Regstreeks: Chaos breek uit in parlement

CaptureChaos het Donderdagmiddag in die Nasionale Vergadering losgebars nadat LP’s van die DA en EFF geweier het om instruksies te neem van Baleka Mbete, speaker van die parlement.

Mbete het Mike Waters, adjunkhoofsweep van die DA, beveel om die Nasionale Vergadering te verlaat nadat hy herhaaldelik haar instruksies geïgnoreer het. Waters het egter geweier. LP’s van verskeie opposisiepartye het hierna opgestaan en vir Mbete gesing: “Jy moet gaan”.

Volg die sitting regstreeks hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

CAV ·

Ons parlement is n vernedering vir ons land. Niks om op trots te wees nie

Kobus Kirsten ·

So moet ons jaar na jaar hoor hoe verbruikers meer spandeer as die vorige jaar.Op die ooreenstemmende tyd na vanjaar koop verbruikers glo 1.7% meer. Dan word uitgebasuin hoe ons meer en meer in die skuld raak.Ons koop te veel op skuld glo. Hulle vertel nie die publiek daar is miljoene buitelanders wat bydra tot die syfers nie.Die omset moet mos styg. En so gaan die pryse op en op. Ja die mense raak in die skuld want heel moontlik koop hulle minder maar betaal baie meer maar die buitelanders gee meer omset.

Erik Snyman ·

Die ANC moun oor toerisme opvoeding maar met hulle nuwe emmigrasie wet gaan toerisme afneem. Hulle moet begin komenukeer in die ANC.

Alwyn Beetge ·

Parlementere optrede getuig meer van n sjebeen of n dronk plot “fight”op n Saterdagaand. Onopgevoede kaders is om van skaam te word.

Louis ·

Kommaan vriende, sit agteroor en geniet die sirkus !! Dis gratis !!! (Min wat jy iets gratis kry !)

Eugene ·

Hoe vinniger die land verval hoe beter. Die stadige valing van alles sit mense in n koma onbewus van hoever dinge verval het.
Die massas sal nie ophou stem vir die ANC nie. Dis n emosionele ding wat vir hulle se , die ANC groep het my bevrei.
Ongeag wat die opposisie doen, wanneer die son sak en die stembusse uitkom gaan dit nie vir hulle oor wie die beste kan doen nie, wie die beste man vir die taak is nie, hoe erg dinge eintlik is in SA nie, hoe ver die vervalling reeds gebeur het.
Dit gaan oor n “hive mentaliteit” wat heers in hul gemoed.

Vir hulle sal net nuwe leiers binne die groep goed wees. Aanvaarbaar wees. Daar is net nie begrip of integriteit wat heers as n voorvereiste binne die leiers nie. Dit is eenvoudig nie die stof waarvan hulle gemaak is nie. Die saak is nie ingewikkeld nie. Dis eenvoudig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.