Regstellende aksie: ‘Polisiesaak raak duisende’

Polisie

Argieffoto: Facebook/SAPD

Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die uitkoms van sy hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor sy huidige regstellende-aksieplan raak duisende poste in die polisie.

Solidariteit vra onder meer in ʼn dringende hofaansoek dat meer as 5 000 poste, wat in Februarie vanjaar geadverteer is, nie ingevolge die doelwitte van die polisie se huidige regstellende-aksieplan gevul moet word nie.

In sy jongste hofaansoek vra Solidariteit ook die SAPD se huidige regstellendeaksieplan (vir die tydperk 2015-2019) moet ongeldig verklaar word. Solidariteit meen dié plan kom, soos die polisie se vorige regstellende-aksieplan wat reeds ongeldig verklaar is, op ʼn kwotastelsel neer. Die aansoek sal op 17 Maart deur die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.

Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, het verduidelik die SAPD het teen die arbeidshofuitspraak van Januarie vanjaar, waarin die polisie se regstellende-aksieplan van 2010-2014 ongeldig en ongrondwetlik verklaar is, geappelleer. Dié uitspraak maak dit vir Solidariteit moontlik om sy lede met regsaksie by te staan indien hulle gedurende die onlangse rondte bevorderings aan die begin van 2016 weens die rassekwotas in die ongeldige plan nie bevorder is nie.

“Ons hofaansoek teen die polisie het ʼn tweeledige doel. Eerstens wil ons verhoed dat die SAPD enige bevorderings en aanstellings op grond van ras of geslag maak voordat die appèlproses teen die vorige plan afgehandel is. Tweedens vra ons die SAPD se huidige regstellendeaksieplan vir die tydperk van 2015 tot 2019 moet ook ongeldig verklaar word en dat geen aanstellings en bevorderings ingevolge dié plan moet plaasvind totdat die hofsaak afgehandel is nie,” het Kruger gesê.

Kruger het gesê Solidariteit wil deur middel van sy hofaksie verhoed dat onbillik teen enigiemand in die SAPD gediskrimineer word. “Die SAPD se regstellende-aksieplanne sal, indien dit toegepas word, op onbillike diskriminasie neerkom. Ons meen die planne is net ʼn rookskerm vir die polisie om kwotas volgens die nasionale rassedemografie toe te pas. Sodoende word ervaring misken en dienslewering trek aan die kortste ent,” het Kruger gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Esther ·

Ek is in die polisiediens. Daagliks word regstellende aksie toegepas. Nuwe poste het nou uitgekom en die voorvereiste is voorkeur word gegee aan DIE wat verteenwoordiging bevorder. Daar is van die polisie lede wat so swaar gedruk word dat hulle eerder bedank as om aan te bly. So gaan hulle die 2019 teiken behaal…. Deur dit vir ons dit hel te maak…..

Pieter ·

Regstellende aksie moet volhou word. Dit word nou meer vereis as ooit. Maar die doelwit moet wees om die Ubuntu kultuur te vervang met Westerse etiese standaarde en gelyke indiensneming sonder enige vorm van diskriminasie.

Reinhardt ·

Ek verstaan dit glad nie. Besef die regering nie dat ons n tekort on polisielede het nie? Dat geweld daagliks nuwe hoogtes bereik nie?

Gert ·

meeste van die polisie slaap en doen niks nie en doen skof ruil met die staats voertuie gaan haal mekaar by die huise

Max ·

Die SAPD word mooi reg gestel. Die Luitenant- kolonel doen nou die Aanklagte Kantoor Sersant se werk. Die Generaal doen die Luitenant -kolonel se werk by die Area Kantoor. Daar is meer offisiere as onder- offisiere !

Theresa B ·

Ek stem volkome saam met Wat-Ek-Lees. Maar dit gaan al lankal so in Korrektiewe Dienste. Daar is mense wat hul asse afwerk – wat altyd moet instaan vir die wat nie die vermoë het om sekere vergaderings by te woon en presentations aan te bied nie. Maar hulle sit in DIE poste. Daar is mense wat al lanker as 10 jaar met dieselfde rang sit. Mense wat nie eers in aanmerking kom vir prestasie-beloning nie maar hulle doen al die werk en moet verantwoording doen as die paw-paw die fan strike.

david ras ·

Gegewe die bevolkings samestelling in SA, moet Regstellende Aksie noodwendig op MINDERHEIDS ONDERDRUKKING uitloop.
Wanneer ‘n 92% etniese meerderheid met al die politieke mag denkbaar, BEVOORDEEL word ten koste van ‘n 8% minderheid, sonder enige ingeboude veiligheidsmaatreels vir lg., is dit minderheidsonderdrukking. Punt.

Mens kan maar enige vorm van semantiese gimnastiek toepas, hofsake maak na willekeur—die kern van die saak bly dieselfde–‘n minderheid word ongelyk gestel.

Die begrip “verteenwoordigend van die bevolking” is in elk geval deur Adolf Hitler geskep met sy “Judenfrei” proses in Nazi Duitsland. Die Jode is uit die ekonomie gedwing deur om hulle te kry om Duitsland te verlaat en elders ‘n lewe te gaan maak.

Artikel 9.2 van die Grondwet maak letterlik die deur oop vir enige maatreel om enige gewaande “onregverdige diskriminasie” in die verlede reg te stel om sodoende totale gelykheid te bereik. Ons almal weet hoever terug, en tot watter mate hierdie “ongelykhede” gerek kan word.

Dawie ·

Het die polisie nie soos die poskantoor irrelevant geraak nie. Ons kan ook sonder die klomp gevrekte kriminele klaarkom. Hierdie is seker die enigste land waar jy die polisie vermy nie omrede jy ‘n krimineel is nie maar omdat jy bang is jy gaan geroof ens… word.

Dan ·

Die waarheid js dat enige wat met rasse diskrimmenasie te doen het, is rassisties, dan wil hulle so graag ander agter die deur uitwys, maar dan staan hul self daar, Amokmakers

Willie ·

Goed gestel Dawie.. Ek glo nie SAPD is geloofwaardig of verdien enigsins respek nie… Gemmenskaps forums doen meer vir beveiliging as hulle… Eindelik n skande in RSA..

Deloris ·

Die goeie dae is verby en so ook in die korporatiewe wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.