Regstellende aksie word verkeerd toegepas, sê MRK

Dr. Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Suid-Afrika se Menseregtekommissie (MRK) het in ’n deurtastende en belangwekkende studie bevind dat die wyse waarop die land se beleid van regstellende aksie toegepas word ongrondwetlik is en dat die regering dit dus moet verander.

Dit is waarskynlik die belangrikste bevinding ooit teen die ANC-regering se regstellende aksie-beleid, want soos die openbare beskermer is die MRK ’n liggaam wat geskep is kragtens art. 9 van die Grondwet en moet die parlement in die belang van die ondersteuning van die grondwetlike demokrasie-uitvoering die kommissie ondersteun.

Die bevindings sou wel waarskynlik – soos die openbare beskermer s’n – deur ’n hof getoets kon word, met die hof se onderskrywing of afwysing daarvan wat bepalend sal wees of dit bindend sal wees of nie.

Dit is ’n omvangryke, genuanseerde en redelik ingewikkelde verslag wat ten beste verstaan sal word as dit volledig bestudeer word, maar op die keper beskou, bevind dit dat die regering se eenvoudige fokus op ras en geslag vir regstellende aksie in stryd met die Grondwet en dus onwettig is.

Die Wet op Diensbillikheid – ’n hoeksteen van die huidige regstellende aksiebeleid, word spesifiek deur die MRK as ongrondwetlik uitgewys, wat ’n krisis vir die beleid se uitvoering skep.

Dit is belangrik om daarop te let dat die MRK nie aanbeveel dat regstellende aksie gestaak moet word nie, en nie bevind dat die speelveld in die ekonomie nou gelyk is nie. Die statistiek dui steeds op die algehele dominansie van wit mans in byvoorbeeld direkteursposte van private maatskappye.

Die sentrale bevinding is dus wel dat ongelykhede deur regstellende aksie reggestel moet word, maar dat die wyse waarop dit tans gedoen word, onwettig is.

Die belangrikste drie aspekte van die bevindings is eerstens dat behoeftige vermoëndheid (armoede en die vermoë om die taak te verrig), swaarder moet weeg as wat tans die geval is, en dat blote ras en geslag minder belangrik as tans moet wees.

Tweedens moet die regering die impak van bestaande regstellende aksie-maatreëls deurgaans wetenskaplik opweeg en verreken sodat dit aangepas kan word by veranderende omstandighede. So is byvoorbeeld bevind dat wit vroue ontsettend onderverteenwoordig is in die direkteurskappe van private maatskappye – meer so as baie ander groepe.

Regstellende aksie moet dus deurgaans kwantitatief en kwalitatief gemeet en aangepas word by veranderende omstandighede – wat twintig jaar gelede vir regstellende aksie gegeld het in die grondwetlike strewe na gelykberegting, geld nie noodwendig steeds nie; verandering is dus nodig.

Derdens is konteks volgens die MRK belangrik. As voorbeeld word spesifiek en breedvoerig na die hofsaak verwys waarin die vakbond Solidariteit namens meestal bruin, Wes-Kaapse werknemers van die departement van korrektiewe dienste aangevoer het unieke plaaslike en provinsiale demografie moet meer bepalend as nasionale demografie vir die uitvoering van regstellende aksie wees. Die MRK het die konteks-argument egter wyer as die voorbeeld tot beginselargument uitgebou.

In reaksie het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, die bevindings verwelkom.

“In’t kort beteken dit dat Suid-Afrika se regstellende aksie-beleid onwettig is. Die bevinding volg nadat Solidariteit ’n klag oor die beleid by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitskakeling van rassediskriminasie, die polisie en die Menseregtekommissie ingedien het,” het Hermann gesê.

“Dit gaan die aard van regstellende aksie vir altyd verander. Die departement van justisie, die departement van arbeid en die diensbillikheidskommissie moet die Menseregtekommissie teen die begin van Februarie aanstaande jaar inlig hoe die stelsel verander gaan word,” het Hermann, ’n jare lange stryder teen die wyse waarop regstellende aksie toegepas word, opgemerk.

“Die regering gaan nie van hierdie bevinding af wegkom nie. Dis ons grootste oorwinning nog. Dis ’n bevestiging van ons standpunt dat ras nie die enigste faktor in regstellende aksie kan wees nie,” het hy voortgegaan.

Solidariteit gaan nou ’n verklarende bevel van die hof aanvra oor hoe die departement van arbeid en werkgewers die situasie moet hanteer totdat die wet gewysig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Verlig ·

Well done! Kom ons gee werk vir die wat die werk kan, en wil doen. Dit gaan baie vir ons jong seuns en dogters beteken. Dit sal natuurlik nou weer met protes en moord gepaard gaan, maar ‘n pluimpie in die hoed vir Solidariteit!

marius ·

Die probleem bly staan dat in baie instansies daar sleutel figure is wat die regstellende aksie sterk najaag en dit maak dat die uitspraak ongelukkig nie veel water dra.

Breytenbach ·

Dis darem ‘n klein liggie in ‘n groot tonnel, en wel positiewe nuus. Blanke mans en ander blankes in die werkplek “domineer” juis agv van hul kennis, prestasies en produktiwiteit en nie omdat daar êrens ‘n komplot besig is om af te speel nie. In die huidige NSA is dit eintlik ‘n teken van hul sukses en nie van hul manipulasie taktiek nie. Om die syfers en uitkomste te probeer manipuleer soos tot sover met BBBEE teikens en kwotas gemaak word kan net tot nadeel van die ekonomie wees en is nie volhoubaar nie. Ekonomiese beginsels is nie versoenbaar met politieke ideologiesese agendas nie daarom behoort net prestasie, produktiwiteit en kennis ‘n oorweging te wees as dit by die ekonomie kom. Uitkomste wat daaruit vloei behoort net ten goede vir die totale ekonomie te wees omdat groei uit prestasie, kennis en produktiwiteit lei tot sukses.

Alida ·

Hoeveel blankes moes hulle werk verloor voordat hulle dit agtergekom het.

Al ·

Dit is om van kwaad te raak.
Buitendien ñ privaat maatskappy is winsgedrewe en word nie soos die staatsdiens befonds deur belastinggeld nie – indien ñ direkteur wit is, is dit omdat hy dit verdien.
Die regering moet ophou fokus op privaat maatskappye en eerder gemeenskappe ophef in woonbuurte waar sakebesighede infrastruktuur ontbreek. Sulke infrastruktuur sal werksgeleenthede skep vir die sg voorheen benadeeldes.
Dit sal in elk geval verkeer in middestad van stede verlig.

Ben ·

Kom ons begin deur net na die Regering se ministers te kyk. Hoeveel Blankes? Hoeveel Indiers en Hoeveel Kleurling? Blankes bestaan uit verskillende groepe, nl Nederlanders, Franse, Britte, Porteguese,Duitsers,Grieke en ander minder groepe. Dus is hierdie nie n kabinet wat die Reenboog nasie verteenwoordig nie maar totaal ‘n rasistiese Kabinet. In Rugby moes daar transformasie plaasvind wat ook gebuer het. Wanneer gaan ons Transfomasie sien in die ANC regering? In die sport Sokker is daar ook geen Transformasie. Dit is absoluut verbassend hoe ‘n mens die splinter in ander se oe sien maar nie Balk in jou eie oe nie. So waar is die sogenaamde MRK in die gevalle? Suid Afrika is die enigste land ter Wereld waar die meerderheid teen die minderheid beskerm word.

marco polo ·

Ben, jou laaste stelling is nie heeltemaal korrek nie. In Malaysia word die meerderheid Maleiers ook deur wetgewing beskerm teen die minderheid Chinese Maleisiers, wat in beheer van besighede is.

Willem ·

En wat van diegene wat agv die ongrondwetlike toepassing hiervan hul werk verloor het, wat word van hulle? Sal hulle weer indiens gestel word, of terugwerkend vergoed word? Kan iemand hier antwoord?

BokPas ·

Nou gaan ons weer 100de smse en oproepe kry en my geld vra

Willem ·

Vir volk en vaderland, geen probleem. Ook het ek empatie met jou as mede pensionaris.

Eish ·

Wat n verrassing dat die waarheid vir n slag seëvier in die helhool!
Indien dit slegs die wit direkteure in maatskappye is wat jul pla, raak ontslae van hulle, tesame met die banale vergoedingspakette en gee ons gewone wittes weer werk!
Daar is sommer n uitstekende geleentheid nou met die Steinhoff mafia wat koersloos rekordwinste verklaar het en reguit via a la Grange verklaar, dis hoe dit is!
Ons moet nou net hoop en bid die regering a la Lesufi styl, kondig nie maatreëls af in die staatskoerant om die verslag se bevindings te neutraliseer nie.

Skaap ·

Dit gaan nie weg nie want mense hou aan stem vir partye soos die DA wat ‘regstellende aksie’ ondersteun en dryf. #CapeExit asb.

Thinus ·

Puik werk Solidariteit
Dit is jammer dat julle eers internasionaal moes gaan om reaksie uit die MRK te kry wat baie bekend is vir hul selektiewe vervolging van mense wat wat rasse uitsprake maak. Hulle is meer ‘n ANC puppet as ‘n onafhanklike instansie.
Soos per die vorige kommentaar word tegstellende aksie teenoor die minderheid toegepas, bloot omdat die ANC te onbevoeg is om werk op ‘n eerlike manier te kan bekom, nou moet die wet gebruik word om daardie klomp ‘n pos te gee wat hulle niks van weet nie en dan net ‘n las vir die maatskappy word. Regstellende aksie moet heeltemal grskrap word. Want as hulle na 24 jaar nog nie kan bykom nie, sal hulle nooit nie. Kyk maar na die staatsinstansies as voorbeeld. 95% van die regering is onbevoeg, daarom dat ons besig is om te gly. Kyk na onderandere hoeveel munisipsliteite is ‘n totale mislukking.

Lise ·

Baie dankie!! En daarom is ek ‘n lid van Solidariteit en ondersteun ek Afriforum 100%. Hulle bewys net weereens dat ons ‘n reg het om op te staan vir ons regte en dat ons glad nie skuldig moet voel oor ons “whiteness” nie. Hier is genoeg vir almal in hierdie pragtige land van ons.

koos1 ·

Ek het nog ‘n grooter probleem. ‘n man van Zimbabwe wat in 2017 in SA aangekom het, en burgerskap verkry het (wettig of onwetting) word outomaties in ons land d.w.v. regstellende aksie hoer geag as ‘n wit man wat hier gebore is en aansoek doen vir ‘n pos, waarvoor die Zimbabwier aansoek doen. Hoe kan dit reg wees??????????

Paul ·

En die afgelope dag of twee het ons weer onluste in Soweto teen “vreemdelinge”, soos op Maroela berig .

Koos ·

Ben skryf: “Suid Afrika is die enigste land ter wêreld waar die meerderheid teen die minderheid beskerm word.”

Wat spel dit vir ons uit?

In die afgelope 24 jaar van ANC regering, met swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en volle geleenthede vir die meerderheid om hulself op tersiêre vlak behoorlik te bekwaam, wys die huidige voorgestelde Mededingingwysigingswet van 2018, steeds daarop dat die meerderheid spesiale en radikale beskerming teen die minderheid nodig het om enigsins mededingend te kan wees in ons moderne ekonomie.

Dit laat die vraag ontstaan of dit nou die minderheid se skuld is?
Of self ook of dit voor die deur van rassisme gelê kan word?

Antwoord op beide hierdie vrae is ‘n baie besliste NEE!!!

Wanneer wil die voorheen benadeeldes hulself dan ophef tot vlakke waar hulle sonder wetlike beskerming mededingend kan funksioneer?

Dít is die vraag waarop die meerderheid en hul ANC regering aan die wêreld ‘n antwoord verskuldig is!

Nel ·

Opbou/opheffing?? Hulle bly hulself benadeel/afbreek met al die onluste, brandstigting en bedrog en so sal dit wees tot in lengte van dae.

Stuiwer ·

Moenie te gou te opgewonde raak nie. Daar lê nog ‘n lang pad voor…

Santie ·

Dankie Solidariteit dat julle ons mense se belange op die hart dra en daarvoor veg. Ek het besluit om in die komende verkiesing vir ‘n Afrikaanse party te stem. Ons moet begin saamstaan om ons eie regte en taal, en lewens te beskerm. Niemand anders gaan dit vir ons doen nie. Onthou julle nog: “Eendrag maak mag”? Dis nou tyd om saam te staan anders sal ons tot in die grond vertrap word. Gaan ons dit toélaat?

jaco ·

Regstellende aksie gee werk vir mense suiwer omdat hulle die “regte” velkleur het. In die ou SA het dieselfde beginsel van glad nie meriete, opleiding en ondervinding om ag neem nie, maar ook gegeld wanneer lekker werk vir Broederbonders en sterk Nasionale Party ondersteuners gegee is. Ek weet van ‘n hele paar gevalle waar beter gekwalifiseerdes geïgnoreer is, want hulle was nie Broederbonders en Nasionaliste nie. Dit het baie gebeur in die staatsdiens, onderwys, SANLAM, Vollskas. Breë moderature van die 3 Afrikaanse susterkerke was ook “gelaai” met Broederbonders.

Nel ·

Met die verskil dat hulle ‘n 100% funksionele land opgebou het waaruit jy en jou hele voorgeslag voordeel getrek het. So vergeet maar daai ou BB en NP-deuntjie , dis afgesaag en verouderd.

Ben ·

@Nel – Stel voor U bestudeer die Broederbond en mede Organisasie deeglik. Jy kyk iets groots mis.

Rynhardt ·

Die Anc gaan nie uit vrye wil nou skielik regstellende aksie oftewel radikale transformasie volgens Cyril laat weg waai nie!!????Getrouheid word gehandhaaf teenoor regstellende/radikale transformasie! MRK het in sy taak liederlik en opsetlik misluk om regstellende aksie te veroordeel,want dit is n misdaad teen die mensdom!Al die partye het vir 24 jaar ander pad gekyk wanneer dit by blankes se toekoms kom!!Realiteit!Laat daar uitgespel word van 1994-2018, hoeveel mense weens regstellende aksie,nou radikale transformasie nie werk kon kry oor hul witvel nie.Dit sal vir jou wys hoekom SA n helse mislukking is!

Staak ·

So ook haatspraak, die hantering van klagtes en strawe wat opgele word deur die MRK.

KanekVra? ·

Alles goed en wel. Ek wil sien of die hudige regstellende aksie wette in die praktyk, ooit verander sal word. In elkgevalk is dit 25 jaar waar mense, benadeel is op grond van ras. Die huidige regering sal nie sommer verander nie. Daar is ‘n soveel skade die afgelope 25 jaar gedoen, dat daar opheffing onder arm benadeelde blankes sal moet plaasvind. En huidige maatskappye wat in die apartheidsjare, ryk geword het op die blanke se rug, gaan blankes help? Ek twyfel.

Probleem ·

Not all men are created equal…dus oor 100 jaar gaan daar nie gelykheid wees nie

humor ·

Pres Trump ons kort nog n heelpaar twiete. Solidariteit ek haal hoed af en se baie dankie. Ja ons is opgewonde met n klomp vraagtekens.Een van my vra is hoe gaan ons arbeidsverhoudinge wees. Wittes in hoeer poste se gesag sal sekerlik op die meeste terreine nie erken word nie, en die ondergeskiktes sal sekerlik moeilike tye beleef

Afrikaanse Knaap ·

Na my mening is regstellende aksie rassisties en bereik niks nie. Niemand wen nie. Niemand wil in SA investeer nie want ons het ‘n baie duur meestal onbevoegde werks mag.

Jerry ·

Baie geluk. Soos ons egter weet sal die oorwinning van korte duur wees en gaan dit die ANC slimmer maak. Die ANC sal die studieverslag bestudeer om te kyk waar hulle dit kan teenstaan. Wetgewing wysigings sal aangebring word waar nodig omrede die uitslag indruis teen die NDR se transformasie doelwitte en regstellende aksie programme.

Eish ·

Dit is my vrees ook.
Laat my dink aan die fliek ” Tremors” waar die koningsgrootte sandwurms met elke aanslag leer en telkemale met nuwe taktiek vorendag kom.

Willem ·

Ala Julius, dié is ‘n kortkop agter, hap so aan die hakskene?

$ ·

MRK: “huidige beleid is ongrondwetlik.”
CR/ANC: “geen probleem, dan verander ons net die grondwet – dis maklik, kyk hoe vorder ons reeds met die klousules mbt grondonteiening sonder vergoeding!”

Pinochio ·

Dit sal ook goed wees as daar na rassistiese besluite MBT die toekenning van studie beurse en veral toegang tot plek in universiteite ens gekyk kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.