Regstappe oorweeg ná wit man by kompetisie weggewys word

‘n Skermskoot van die advertensie.

AfriForum Jeug sal moontlik die gelykheidshof nader ná ʼn lid van die organisasie weerhou is om aan ʼn kompetisie van Volkswagen deel te neem omdat hy wit is.

AfriForum Jeug het gesê dat die organisasie Maandagmiddag ’n skrywe aan Volkswagen Suid-Afrika en Volkswagen se hoofkantoor in Wolfsburg, Duitsland, gerig het rakende ʼn onlangse advertensie waarin Volkswagen jongmense aanmoedig om aansoek te doen en deel te neem aan ’n kompetisie om ’n Volkswagen-renjaer te word.

Die advertensie is 17 April op Volkswagen Motorsport se amptelike Facebook-blad geplaas.

JP Peens, ’n lid van AfriForum Jeug wat wou aansoek doen, is nie tot die kompetisie toegelaat nie omdat hy wit is. Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug, het aan Maroela Media gesê Peens is tans besig om sy vakleerlingskap by Volkswagen te doen om ʼn paneelklopper by hulle te word.

“Hy het ons gekontak die dag wat die advertensie op Facebook geplaas is. Ons het vir hom gesê indien dit naby is, moet hy gaan probeer. Hy het ons toe ná die uitdunronde in Kaapstad 21 April laat weet hulle het by die geleentheid vir hom gesê hy mag nie deelneem nie omdat hy wit is.”

Dié kompetisie bied aan jongmense die geleentheid om ʼn Volkswagen-renjaer te word. Onder die vereistes wat in die advertensie uitgestippel word is dat die persoon tussen 16 en 24 jaar oud moet wees, ʼn persoon van kleur moet wees en nie ʼn renbaanlisensie van nasionale motorsport Suid-Afrika (MSA) moet hê nie.

Peens het gesê hy is bitter teleurgesteld in die manier hoe Volkswagen Motorsport die situasie hanteer het. “Ek is ’n ondersteuner van Volkswagen Motorsport en ry self ook ’n Volkswagen. Ek het gehoop dat die kompetisie my die geleentheid sou kon gee om ’n loopbaan as ’n VW-renjaer te begin, maar omdat ek nie van kleur is nie, word ek daardie geleentheid geweier.”

AfriForum Jeug vra in hul skrywe aan Volkswagen vir antwoorde oor die kwessie en eis dat die raskriteria vir die kompetisie afgeskaf moet word sodat jongmense wat wil inskryf op gelyke voet kan meeding.

“Vir etlike jare is swart ekonomiese bemagtiging en transformasieteikens gebruik om teen wit jongmense te diskrimineer, nou word daar blatant nóg verder teen wit jongmense in hierdie advertensie gediskrimineer. Ons kan nie staan en toekyk hoe wit jongmense slegs op grond van hul velkleur nie dieselfde geleenthede as ander groepe gegun word nie,” het Maree gesê.

AfriForum Jeug het laat hoor hulle is van voorneme om Peens by te staan en die gelykheidshof te nader indien Volkswagen nie hul “rasgebaseerde toelatingsvereistes” vir hierdie kompetisie binne ʼn redelike tyd laat vaar nie.

“Dis regtig ʼn goeie kompetisie. Ons wil regtig die ou help, ons wil nie net ʼn groot bohaai in die media maak nie,” het Maree gesê.

Matt Gennrich, woordvoerder van Volkswagen Suid-Afrika, het op navraag van Maroela Media gesê dit is Volkswagen se derde aanbieding van hul Driver Search-program. “[Die kompetisie] is van die begin af opgestel as ʼn manier om waarde toe te voeg tot die breër Suid-Afrikaanse samelewing deur die kwessie van transformasie in sport aan te spreek, ʼn kwessie waaroor ons passievol is en bewus is van sport se kwesbaarheid vir finansiële uitsluiting.”

Gennrich het gesê gegewe die onvermydelike historiese nalatenskap van die Suid-Afrikaanse samelewing is hulle oortuig dat hul benadering die mees direkte en geloofwaardige metode is om multi-kulturele verteenwoordiging in sport te bespoedig om die sport se volhoubaarheid te verseker.

“Sedert demokrasie in 1994 wys Volkswagen die weg aan – onlangse voorbeelde sluit Black Owned Supplier Day en die Ntinga-projek in wat gemik is op maatskappye in swart besit om ons verskaffersbasis uit te brei. Dus is ons Driver Search-program wat tans in die eerste fase is beperk tot mense van kleur en strook dit met Volkswagen SA se strategie om as leier in die industrie gesien te word wanneer dit by transformasie kom.”

Gennrich het gesê VW Motorsport bespreek tans hul plan vir die volgende drie jaar en fase twee van die program.

“Ons sal die lesse van die huidige program in ag neem. Ons het die sterk- en swakpunte in ag geneem en sal dit selfs nog beter maak in die toekoms. Ons doelwit is om platforms te verskaf om motorsport in ons nasie te bou oor alle geslagte en rasse heen. Dit kan motorsport in Suid-Afrika net ʼn beter plek maak.”

Intussen het sosialemediagebruikers behoorlik uitgevaar teen die plasing op Facebook en honderde kommentare oor die kwessie is gelewer. Sommiges het selfs gedreig om hul Volkswagen-motors in te ruil of bestellings vir motors te kanselleer.

“Hierdie is blatant rassisties en teen die wet”, lui een van die inskrywings. “Julle het erken dat julle teen witmense diskrimineer”, lui ʼn ander.

Talle mense het voorgestel dat die kompetisie op ʼn 50/50-basis vir almal beskikbaar gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

kobus ·

As ek wedren reel net vir wit mense dan is ek n rassis maar as hulle n wedren reel vir mense van kleur is hulle nie rassiste nie.hoe lank gaan dit nog aangaan.Spur hier kom ons

Wat van poste ·

Tog is dit wat maar in meeste posbeskrywings is. Die wereld moet sien hoe daar teen ons wat n minderheid is gediskrimineer word.

TDW ·

Al wat gaan gebeur is dat hul die advertensie sal verander soos woolworths gedoen het, maar slegs gekleurdes sal die pos kry

Bollie ·

Ons mag nie eers meer AFRIKAANSE KUNSFEESTE hou waar daar net blankes is nie dit moet alles INKLUSIEF wees om ook swartes en anderskleuriges in te sluit . TE VREEMD hoe SWART RASSISME werk, dit word oral toegelaat en ondersteun en regverdig .. maar laat ‘n witman NET vir ‘n swarte se hy mag nie in sy gastehuis bly nie dan is daar GROOT PROBLEME .. dit raak wereldnuus, die ou word by die MRK aangekla, hy kry ‘n stewige boete en sy plek word toegemaak . VOLKSWAGEN het nou ‘n lekker lat vir sy stert gepluk.

Koos ·

Daar het ek ook my antwoord. Sal nooit in my lewe n VW aanskaf of op my erf toelaat nie.

JoeV ·

Het meer as dertig jaar Volkswagens gery, laaste een is toevallig Desember weg, en dit was die laaste een. Sou die Bakkie koop maar smaak my ons staan maar oor tot die Renault bakkie uitkom!

Dolla ·

Niks is meer n skok in die land nie….ekt ongeveer so n jaar terug aansoek probeer doen by die SAPD as n klerk. Het my CV persoonlik by kantore gaan ingee en die vrou het reguit vir my gese “ek is te wit, Hoekom probeer ek nie eerder vir konstabel nie?”

Bennie ·

Kan jy nou dink wat sou gebeur het as die advertensie gelui het ” slegs blankes”. Dan was daar weer ‘n donderstorm!!!! Absurd!!!!

O aarde ·

Volkswagen = Voorheen Benadeelde Wa.
Dus nie meer ‘n VW nie, maar ‘n VBW.

Koos ·

VW staan vir Voertsek Witman.

Die geskiedenis wys dat diskriminasie die Duitsers dikwels pas. Stel jou voor as hulle sou sê die kompetisie is nie oop vir Jode nie.

Persoon van kleur? Weereens direk uit Engels vertaal. “Person of colour”. Gebruik eerder “gekleurde persoon” of nie-blanke. Wit of bruin of swart is in elk geval nie werklik kleure nie. Lyk regtig of MM se redaksie op vakansie is deesdae.

Nico Wassermann ·

SIES VOLKSWAGEN … ek is geskok en bitter teleurgesteld.

Ek is ‘n BAIE groot VW ondersteuner, ry VW (het nog my 1977 Kewer), ook die Audi S3 , en was in die bevoorregde posisie om die VW Golf GTi in 1982 bekend te stel in wedrenne , die VW Passat GLi te demonstreer, as Junior lid die VW Golf te gebruik op SA Tydrenkampioenskappe ens. ens. ens.
Het talle VW produkte gebruik en besit – Golfs, Citi Golf, Jetta CLi (5 – vyf !- van hulle) Jetta VR6, Karmann Ghias (3 – drie! – van hulle), VW “Half brood” Kombi (!), dus, ek IS ‘n vurige ondersteuner!

En nou?

Is dit a.g.v. die feit dat die Witman nou die vervloekte nasie in Suid Afrika is? Wat gaan julle doen as ons ons ondersteuning van VW onttrek? Is julle geheel en al van julle sinne beroof? Nee mense, kom by. Ons IS deel van die Suid Afrikaanse land, ons IS die mense wat julle produkte koop, ons IS die vurige VW ondersteuners!
Dus, hersien hierdie klousule van julle nuwe wedren deelnemers sommer dadelik, asseblief!!

Pieter ·

Dit is weereens ‘n bewys dat rastellende aksie wittes geheel uitsluit. Dit is onwettig.

TS ·

Skande ou Matt. Sal maar my twee VW motors vervang met motors waar witmense ook welkom is.

Bernard Hellberg ·

Self 4 VW produkte gehad – eindelose drama. Bly by Japanners ( Mitsubishi ASX)?

Jakesmoz ·

Het n nuwe Amarok oorweeg, maar dankie VW julle het my oortuig dit is n baie slegte idee

Bert ·

Dan wil hulle vir seker ook nie meer my blanke geld hè nie.
VW moet bietjie gaan kyk hoe spur gevaar het na anti wit rassisme!!

TS ·

So wat van ń slegs blankes kompetisie. Of is julle te bang vir die gevolge.

Totsiens VW ·

Verstommend hoe VW sy (voorheen) loyale ondersteuningsbasis net verstoot met hierdie blatante optrede. Ek dink dit is vermetel. Wie het in die verlede VW gebring tot by sy sterk magsposisie ? Geen Volla op my werf nie en klaar.

AD ·

Dan wil VW niks van ons ondersteuning of kope hê nie. Sal dan nooit een koop nie al wou ek!

Adriaan ·

Volkswagen wys hierdeur hulle het n lae dunk van mense “of color” want hulle impliseer daardie mense sal nie die mas opkom indien die inskrywings oop was vir almal nie.

Verder, sover ek weet is wit ook n kleur.

Kabous ·

Ek het baie jare gelede ‘n Volkswagen Fox besit. Die ding het heeltyd oorverhit. Nooit sedertdien het ek weer dié handelsmerk oorweeg nie. Hoe bly is ek nou oor dié besluit! Sal nooit ooit ‘n Volkswagen koop nie!!

Vegter ·

Volkswagen moet maar versigtig wees hulle het seker nie agtergekom hoe het spur se aandele geval nie

Wonder maar net ·

Sorry VW daar verloor julle nog n klient want ek is ook wit en dus is nie van die regte kleur nie. Hoekom wys julle nie al die verkeerde kopers weg nie …… WANT DIT PAS NIE JULLE SAKKE NIE. GELD MAAK NIE REG WAT KROM IS NIE. TATA VW

VW ondersteuner ·

Vir my was VW nog altyd die keuse-
5 Beetles (vanaf n 1957 tot laat 70’s)
3 Passats
1 Caddy ldv
1 Kombi
3 Jettas
Huidiglik Golf
Besig om tans te kyk na volgende, en na hierdie berig sal ek beslis besoek aflê by ons Toyota handelaar.

Se maar net 1 ·

Het self n toyota gekoop nadat vw se diens so vrot was toe ek ‘n motor wou koop… hul het my so traag aangegaap toe ek sê ek wil ‘n motor koop dat ek toe maar eerder my ry toyota toe gekry het. Flink verkoopdiens van toyota ontvang

Sterkte ·

Weereens: “NO WHITES” word wakker! CR se woorde “ons is soos paddas wat in warm water sit wat stadig warm gemaak word” JZ het weer gese al wat die wit man kan doen is kla,verder kan ons niks doen. Sterkte aan die wit man!

Melanie ·

Nou kan hulle die kleurspesifikasie uit die regulasies haal, en almal laat beter voel. Maar wit outjies sal net nooit wen nie. Selfde ding, verskillende naam.

anton ·

Ek was nog altyd n Volkswagen aanhanger maar na die, sal ek nooit weer n Volkswagen koop of besit nie!!!
Hulle kan maar alles verkoop aan persone van kleur.
Dit is elkgeval ook n groot risiko om n VW te besit wat diefstal en hi-jackings betref.
Koebaai VW.

Johann ·

Kyk, soveel van gevleulde woorde om gat te kruip by die polities korrekte mags spelers. het ek lanklaas gelees!

Met die pas vrygestelde verkoops syfers, is ek seker daarvan VW kan doen sonder die van ons wat goed genoeg was om hulle te kry waar hulle vandag is?

Engela ·

So moet ons dan ook voel oor AL die vennote wat onderaan die advertensie genoem word. Hulle het tog seker ook toestemming moes gee oor die bewoording van die advertensie?

Chris ·

Ek stem heelte mal saam alle vernote en sponsors onder die selfde kam geskeer.
Ons geld is goed genoeg en waneer ons vir ander werk voorsien maar nou word jou helpende hand weg geklap ! Uiters swak

Kobus ·

Afri Forum laatweet asb vir Angella Merkel asb ! Wat nou hier in die “reenboog” nasie aant gebeur is met die volkswagen produk van hul wat mos n duitse produk is of nie?

Rudi Raaths ·

Nuwe Tiguan of tweedehandse Kombi oorweeg, sal maar weer gaan kyk na Hyundai H1
Maroela Media moet voorbeeld stel en die padtoets van die nuwe VW spasie vir n nasie, ophou publiseer

David ·

Dis reg dat VW aangevat word en hul verklaring oor hoekom hul dit doen is totaal en al ‘n pot nonsens. Die ander vraag is, hoekom word hul “partners” in die kompetisie nie ook aangevat nie. Sekerlik was hul bewus van die kompetisie se inskrywings vereiste.

Ben ·

Ja, ek onthou nog die dag toe ek my VW GTI gevat vir ‘n diens in Randburg. Toe ek hom die middag terug kry was sy vooruit middel deur gekraak van bo tot onder….. mmmm

Janca ·

Hoekom moet daar altyd ras betrokke gemaak word. Laat almal uitdun en die beste persoon wen maak nie saak of hy of sy wit of van kleur is nie. Dit stel dan hulle mag nie lid van MSA gewees het nie. So almal is mos nog op gelyke voet sonder bevoordeling.

Kalla ·

Ai.Die liewe ou Volksie mense.Hulle het altyd probeer om die nostalgie in ons wakker te maak met hulle advertensies op tv en radio.Hulle advertensies op tv word gewys waar blankes en mense van kleur saam vakansie hou en die lewe saam geniet.Die kinders blank en nie blank speel saam en die lewe is n lied.David Kramer was ons almal se pel met rooi skoene en al.Hy was ook gebruik om die volks motor
aan ons te smous.Nou wat nou?Die vraag nou is of die mooi advertensies dan n klug is.Hoekom bied VW dan die geleentheid net vir sekere lede van die bevolking.Ek neem aan die VW voertuie is ook dan net vir sekere lede van die Reenboog nasie…..My kinders en ek wat deel is van die soogenaamde Reenboog nasie sal dan maar ons ou geldjies op die voertuie spandeer wat ALTYD REG LOOP. Groete aan die Volksie mense nostalgie en al. Kalla

Jan ·

Cheers VW,daar gaan julle by die deur uit.
Mense staan saam en wys hulle waar dit saak maak. Aan die sak.
Gelukkig my VW reeds ingeruil…

Johann ·

Tatta nuwe TIGUAN! En ENGEN… en wie ook al oor my blanke geld voel soos dit wat VW blatant te se het oor my.

CHRis ·

Ek wou die nuwe VW Amarok koop maar het gelukkig op n nuwe Nissan Navara besluit ek is bly ek het die regte keuse geneem
Pasop VW SA julle saal n perd op wat jy nie tot by wenpaal gaan kan ry nie

PJC ·

Hopelik sal mense nou sien waar VW se lojaliteit lê en dit is defnitief nie by die kopers wat hulle al die dekades lojaal ondersteun het nie. Dit sal dus seker sin maak om ń ander vervaardiger te oorweeg.

Gothzilla ·

Dit is nie net VW nie, daar behoort ook druk op die borge soos Dunlop en Engen geplaas te word.

Deon ·

Jammer vw maar my neef het my so met sy Amarok beindruk, maar hy kan daai kar gaan druk waar die son nie skyn nie!!

JoeV ·

Volkswagen se grootste mark in Suid Afrika is heelwaarskynlik nie-blankes, en hulle voel dit hulle plig om die motorsport bemarking op die nie-blankes te rig.

Joh ·

Nee, jy maak ‘n fout. Dié wat VW ry, is wat hulle gekaap het. Hulle ry net Jeeps en Range Rovers

Marius ·

So dankbaar ons het so 2 jaar gelede n ander fabrikaat se motor gekoop ipv n VW. Nie dat een ou motortjie sou n verskil maak maar as daar n paar is kan dit dalk n ander storie wees. Vra maar vir Spur

Willem de klerk ·

Die volkswagen van ouds is vir die volk gemaak en voorgehou en baie netjies word die raskaart by die produk in Sa gebring..ek beroep my op alle boere en blankes om Vw nie te ondersteun nie..staan op oor blatante rassisme teen die blanke..kom ons maak Vw n voorbeeld en staan by ons besluite..as blankes en as ondersteuners van anti BEE en gewettigde rassisme…en ek stem saam met die deelnemer om regstappe te neem tenspyte van die advertensie.reels of voorskrif .die advertensie bring meer rasseverdeling mee..sies Volkswagen Suid Afrika…anti witman

Vryheid ·

Volkswagen teiken die mark waar hulle die meeste verkope kry en dit is duidelik nie die blanke minderheid nie. Gaan oor geld het duidelik nie die blankes nodig nie so hoekom hulle dan ondersteun as hulle rasisties wil wees.

Renier ·

Hulle volg maar net die voorbeeld van ander maatskappye. En as ons eerlik wil wees, 90% , indien nie méér nie, advertensies skakel die blankes uit. Alles draai om die “voorheen benadeeldes”. Cell C se “Swart Platform” is nóg ‘n voorbeeld van hul diskriminasie-veldtog… Dankie, weereens, FW!

Juan ·

Ek wou n nuwe polo koop maar vw jan hom maar hou. Sal eerder na iets anders kyk

Jan van Niekerk ·

Ons wittes praat net en doen niks! Boikot VW en wys hulle wat ons dink van hulle rasisme!

Gery ·

VW moet maar op reis gaan…land-uit. As jy op daardie vlak daal waar jy “race” verkies bo “race”, dan verdien jul om te faal.

Koos Engelbrecht ·

Ai tog VW, moet asseblief nie wit voertuie maak nie. Dit pas blykbaar nie in by jul keuse van kleur nie.

jaco ·

Volkswagen voel seker skuldig oor hulle oorspronklik so te sê deur Hitler gestig is. Hy het die wit Duitsers opgehemel, maar erg teen ander wit volke soos die Russe en die Europese Jode gediskrimineer.

Elsabe ·

Was lus vir Polo Vivo maar gaan nou teken vir Nissan Micra. Ek is nou goed moeg om teen gediskrimineer te word maar my geld is oral welkom. Dis sommer nonsens die!

Tjokkie ·

Hehe arme volkswagen waarmee hy gaan ry gaan nooit weer dieselfde wees nie shame hulle ly almal aan n minderwaardigheids probleem in die land is dit nou maar swart of wit? Wens ek was bruin sal maar tan

cindy ·

Volkswagen en die DA het albei gaan somme maak en gesien die wittes is so in die minderheid dat hulle eerder na die meerderheid moet vry dis net so hartseer dat die Duitsers dit nie in hulle eie land ook toelaat nie en hulle het die meeste te se oor apartheid. Duidelik vir almal om te sien wie is die grootste rassiste. Sal defnitief nie weer my golf inruil op n volkswagen nie. Ek is so geskok dat geld maatskappye se integriteit so aantas.

Callie ·

Spur styl is al manier. Wittes, ons moet nou saamstaan. Nie more nie nou. Almal wat vw ry en probleme het gooi dit asb in die ope. Kom ons vat hulle, asb mense.

Rupert Ashford ·

Ek stem. Boikot hulle. Maar maak net seker die ander fabrikaat wat julle kies doen nie dieselfde nie. Hou hulle almal eerlik.

Francois Joubert ·

As ek reg onthou is die besluit reeds jare terug geneem dat geen Engen ‘franchise’ weer aan wit eienaars toegeken sal word nie. Dus geen verassing dat hul ‘n borg of saam in die bed is.

Elize ·

Ek gaan dit aan die koerante in duitsland raporteer. Skokkend!!

Vince ·

En volgende week sal VW SA skaamteloos by een van SA se grootste landbou skoue wat meerderheid wit is een van die grootste stalletjies he. Reg om jou hardverdiende wit geldjies te wil vat…

Wanda ·

Ek lees al hierdie komentaar en in stilte dink ek na jare terug in die ou bedeling sou die soort van ding geen nie blankes toe gelaat het om deel te neem nie. Ons wittes wat oor is betaal vandag die bittere stryd wat ons voorvaders in die die verlede gedoen het. Of dit reg en of dit verkeerd was, die kan ek nie sê nie want ek het nie die wette daai tyd gemaak nie! Wat ek wel weet die wiel het gedraai en vandag betaal ons vir die foute van ons voorvaders!!!

Frik ·

Ja Wanda en in 1994 het ons ingestem dat daar geen rasonderskeiding meer gemaak sou word nie. So hou op om altyd na die verlede te wil verwys. Hoekom nog steeds te diskrimineer teen mense wat na 1994 gebore is.
Net soos ek nooit weer by Spur sal eet nie, so sal ek nooit weer n vw koop nie.

Hannes ·

Nog een minder vw eienaar. Koop vandag n ander motor. Hulle kan kies ek ook!

Gee Terug ·

Ek het my nou nie eers gesteur om ander kommentaar oor die artikel te lees nie, maar ek het wel besluit om 8uur vanoggend die kooptransaksie van my nuwe VW Amarok te kanselleer! Dit is onaanvaarbaar dat daar openlik gediskrimineer te word teen ‘n persoon van ‘n sekere ras. “Transformasie” is die nuwe woord vir “Apartheid”.

Ruby ·

Trots op die seun wat opgestaan het vir sy regte.

Wees egter versigtig, daar is nou ‘n label op jou rug. Elke toets wat jy skryf en jy weet jy het goed gedoen maar ‘n swak punt gekry, vat dit verder. Ook wat jy kwytraak by die werk ALLES gaan onder die vergrootglas wees.

Ek myself is in die mark vir ‘n nuwe voertuig en my klein aandeel sal wees om NIE deur hulle deure te stap!

Trish ·

Kanselleer vandag my bestelling vir nuwe VW – MY WIT GELD OOK NIE GOED GENOEG ….. dankie BMW – hier kom ek

Sies ·

ROER hulle, as swartmense by ‘n B&B weggewys word is dit wereldnuus en rassisme en diskriminasie . kom ons maak die speelveld gelyk .. RASSISME kom ook uit SWART geledere en moet dieselfde AANDAG (en straf) ontvang as WIT RASSISME!!

Amelia ·

Ek ry nog altyd Volkswagen. Die laaste 3 jaar n Toyota, maar my droom is nogsteeds n Volkswagen.
Ek het nog nooit weer by Woolworths gekoop nie en ook nog nooit weer by Spur geeet nie. Nou is daar net nog n taboe produk, nl Volkswagen. Nooit sal ek weer met dieselfde oe na n Volkswagen kyk nie.

anton ·

Amelia, jy het vergeet om ook vir ”Engen” op jou lyssie te plaas.
Ek gooi ook nie brandstof by hulle in nie vir baie jare al a.g.v diskriminasie teen ons blankes.
En oorweeg dalk n Hyundai motor. Hulle is werklik puik voertuie. Ek praat van ondervinding.

Boet Fasie ·

En wat van die feit dat Cell C gratis onbeperkte data net vir swart Cell C kliente bied – word daar nie ook deur Cell C onregmatig gediskrimimeer teen sy ander kliente nie.

Andre Botes ·

Ek glo dat die beste renjaer, die werk verdien ongeag van kleur nasionale oorsprong of taal. Vat die wat die beste vaar, deur hulle op gelyke vlak te toets.
Daar is nie plek vir rassisme in enige sektor van SA of Namibia nie.
In al die sport soorte wat sulke “wette” of kwota stelsels ingebring is, het dit lelik misluk.

Casper Labuschagne ·

Geen probleem nie, dit sal Toyota se wins wees dat die Amarok brosjure sopas snippermandjie toe is.

Joshua ·

Hoekom is dit nie in News24, City Press, Soweton en op SABC nuus nie?!!!

charmaine ·

Jy kan aansoek doen indien jy van kleur is? Nou wat is WIT?
My kinders was 2 weke terug vir n advance driving kursus by VW baie geld gekos, en did wat ek nie verstaan nie jy is te wit vir alles maar geld is die regte kleur.
SWAK!!!!

Roelf Berg ·

Daar het jy dit nou – TOT die Duitsers is nou teen ons – Hoop die vlugteling Arabiere neem Duitsland oor en gee hulle baie moeilikheid – Sies V Wagen. Was oppad om vir my die Nuwe Golf te koop nou maar na die Franse gaan en na Peugeot gaan kyk !!!

Rika Kruger ·

Moenie Sasol vergeet nie. Aandele en voordele net aan swart werkers.

Kammies ·

Ek doen. Gister nuwe kar gekoop. Het amerikaans gekoop, klaar met vw.

Mark ·

1.Dieselgate /2. VIN Gate
3.Racingate Vw het al laankal uit die bus geval. Ek kan rerig nie omgee of jy n VW besit nie.jy is die een wat met die moet rondry en gesien word.Soos die grappie van die beample op n perd…

D Hartman ·

Volkswagen gee nie om watter kleur jy is as jy 1 van hulle voertuie koop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.