Regstappe teen plaasmoord-aanhitsers

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum het Woensdag strafregtelike klagtes ingedien teen ses individue wat deur middel van sosiale media mense aanhits om plaasmoorde te pleeg, wit mense uit te moor of self beweer dat hulle van voorneme is om dit te doen.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat die burgerregte-organisasie verskeie klagtes hieroor van sy lede ontvang het. “Ons beskou hierdie klagtes in ’n baie ernstige lig. Kommentaar op sosiale media-platforms bied nie vrywaring van vervolging nie,” het Roets gesê.

Drie van die aanhitsers het op sosiale media verklaar dat hulle aktiewe lede van ’n bepaalde politieke party is en een individu het dreigemente gepubliseer wat spesifiek op AfriForum en sy verteenwoordigers van toepassing is.

“Die individue se name en die besonderhede van wat presies gepubliseer is, kan egter nie op hierdie stadium bekend gemaak word nie, aangesien die polisie besig is om die saak te ondersoek,” het Roets gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pierre Celliers ·

Niks nuuts nie, hulle is nou net bietjie meer openlik met hul erkenning vir hul passie om uit te wis en te verwoes, dis in die gene.
En natuurlik is hierdie berig die eerste en laaste wat jy gaan hoor van enige moontlike vervolging. Die polisie ondersoek g’n hierdie saak nie, feit!

Tom ·

A quote

“I prefer peace”.

But if trouble must come in my time , so that my children can live in peace

“Thomas Paine “

Shannon ·

Ek het nuus vir jou. A.g.v. die vrede waarin jou voorgangers gesluimer het, sit die jonger geslag nou met die gevolge.

Tom ·

A quote

“I prefer peace”.

But if trouble must come in my time , let it come in my time so that my children can live in peace

“Thomas Paine “

Shannon ·

AfriForum is `n werkskepper vir regspanne en ander hoog leeraars.
AfriForum sal nie lede geld spandeer op plaaslike sekuriteit nie.

Paul ·

Duidelik is jy nie bewus van die feite van hoeveel gemeenskapsveiligheidstrukture AfriForum al gestig het en onderhou nie…

Ingeligte kritiek is goed, maar hierdie is oningelig.

Rudi ·

Shannon: jy bedoel seker hooggeleerdes, nie “hoog leeraars” nie. Behalwe daarvoor is jou kritiek ongeldig, soos Paul ook uitgewys het.

Charles ·

Daar sal niks van kom nie asb dit word dan aangevuur deur stortkop en pampoen boer en nog niks word gedoen nie Openlik

William James Stapelberg ·

Hou so aan om die regte boodskap by die mense uit te kry

Neptunus ·

Heeltemal goed om dit te doen, maar laat ons oor ‘n maand of twee hoor waar trek die ondersoek. Wat het geword van die saak wat gemaak is teen Malema na hy die ontevrede Steers-kliënt uitgeboender het 02:00 die oggend, so 5 maande terug?

Phillip Fourie ·

Bestaan daar nie die moontlikheid om die staat te dagvaar om die plaaslike kommando-stelsel weer tot stand te bring nie? Daar is sekerlik duidelik bewyse dat die polisie- en ander staatsinstellings geen beheer of beskerming uitoefen nie.

Peet Schabort ·

Daar sal inbreuk gemaak word op die menseregte van die krimineel.

Gerrit de Visser ·

Ek is n lid van AfriForum en trots daarop. Hul werk is van uitstaande gehalte en hul tree op namens die Afrikanervolk!
Hou so aan asseblief.

Janne Kirsten ·

Mense, wat net negatiewe kommentaar lewer wat presies het al julle gedoen om Suid Afrika te verbeter vir ‘n minderhuids groep soos boere ek het nog nie van jou naam gehoor in opstand teen plaasmoorde maar ek het al baie gehoor van Afriforum wat opstaan teen onregverdigheid in kriminele oortredings ja dit is moeilik vir hulle want ons regtelukke stelsel ( moenie die reg met regverdigheid eenselvig dit is 2 aparte goed) maak nie voorsiening vir die beskerming can ‘n minderhuids groep maar Afriforum doen die beste qat hul kan ondee die omstandighede wat ons; ons(‘n minderheids groep waarteen gediskromineer word asg ons vel kleur en die taal wat ons praar) in bevind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.