Regstappe teen Eskom oor Gupta-kontrak

Die sakeregtewaghond AfriSake het vandag regstappe teen Eskom ingestel, nadat Tegeta Explorations & Resources ʼn R4 miljard kontrak met Eskom losgeslaan het om die Majuba-kragstasie vir die volgende 10 jaar van steenkool te voorsien.

Argieffoto

Argieffoto

Dit kom skaars ʼn week nadat AfriSake, in ’n ander saak, ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering tot Toegang tot Inligting (PAIA) aan Eskom gerig het oor miljoene rande se bonusse wat aan die elektrisiteitverskaffer se topbestuur uitbetaal is.

Tegeta Explorations & Resources het die kontrak na bewering vir die vyfde keer gekry, ondanks die feit dat dit in 2011 verwerp is weens die swak gehalte van die steenkool. Ná die ondertekening van die kontrak is vier senior werknemers – wat die gehalte van die steenkool bevraagteken het – na bewering geskors.

“Juis omdat daar sprake is van korrupsie en oneerlikheid én omdat Eskom politieke bande met die ANC het, behoort so ʼn kontrak nie onderhandel te word nie. Belastingbetalers se geld word gebruik, daarom moet ʼn maatskappy soos Eskom ten alle tye onbesproke en deursigtig optree,” het Stefan Pieterse, AfriSake se nasionale woordvoerder, gesê.

AfriSake se regstappe behels die aanvra van die volgende inligting van Eskom:
• ʼn Lys van alle kontrakte tussen Eskom en Tegeta Explorations & Resources;
• ʼn Lys van tenderaars wat vir die kontrak aansoek gedoen het;
• Skriftelike redes waarom die kontrak aan Tegeta Resources toegeken is;
• ʼn Agenda van die vergadering waar die tender bespreek is;
• Die notule en resolusie waar die tender goedgekeur is;
• Vorige analiseverslae oor Tegeta Explorations se steenkoolgehalte.

“Eskom het 30 dae om die inligting aan AfriForum te verskaf. Indien hulle dit nie doen nie, is ʼn interne appèl ons volgende stap,” het Pieterse gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anneke ·

Dis reg en haas tyd dat mense begin verantwoording doen aan die algemene publiek wat hul swaarverdiende geld deur belasting aan die korrupte spul moet betaal sonder dat ons insae het in al die gekonkelde “kontrakte”. Dankie vir die ondersoeke

olga ·

Die Guptas sal gladnie vervolg word nie. Hulle “onaantasbaar”. En verhewe bo die gereg soos n hele paar “elite” o.a. Zuma. As hier niks meer van SA oor is nie klim die hele spul Guptas op hul eie vliegtuis en verlaat SA

adrian ·

Die guptas is van indie maar hul voer hulself vet mat suid afrika se bates. Hulle is skelm, onderduims en korrup? Wanneer hul nie hul sin kry mie hol hul na no1 waarvam sy familie saam met die guptas mede base
…. dit laat my de m..r in

HEVW ·

Ges……….. Baie, baie. Soek die antwoorde op die regte plek. Die sleutel tot die regte antwoord is die woordjie JA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.