Regstellende aksie: Reuse-regsaksie teen polisie

saps-sapd-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag gesê hy gaan eersdaags met ʼn reuse-regsproses teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) begin.

Die proses behels onder meer ʼn dringende hofaansoek teen bevorderings en aanstellings gegrond op die polisie se huidige regstellendeaksieplan. Solidariteit is van mening dat dié plan op ’n kwotastelsel neerkom en dat daar in die proses onbillik teen sy lede in die polisie gediskrimineer word.

“Solidariteit het verlede week reeds die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, asook die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Johannes Khomotso Phahlane, in ʼn skrywe vermaan dat geen aanstellings en bevorderings in die polisie op grond van die huidige plan (geldig vanaf 2015 tot 2019) behoort te geskied nie. Hierop het die minister en die waarnemende kommissaris gereageer deur te sê hulle sal voortgaan om aanstellings en bevorderings op dié plan te skoei,” het die vakbond gesê.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is die vakbond nou genoodsaak om die hof op ʼn dringende grondslag te nader om sodoende die werking van die plan nietig te laat verklaar. “Die SAPD se huidige regstellendeaksieplan is soortgelyk aan die polisie se vorige regstellendeaksieplan wat reeds in Januarie vanjaar deur die arbeidshof ongrondwetlik verklaar is. Die huidige plan kom dus in wese op dieselfde onbillike diskriminasie neer en behoort daarom ongeldig verklaar te word,” het Van der Bijl gesê.

Van der Bijl het gesê die doel van Solidariteit se regsaksie teen die polisie is nie net om die huidige regstellendeaksieplan aan te vat en die werking daarvan te probeer negeer nie, maar dit is ook die begin van ’n reuseveldtog teen al die SAPD se onbillike arbeidspraktyke. “Die publiek verdien ʼn doeltreffende polisiediens waar die beste persoon, ongeag sy of haar ras of geslag, bevorder en aangestel word. Ons kan eenvoudig nie langer toekyk hoe mense suiwer op grond van ʼn rigiede, numeriese kwotastelsel vir aanstellings en bevorderings beoordeel word nie. Ons meen voorts dat aanstellings en bevorderings in die polisie op grond van meriete moet geskied,” het hy bygevoeg.

[Video] Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, gee meer agtergrondinligting oor die saak:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

m ·

Die mense moet begin leer dat regstellende aksie nie beteken vertrap die witte in die grond in en ontneem almal wat wit is van bevordering nie…….

gert ·

ek verstaan nie wat jy se nie. Wat beteken regstellende aksie ? m

Michael ·

Wat sal die huidige benadeelde minderheid sonder Afriforum en Solidariteit doen DANKIE

D ·

Solidariteit julle verdien ‘n klop op die skouer vir julle harde werk.

T ·

wil maar net se my man is 26 jaar in die SAPD en 21 jaar daarvan is hy al n speurder elke keer as daar bevorderings is doen hy aan soek maar geen bevordering vir hom nie na soveel jaar in die SAPD……..

M ·

My man is Hoofverkeersbeampte al vir 17 jaar, en word altyd oor die hoof gesien met bevorderings. Mense vir wie hy klas gegee het, word bo hom aangestel. Dit is bitter onregverdig, want hy het nog trots in sy uniform.

david ras ·

Regstellende aksie ? Niks kan of sal ooit reggestel word nie.
Gegewe die bevolking van SA , 92 % swart en 8% wit– met die 92% as die bevoordeeldes, met al die politieke mag, en die 8% die benadeeldes –hoe kan mens NIE op ‘n situasie van Minderheids Onderdrukking uitkom nie ?

Daar is GEEN veiligheids maatreels in die grondwet ingebou om dit te verhoed nie.

Artikel 9.2, van die grondwet lui (ongelukkig net in Engels):
Equality includes the full and equal enjoyment of ALL RIGHTS and freedoms, to PROMOTE the achievement of equality, LEGISLATIVE AND OTHER MEASURES designed to PROTECT or advance PERSONS, OR CATEGORIES OF PERSONS DISADVANTAGED BY UNFAIR DISCRIMINATION MAY BE TAKEN.

Dus, solank daar enige van bg persone bestaan, of die persepsie dat sodaniges bestaan, is die deur oop om enige stappe te neem om volle gelykheid te verkry.
Die regstellende aksie en verwante wetgewing kry deur hierdie klousule vrypas, om letterlik in Minderheids onderdrukking om te sit.
“Regverdige Regstellende aksie ” is onmoontlik in SA, ongeag al die argumente rondom die stelsel.

Oom Boer ·

Die helfte van hierdie opgeleide troepe is weer korrupte beamptes wat in werksplekke geplaas word en geensins produktief sal wees nie, maar is net daar om ‘n salaris te trek en die belasting betaler se sake leeg te suig. Tyd dat privaat instansies hul oog klappe afhaal en besef wat aangaan en hierdie regstellings aksie bedryf hul nie laat manupileer tot mates waar dit geweldige finansieële verliese meewerk in swak dienslewerings, stakings, wegbly aksies, siekte rekords ens nie. Daar is genoeg cANCer vetkatte (soustrein mafia) wat die goudpot dreineer en hul kan vir Kaders maatskappye stig en werkskep onder hul mense met al die grade wat hul deesdae so maklik bekom.

Hendrika O'Neill ·

Solidariteit en AfriForum kyk dan sommer in die weermag (veral in Port Elizabeth) na blanke mans wat meer as 12jaar dieselfde posisie beklee sonder bevordering. Slaag al die regte toetse met vlieënde vaandels maar geen bevordering na hoër pos nie. Baie van die nie-blanke mans kan nie eers die toetse slaag nie maar kry die pos, die blanke man wat nie die bevordering kry moet dan nog hul werk vir hul doen want hul maak nie kop of stert uit van wat hul doen nie.

Danie Gerber ·

Persoonlik reken ek dat dit in beginsel ń baie goeie inisiatief is en dat dit op lang termyn baan vir regverdige bevorderings/aanstellings. Dit is egter my beskeie opinie dat sodanige skuif op hierdie stadium nie die aangewese stao sou wees nie omrede die oogmerk van senior polisiebestuur onder leiding van Lt. Generaal Phahlane is om kundigheid en effektiwiteit te herstel. Dit is bepaald die oogmerk met die beborderings wat nou onlangs vrygestel is. Verhindering om aanstellings te doen gaan onnodig die proses vertraag, aangesien die onlangse bevorderings na twee jaar gefinaliseer is na solariteit regsaksie ingestel het. In kort is dit wenslik om die bevorderingsbeleid in regsaksie te beveg sonder om huidige bevorderingsprosesse te strem. Dit is demoraliserend en werk goeie intensie teen wat nie bevorderlik is waar reeds alles in die stryd gewerp word om die polisie effektief te hervorm en lede te motiveer nie. Generaal Phahlane het reeds enorme positiewe veranderinge teweeg gebring en het dit ń baie positiewe uitwerking op polisiëring en tevredenheid in gemeenskappe teweeg gebring. Hierdie regsaksie moet werklik met omsigtigheid hanteer word sonder om die meganiese werking te vertraag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.