Video: DA vs. VF Plus oor Afrikaans, taalregte

da-teen-vfplus-logos

Die DA en VF Plus sê mekaar vandag die stryd aan oor taalregte, Afrikaans en die verkiesing. Skakel in vir die regstreekse uitsending van die debat op Maroela Media se Facebook-blad. Argieffoto.

Maroela Media se lesers kan hier die regstreekse uitsending van die debat tussen die VF Plus en die DA oor die beskerming van taalregte en Afrikaans volg.

Albei politieke partye maak aanspraak daarop dat hulle dié party is wat werklik omgee vir Afrikaans. Hulle onderneem ook om hulle te beywer vir die beskerming van jou taalregte indien jy vir hulle stem.

Dr. Annelie Lotriet (voorsitter van die DA in die Vrystaat) en dr. Corné Mulder (hoofsweep van die VF Plus) sê mekaar die stryd in hierdie debat aan.

Die gesprekleier, Paul Maritz, stel ook jóú vrae aan die twee debatsdeelnemers tydens hierdie onderhoud.

Wie sal die pyp rook? Sal hierdie partye jou kan oortuig van hul standpunt? Het hulle antwoorde op jou vrae oor die verkiesing? Luister hier om te hoor wat die partye se standpunte is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Allan ·

Corne Mulder – jy is ‘n yster. Baie standvastig, eerlik en opreg. Jy het my Stem

Johan ·

VF bly tog net weg van DA asb. DA en anc die selfde. Alles gaan oor mag en geld

Judge Dredd ·

Dankie, net jammer dat bittermin oor taalregte gegaan het.

Alfonso ·

VF+ julle moet maar plekkie maak vir Dr Lotriet in julle party, sy klink asof sy beter by julle hoort as by DA want sy en die DA stem nie ooreen

Josua Keys ·

Steenhuizen(DA), sal net so ‘n groot aanwins wees, dit het tyd geword vir die DA om terug te kom aarde toe en besef dat SA n baie grooter problem het as om die ANC, EFF se voute uit te wys ons het n party nodig wat Almal se belange aanspreek en daarom wil ek ook byvoeg, VF+ maak maar n regmertjie agter my en familie se name!

Andre Coetzee ·

DA julle het my stem lankal verloor.Hallo VF+ ek stem vir julle.

Ook oorgestap na VF ·

Ek en meeste van my vriende het ook nou oorgestap, die DA werk nou ons uit en net die VF skaam hulle nie oor ons nie.

Richter ·

@Cobus: Hulle oplossing is dalk werkbaar, en werp vrugte af waar hulle die kans gegun word, maar hulle is verseker nie die “enigste party met ‘n werkbare oplossing” nie. In teendeel, daar is partye met beter oplossings.

As jy verwys na hul aansienlik groter ondersteuningsbasis, verbeter dit ongelukkig nie hul “oplossings” nie.

Jan ·

Dink die DA mense is onnosel, julle kan nie nou probeer voorgee as jul rekord die teenoorgestelde spreek in praktyk. Corne, was beslis voorberei – welgedaan VF+

Marietjie Blignaut ·

Sjoe dr Corne, jy het die vloer met haar gesmeer. Duidelik stem hul teorie op papier nie saam wat op voetsoolvlak aan die gang is nie. Hul eertydse parlementslede weet glad nie wat se uitsprake hul leier doen en waaraan hy glo nie. Wonder hoeveelste is dr Lotriet op hul kanditate lys? Kiesers moet kundig raak en kyk op hul lyste wie hul met hul kruisies gaan instem vir parlementslede en wetgewerlede……. Dink daar wag groot verrassings vir eertydse DA kaders. Hul is almal deesdae kaders met die ANC-LITE beleid.

J ·

Jy’t n reg om te stem, en n reg om nie te stem nie. Ek dink dié jaar gaan ek vir n klein party stem wat nog beginsels het, n party wat my belange op die hart dra. Dis nié die DA of VF+ nie.

VF+ Ondersteuner ·

Ek was tog teleurgestel in Dr Mulder se afsluitingsrede.
Ipv om die Afrikaanse saak berekend te bevorder, was die eerste helfte van sy laaste vier minute net gebruik om redelik aggresief (Slaan Terug??) die DA aan te val oor hulle LIEG stories.
Ja ons weet dit, maar persoonlik voel ek dat ‘n gulde geleentheid verspeel is vir die groter saak – dit het my selfs bietjie verlee laat voel. (Of is die die vlak waarop ons leiers moet reageer? Ek weet nie.)

Therese van Schalkwyk ·

So verskil opinies, want ek het dr. Mulder se laaste standpunt as baie sterk en uiters nodig gevind.
Die DA is wat die Afrikaanse taal betref só opportunisties dat dit eintlik lagwekkend is.

Therese ·

Groot plesier! :-)
Die wyse waarop dr. Mulder sy opponent meer as een keer gekomplimenteer het met haar geesdrif vir Afrikaans was treffend en baie beleefd.
Afrikaans is egter vir die DA as party geen prioriteit nie. Die bewyse lê hemelhoog gestapel, soos duidelik uit die debat geblyk het.

Marietjie Blignaut ·

Dink net die VF+ is so uitgelewer aan DA se leuens dat dr Corne werklik breekpunt bereik het. Dr Lotriet is duidelik onkundig oor hul manifes..
papier us geduldig. Jammer dat die Maimane se verering vur Winnie Mandela nie te berde gebring is…….

Siener ·

Wahoo—- Wat kan ek nog sê—Hoera
Dankie aan Maroela vir die geleentheid vir die VF+ om die arme DA op hulle plek te sit.
Ek kan nie glo die DA is so agteraf in baie van die vrae nie asof sy te bang was om haar eerlike opinie te gee. Ek dink nie die DA was onvoorbereid nie ek dink net hulle denkwyse is verkeerd.
VF+ julle het my stem.

Hans ·

Nog nooit DA hoor Afrikaans in parlement (e) of media gebruik nie. Waarom debateer oor taal, as hul voirstander van geforseerde etniese amalgamasie beleid is, met 1 SA vir almal, met Engels as enigste amptelike taal? DA = Cape party van voor ABO.

Corne Potgieter ·

Wat van Mr. Musi se white privelage aanmerkings die naweek in Pretoria

Siener ·

Musi, Musi wie??? Hy het nie eers die guts gehad om met Dr Mulder te kom redeneer oor taalregte nie. Sy dink en redenasie vermoee is maar beperk. Hy kruip seker agter sy black privelage weg.

Johan ·

Die Cape party het n goeie beleid in my opinie. Ten minste het hulle belangstelling in die wes kaap. Lyk my die VF+ en die res voel n veer vir dié provinsie. DA het ons ook versaak.

Leon ·

Siener, om met die Mulders en Groenewald debat te voer is soos ‘n debat met spoke êrens in ‘n begrafplaas in die middel van die nag.

Josua Keys ·

Maroela ek hoop julle laai asb die debat op youtube vir ons wat dit nie kon volg nie, GROOT asb!!!!!

Dries du Toit ·

Arme prof Lotriet. Sy is so goedgelowig dat sy nie eers agterkom dat sy namens die DA klomp leuens verkondig nie. Nou wonder ek hoeveel leuens hulle verkondig oor Patricia de Lille. Hulle gaan gou bekend staan as die lieg party

Aster ·

Ek weet nie, ek weet nie, ek weet nie…hoe op dees aarde gaan die DA ALMAL in die reënboog nasie kan akkommodeer? Dink mooi hieroor. Daar is na my mening net te veel diversiteit op grond van kultuur, taal en geloof…ek kan nie verstaan hoe almal onder 1 kamp geskeer kan word nie, ons kon in 25jaar nooit een wees nie. Kom ek gee gou nog ‘n ander voorbeeld…sit jy nou terug die christelike waardes in skole….dan is ander mense nou alweer onteverde want dit bots met hulle gelowe en dan is die ander partye en kultuur groepe nou weer ongelukkig. Nou hoe gemaak om almal te akkommodeer?

Realis ·

Aster jy bly ongelukkig in n land wat verskeie kulture voorkom . Jy het nie n keuse nie daarna moet n manier gevind word waar all kulture saam Kan leef enverdraagsaam sal week teenoor Ander Ons het nie n keuse ons moet

Richter ·

@Aster: Hier is die een kam om almal oor te skeer, selfs al verskil hulle: solank jy ander nie skade berokken nie, kan jy doen wat jy wil. Dit is hoe mens vryheid in diversiteit kry.

As jy ‘n Christelike skool wil oopmaak, moet jy dit kan doen. En ander (soos ek) kan eerder ‘n godsdiensvrye skool ondersteun. Dieselfde gaan vir taal, kultuur, ens.

Die oplossing is dus om alle groepe toe te laat – selfs die waarmee jy nie saamstem nie – eerder as om die “kleinste gemene deler” van alle groepe te probeer vind en slegs dit toe te laat (soos die DA dit sien).

Live and let live. Die idee dat almal die “reg” het om aan enige groep te behoort, is nonsens en onnodig.

Judge Dredd ·

Enige party wat beweer hy is vir alle mense kan nie vir minderhede wees.
Want “obviously” is die meerderheid nie die minderheid.

Michelle O. ·

Ek was van plan om DA te stem but it aint’ happening after what I heard today!

JWC ·

Na die DA leier en jeugleier se verskeie ant–wit uitsprake wil ek net sê: V’tsek – Humba DA!! Nie enige regdenkende wit persoon moet ooit dink dat die DA (ANC Lite) na die verkiessing dieselfde aandag aan hulle sal gee nie!! VALS!! En die storie dat hulle die ANC uit die Weskaap kan weghou… DA, skuus, julle verdien dit eenvoudig nie meer nie!! Ek stem liewer vir die klein niksseggende witminderheidsparty as om ‘n dag langer VALS te wees en VALSE hoop vir my velkleurmense the hê.

Chris Venter ·

Uitstekend vir die VF+, Die DA jaag stemme en sal hulle sielle verkoop vir ‘n mederheid. Dis jammer dat die dame wat vir die DA praat eintlik totaal geensins ondersteun word deur haar party se beleid nie. Miskien as genoeg mense vir die VF+ stem sal hulle genoeg mannekrag he om orals uittekom en ek glo as die VF+ die verteenwoordiging het wat die DA geniet deur mense wat eintlik die VF+ se waardes ondersteun , daar al ‘n werklike verskil was vir minderheids groepe. Kyk net wat doen die VF+ alreeds met die % stem wat hulle hudiglik het. Stem jy vir die DA dan is jy dalk gelukkig as die mederheid van die DA jou waardes verteenwoordig. Stem jy vir die VF+ is jy verseker jou waardes word verteenwoordig. My stem is VF+.

Alfonso T. Tiesbrei ·

Die toekoms van SA poletiek le in klein partye. N twee party sisteem, soos wat die DA dink in SA heers (ANC vs DA), is nie gesond nie.

‘n Parlement waar daar ANC, DA, EFF, VF, ACDP, ZACP, COPE ens. MP’s is, is baie gesonder.

Dus stem ek nie vir die grootste alternatief nie, maar vir die party wat my waardes deel (Afrikaans, konserwatief, Christelik en pro-wapens).

kolla ·

Baie beindruk met hierdie Lotriet-vrou. Die DA het darem maar skitterende verteenwoordigers op alle vlakke.

Akademiese ifoortorings niksseggend ·

Die linkse akademici van vandag gaan nog die westerse wereld se einde beteken. Ek vertrou haar niks.

Liza ·

Ai tog, soveel kosbare energie wat vermors word. Begin eerder werk aan ‘n Volkstaat waar Afrikaans gehandhaaf kan word en Afrikaners sal groei. Ons debateer op die kantlyn terwyl ander mense die reëls maak.

kolla ·

Toe Lotriet sê dat VF+ lieg dat DA beleid het van onteiening sonder vergoeding, was Mulder platgeslaan, uitklophou.

Richter ·

Dr. Mulder was nie ‘n geleentheid gegun om te reageer op daardie aantuiging nie. Dis nou nie regtig wat mens ‘n “uitklophou” kan noem nie. Laat ons nou nie so dramaties wees nie.

Nietemin as Dr. Lotriet se aantuiging waar is, is dit ongegrond van die VF+ om te beweer dat die DA onteiening sonder vergoeding ondersteun. Dit is wel waar dat die DA steeds rasgebaseerde beleide voorstaan m.b.t. grondherverdeling, SEB, ens. Dis alreeds genoeg rede om hulle nie te ondersteun nie.

kolla ·

Dis geen geheim dat die VF+ hierdie verkiesing probeer het om DA stemme te koop deur leuens te versprei nie soos dat DA onteiening sonder vergoeding steun nie. Mulder het nie kommentaar gelewer nie want hy was skaam dat hy uitgevang was en nie geweet het wat daarop te sê nie, hierdie gaan al vir ‘n lang tyd aan. Nogal komende van ‘n party wat Christelike beginsels voorstaan dan lieg hulle so openlik vir kiesers. Sies, VF+.

Dries du Toit ·

Aag kom nou. Platgeslaan . Lotriet het nooit eers op gestaan nie . Vandaar die uitdrukking dr Mulder het die vloer met haar gevee. Jy moet maar nie baie grysstof he om dit nie te sien nie

kolla ·

My neutrale punte toekenning bloot op grond van die debat (ek gaan waarskynlik nie vir een van hierdie partye stem nie). Lotriet – 7 ; Mulder – 4. Jammer om te sê maar Dr. Mulder het vir my bietjie verwaand en kriewelrig voorgekom. Dr. Lotriet koel, kalm en berekend.

kolla ·

Mulder het gekom om te baklei terwyl Lotriet die onduidelikhede kalm uit die weggeruim het sonder om koppie te skud en terug te kabbel, ens. VF+ moes eerder vir Pieter gestuur het.

Armand ·

Insigewende debat. Ek is baie beindruk met die deeglike voorbereiding van die VF+. Dr Mulder se feitlike debatvoering was tipies soos wat ons van hom gewoond is en ek dink die DA kan hulle skoene agter Dr. Lotriet aangooi vir die houe wat sy namens die party gevat het. Dit is vir my duidelik dat die DA met bangmaak-politiek probeer stemme werf wat ongelukkig nie volhoubaar is nie. Die DA se voor verkiesing leeuns and halwe-waarhede is duidelik ontbloot en ek verwag ‘n skerp styging in die VF+ se stemme. Dankie aan Maroela Media vir die inisiatief. Ek sal graag soortgelyke debatte wou sien met ANC oor byvoorbeeld die grondkwessie ens.

kolla ·

Lotriet het al die vermeende “leuens” waarvan Mulder praat baie duidelik opgeklaar. Die enigste party wat lieg is die VF+ wat propageer dat die DA onteiening sonder vergoeding steun. Skaam hul nie hulself om so openlik te lieg nie? Sies.

Johan ·

Dr Mulder. Raak soos malema. Stook ons paar wiites op. Belowe ons alles. Solank VF+net wen en DA se gat skop.Dr Mulder jys n yster

Koosie ·

Julle kan my posts maar delete ek mind gladnie. Punt is ons het baie groter probleme as taal om uit te sorteer voor ons aan taal asndag jan gee en as mens rerig hard da oor dink sal als reg kom sodra n ander party in bewind kom en fi VF al vote al die wittes vir hulle sal hulle seker nog steeds 2 uit elje 32 vergadetings bywoon en taal as hulle verkoop punt gebruik. Taal gaan die land nerens bring nie. Sluit die diewe toe kry die krag petrol werk en talle ander dinge in orde dan sal als in plek val. Die VF sal NOOIT rigeer hier nie. Stem vir wie julle wil maar hou op moan as dinge nie uitwerk oor die verkeerde mense stemme kry nie.

Gys ·

Ek het die debat ongelukkig gemis weens omstandighede en sal dit baie waardeer as Maroela Media dut vir ons op Youtube beskikbaar kan stel.

DA BO ·

???Waarheen sal ons gaan as die DA nie meer die weskaap beheer nie. Nou gaan dit goed, maar as hulle moet verloor weet ek nie so lekker nie. VF+kan geen provinsie wen nie. Al stem elke liewe witte( babas inkluis ) vir hulle. ONS IS TE MIN. So ek sal maar bid so al ek kan die DA bly ten minste hier aan die stuur.

Judge Dredd ·

Die Kaap wou mos nie die boere state ondersteun.
Die liberales val gedurig my taal, my kultuur en my onafhanklikheid aan.

Kry maar vir julle.

M ·

Baie goeie debat dankie, maar DA het my stem verloor. Vryheidfront kry nou my stem

Boer ·

Ek dink Lotriet was baie moedig om in hierdie debat in te gaan want daar is absoluut geen gronde dat die DA vir minderheids- en taal regte staan nie. Die naam DA se al dat hulle net sal implementeer wat die meerderheid in belang stel.

Mulder het bietjie klei getrap oor die ander sake maar een ding is seker en dit is dat hierdie verkiesing vir die eerste keer daar gestem moet word vir die party wat jou waardes deel want die DA sal altyd doen wat die meerderheid wil he: vandag is dit afrikaans en goed praat van die huidige blatante rassistiese diskriminasie en more is dit godsiens uit skole en verdere beperking van vryheid van spraak na godsdiens aangeleenthede.

Stem vir die party wat jou waardes deel. Die DA maak dieselfde fout as die ANC wat probeer het om alles vir almal te wees en toe maar eerder net vir hulle eie sak te staan.

Josua Keys ·

Maroela dankie vir die debat wat julle vir ons na die tyd ook beskikbaar gestel het JULLE IS YSTERS, dankie mnr Mulder vir wat die VF+ voor staan u het dit presies verduidelik, Ek stem heeltemal saam dat geen een party SA sal kan regeer nie daar is ongelukkig net teveel verskille en kulture en die enigste manier is om almal om dieselfde tafel te kry en elkeen se belange te respekteer en daarvolgens n strategie uit te werk wat vir almal sal werk, mev Loriet is beslis in die verkeerde party en sy weet dit maar te trots om dit te erken ongelukkig n kwaal by ons Afrikaners, dieselfde met John steenheizen julle alby weet wat die regte ding is om te doen, sluit aan by die VF+ en help asb om SA uit hierdie hell hool uit te haal, Cope is meerderheid swart net so ook die ACDP, en hulle almal wil saam die VF+ werk ek hoop net Holomisa IFP en DA wil wakker skrik uit hul ZUMA en RAMAPHOSA nagmerrie en ook besef dat die pad vorentoe is om saam die VF+ en die genoemde partye te werk, as Koalisie teen die ANC, EFF gaan julle onstuitbaar wees en saam n nuwe SA vir almal bou. swart, wit bruin en indier mense is moeg vir die ANC en EFF asook BLF se snert en wil verandering sien gebeur en gou ook.

Wildeboer ·

Joshua, die VF+ sal bars om drie mense parlement toe te stuur.

Richter ·

Dit was nou heel interessant! Ek wens daar was meer sulke debatte, tussen verskillende partye, sodat kiesers beter ingelig kan word. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.

Ek kon Dr. Lotriet slegs een groot punt (en ‘n paar kleintjies) toestaan. Dit was oor individuele regte vs groepsregte. Ek sou baie graag Dr. Mulder se reaksie wou hoor, want hy het redelik ontsteld gelyk daaroor. Tog is dit so dat groepsregte juis gebaseer is op individuele regte, en beskerm word deur die waarborg van vryheid van assosiasie (“om deel van ‘n groep te wees”), soos verskans in die grondwet.

Kort voor lank slaan Dr Mulder dan terug (ha!) wanneer hy wys hoe die DA ook nie werklik vir individuele regte staan nie, deur Engels in die naam van toeganklikheid te ondersteun. Selfs op plekke waar Afrikaans die meerderheidstaal is. Dit is ook ‘n weerspreking vir die DA om te beweer dat dit vir individuele regte staan, terwyl dit homself met baie van die hedendaagse identiteitspolitiek (groepspolitiek) soos SEB bemoei.

Die populistiese argument van Dr. Lotriet dat die DA die enigste “werklike alternatief” is, is uiters misleidend. Dit kan selfs as anti-demokraties gesien word. Met die DA se groot steun is dit NOG belangriker om meer steun aan hul moontlike aliansievennote (VF+) te verleen. Sodoende kan die DA “eerlik” gehou word, sal hulle ook ander beginsels in ag moet neem, as slegs hul eie.

Boer ·

Die DA leier nodig altyd die ANC leier uit vir ‘n debat (hierdie verkiesing ook) maar die ANC staan dit nooit toe nie want hulle weet hulle sal nie hond-haar afmaak nie.

Maar ek stem – dit is presies wat fout is in ons politiek. Daar is nie meer debatte nie en veldtogte word rondom leiers gebou. Dink maar aan die ANC se aaklige plakkaat met die grynsende Cyril daarop.

EP ·

Ons moet saam staan vir ons nageslagte om Afrikaans ons moedertaal te beskerm en voort te laat bestaan. Eerste begin by jou huis Praat Afrikaans, jou kinders/kleinkinders leer hul Afrikaanse woorde nie die gemengde woorde en sinne nie. Ons doen ondersoek vir Gesinsgeweld en tot by Maatskaplike dienste en howe word ons gedwing om verslae en verklarings in Engels in te dien DIT IS BOG EK WEIER, EK HET NET SOVEEL REG AS ANDER OM IN MY MOEDERTAAL GEDIEN TE WORD ! SO JAMMER VIR JOU WAT IN DAAI DEPARTEMENTE / INSTANSIES EN HOWE SIT EN NIE AFRIKAANS KAN LEES OF VERSTAAN – DAN HOORT JY NIE IN DAAI POS. KRY N WOORDEBOEK EN BEGIN AFRIKAANS LEER EN PRAAT.

Wilma ·

Jammer vir jou, EP. Jy sal geen diens ontvang nie. Jy sal eerder gehelp kan word in Zoeloe of Sotho. Jou kleinkinders sal wel vlot wees in Engels, want hulle sal slegs in Engels onderrig word.

kolla ·

Die beste deel van die video is waar Lotriet vir Mulder vastrap vir die leuen dat die DA kwansuis onteiening sonder vergoeding ondersteun. Sy draai so na Mulder toe en sê “waar kom julle daaraan?” Hou bietjie Mulder se reaksie dop, kan haar nie in die oë kyk nie en draai sy gesig weg. Priceless.

Johan Pretorius ·

Die Afrikaanse DA ondersteuners moet net die volgende onthou:
1) Julle is n minderheidsgroep.
2) Op die stadium is die DA verlee oor julle stem.
3) Daar gaan n dag in die toekoms kom wanneer die DA nie meer verlee is oor julle
nie want hulle het dan nie meer julle steun nodig nie.

Katryn ·

Kanse is goed dat meer Afrikaners vir die DA en ander partye sal stem as vir die VF+. Die VF+ het stoom verloor en moet vernuwend begin dink oor die Afrikaner se toekoms. Die VF+ se retoriek sal nie die meerderheid Afrikaners lok nie. Met ‘n nuwe en inspirerende leierskap kan die VF+ dinge omdraai en meer Afrikaners lok.

VF Stoommsterker voort ·

Geen stoom verloor nie, die VF het meer stoom opgebou deur die jare as enige ander party wat net Lee beloftes maak.

Liza ·

Stoom opgebou met vier mans in die parlement? Terloops, daar het ook dadels gekom van die beloftes om te werk aan ‘n Afrikaner volkstaat. So, dit was ook leë beloftes. Nou verwag hulle om meer te stemme te kry.

Wine ·

Ek kon nie besluit vir wie om te stem hierdie jaar nie… Het nog altyd DA gestem. Na hierdie debat, stem ek beslis DA. Die VF + kom kleinlik voor. Jy kan nie jouself beter laat lyk deur ander sleg te maak en aan te val nie.

Andreas ·

Stem met jou gewete, stem vir waaraan jy glo en wat dierbaar en reg vir jou is, as die persoon se styl jou pla, stem vir die party.

Dit laat my nou aan die ANC dink wat as party ‘n kollosale probleem met hul integriteit het, so hou hulle Cyril voor as die rein vleklose een en vra dat die mense vir hom stem, kyk maar na hul plakkate, so probeer hulle die probleem omseil, en die mense sal nogal na daardie advies luister.

kolla ·

Of ‘n ander party beskuldig van leuens en dan self lieg. ‘n Own goal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.