Regstappe teen nuwe Oscar-video

Foto: Sunday Night

Foto: Sunday Night

Prokureurs vir die moordbeskuldigde Oscar Pistorius gaan regstappe doen nadat beeldmateriaal Saterdag vrygestel is van die atleet waar hy die gebeure van die aand wat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het, uitbeeld.

“Ons doen stappe teen die Australiese mediahuis [wat die beeldmateriaal besit],” het Brian Webber, sy prokureur, aan Sapa gesê. “Hulle het geen reg om die video uit te saai nie. Ons sal dit hiervolgens hanteer.”

Die lokvideo vir die nuusprogram “Sunday Night”, wys hoe Pistorius op sy stompies met ʼn denkbeeldige vuurwapen in sy hand loop. In ʼn ander toneel dra hy ʼn vrou, glo sy sussie Aimee, uit sy badkamer en met die trappe af om uit te beeld hoe hy Steenkamp by die trappe afgedra het. Die atleet maak ook sy gille na toe hy om hulp geskree het.

Volgens die webwerf is dit beeldmateriaal wat “nog nooit vantevore gesien is nie” en het die beeldmateriaal ʼn “top forensiese kenner oortuig dat hy onskuldig is”.

Die beeldmateriaal sal na verwagting Sondag in Australië uitgesaai word.

Nathi Ncube, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê hy gaan nie kommentaar lewer op die video nie.

Anneliese Burgess, woordvoerder vir die Pistorius-familie, het gesê die regspan ondersoek die saak en het Channel 7 in Australië versoek om “dringend klaring te gee”.

Pistorius word van moord beskuldig nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos deur ʼn geslote toiletdeur doodgeskiet het. Sy is drie keer getref. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte. –SAPA

Die volgende beeldmateriaal is op Eyewitness News se webwerf gepubliseer.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Irene Pool ·

Ek hou en sal altyd hou van die ons gewese Volkslied. Ek het egter die nuwe Volkslied aanvaar en is dit ook n pragtige lied. Mag n mens dan nie meer ou liedjies sing nie! Dink byvoorbeeld aan al die Elvis,Cliff Richard, Bing Crosby liedjies. Hoekom so bohaai maak van n lied. Net weer n rede om Suid Afrikaners die harnas in te jaag. Die lied was deur, wit, swart en kleurlinge gesing en dit was net lekker om weer die woorde te onthou en almal so saam te hoor sing.

Irene Pool ·

Vieslik van hulle!!! Kan nie glo dat mense tot sulke lae dinge kan daal nie! Skroef hulle op!! Die arme man gaan alreeds deur soveel droefheid en stres dan moet ander mense nog bydra!!

Irene Pool ·

Dit is die eerste keer wat ek dit lees en sien en eerste keer wat ek kommentaar lewer!! Hoe kan julle se dat dit n duplikaat is!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Irene

Dit is moontlik dat daar ‘n tegniese probleem met die gemorsposfilter ingesluip het toe jy kommentaar wou lewer. Ons vra om verskoning indien dit vir jou enige ongerief veroorsaak het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.