê indien die bewerings waar is, kom dit neer op ʼn oortreding van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede.

Dit volg na Dipuo Peters, minister van vervoer, opdrag gegee het dat ondersoeke na beweerde tenderbedrog by Prasa gestaak word. Die ondersoek is deel van die remediërende optrede wat die openbare beskermer aanbeveel het in ʼn verslag oor Prasa.

“Die ANC se beweerde betrokkenheid by die korrupsie wys net weer die party het verander. Die party is meer bekommerd daaroor om die polities verbinde elite eerste te stel en die belange van gewone mense laaste,” het De Freitas gesê.

“Korrupsie steel geleenthede, skep onregverdighede, beskadig die ekonomie en demper dienslewering. Die DA sal nie rus totdat die saak ten volle ondersoek is en opgetree word teen diegene wat betrek word nie, insluitende die ANC.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pieter ·

Waar is die VALKE NOU lekker bedrog hier maar die ANC IS MOS HUL MAATJIES OF WAT.

Joann ·

Maar hul prez doen dit dan hoekom mag hul nie? Korupte spul.

Johannes van Rooyen ·

Die ANC is nie bymagte om enigsiens iets eerlik te doen nie in 22jr het hulle dit oor en oor en oor bewys ek wens net alle kiesers wil dit besef

Alida ·

Ek wens die DA gee hulle hel. Dit moet stop dadelik. Hoekom ondersoek die Valke dit nie en los vir Pravin uit dat hy sy werk eerlik kan doen. Die ANC en die Valke speel met die leeu se stert om Pravin te probeer diskrediteer. Hy sal n nes oopkrap waarvan hulle nie gaan hou nie.

Alta O'Kelly ·

Alida die vraag is het Gordhan nie dalk nog neste gekry wat hy wol begin oop krap nie.? Daarom die aanval

Alta O'Kelly ·

Alida die vraag is, het Gordhan nie dalk op nog neste af gekom nie. Daarom die aanval om dit te stuit.

Hannie ·

Holomisa het gesê niemand is verhewe bo die wet nie. Hoekom kom Zuma en sy gesante met al die bedrog weg. Wat het geword van sy kamtife terugbetaling binne 45 dae. Alles is nou doodstil. Weereens ‘n bewys hoe korrup hulle is. Hoop die DA hou by hulle woord en krap alles oop. Dit is tyd dat iemand hulle beloftes gestand doen.

Jan maak n plan ·

Dis hoekom ek sê dat die DA in die metros n hekse jag van stapel moet stuur op die vorige ANC bestuur en hulle doen en late op die lappe bring en hulle dan strafregtelik vervolg. Dit sal dan help dat hulle dalk net in die volgende nasionale verkiesing die ANC uit die kussings kan lig en dan moet hulle dieselfde nasionaal doen met die ANC. Ek glo ons sal dan so twee of drie tronke kort kom.

CHRISTA ·

Nee, ekstra tronke is nie nodig nie. Stuur hulle net weer Robin Eiland toe. Hulle kan die plek in stand hou en die belastingbetalers geld spaar.

KarooKlong ·

Gewonder hoekom treine so duur is. Koop ek toe maar ‘n Vaaljapie.

Jan maak n plan ·

Moet net nie drink en trekker bestuur nie – stop n vang n slukkie.

humor ·

Die Valke sal moet wakker wees en misdaadverkoming opskerp die omstandighede vir n politieke moord is ooglopend.

Lance ·

Presies anc steel om elke hoek en draai en gaan week na week van skandaal na skandaal ….anc kry nie eers skaam oor al die skelm streke nie ….hoe het SA ooit in die droewige situasie beland tog …die kiesers wat SO blind gewees …maar gaan hulle sien en leer wat die mense doen ….lyk tog of verkiesing wys dat sommige wel bq wakkerskrik

Ander Koos ·

Moenie op die Valke staatmaak nie, hulle is Zuma se polisie. Hy het nie verniet die Skerpioene met die Valke vervang nie en die rede is voor die hand liggend

Marie Visser ·

Dis ‘n skreiende skande dat die regering die land so besteel. Lyk my die oorgrote meerderheid is ‘n klomp deurtrapte skelms, wat dink hul kan wegkom met hul diewery. As gevolg van die gestelery word die man op straat verder belas met allerhande belaglike belastings, sodat hul sakke kan vol bly. Hoop en bid die DA ontbloot hul skelmstreke.

Anoniem ·

By Google tik in: wiki(spasie) dan prasa south africa. Gaan na die skakel en lees. Sien dan die bedrag is R2.65 biljoen rand! Dis baie meer as die miljoene…

Lh ·

Ek kan nie glo dat daar nog mense is wat dink dat die ANC, zuma en die res van die rotnes enige iets aangedoen kan word nie, hulle lag kliphard vir alles en almal, ook vir die wet.

John ·

En die nuwe OB is ook glo die lieflingkeuse van die regering. Die DA gaan sukkel.

Theo ·

Sluit hulle toe. Nou gaan die wiele vinnig begin draai vir sekeres wat die “land van die armes” se geld al vir so lank steel. Iemand vorentoe gaan sing…..

Rupert Ashford ·

Die ANC het nie verander nie Mnr de Freitas. Hulle was nog altyd so. Met die wapenskandaal was die “god” Mandela en Mbeki in beheer en hulle het almal lekker saam geskep. Moenie bog praat nie.

Sarie ·

Stem saam maar Mandela en Mbeki se aandeel in die transaksies is onder die mat ingevee. Dit kom daarvan as jy terroriste in beheer van ‘n land plaas.

Flippie ·

Ek dink daar is ‘n saak uit te maak dat die ANC finansieël baat by elke saak waar daar staatskorrupsie plaasvind. Is dit bv moontlik dat die ANC-party geld ontvang het uit die Nkandla korrupsie? Of die wapenskandaal? Of die olie reserwe? Petrol SA?. Is dit dalk hoekom daar so min aan korrupsie gedoen word?

Dit is natuurlik nie onmoontlik om die geldspoor forensies na te gaan nie. Dit is nou al jare dat daar berigte is dat die ANC ‘n persentasie van alle korrupte transaksies bekom in ruil vir die vrywaring van vervolging van die korrupsie.

Alida ·

Flippie, Pravin is baie slim hy sal hom nie sommer laat toesluit nie. Hy draai die geldkrane toe en ou JZ hou NIKS daarvan nie. Daar gaan nog baie bollie uitkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.