
Die DA en VF Plus sê mekaar vandag die stryd aan oor taalregte, Afrikaans en die verkiesing. Skakel in vir die regstreekse uitsending van die debat op Maroela Media se Facebook-blad. Argieffoto.
Maroela Media se lesers kan hier die regstreekse uitsending van die debat tussen die VF Plus en die DA oor die beskerming van taalregte en Afrikaans volg.
Albei politieke partye maak aanspraak daarop dat hulle dié party is wat werklik omgee vir Afrikaans. Hulle onderneem ook om hulle te beywer vir die beskerming van jou taalregte indien jy vir hulle stem.
Dr. Annelie Lotriet (voorsitter van die DA in die Vrystaat) en dr. Corné Mulder (hoofsweep van die VF Plus) sê mekaar die stryd in hierdie debat aan.
Die gesprekleier, Paul Maritz, stel ook jóú vrae aan die twee debatsdeelnemers tydens hierdie onderhoud.
Wie sal die pyp rook? Sal hierdie partye jou kan oortuig van hul standpunt? Het hulle antwoorde op jou vrae oor die verkiesing? Luister hier om te hoor wat die partye se standpunte is:
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
73 Kommentare
Da julle het my stem verloor
Corne Mulder – jy is ‘n yster. Baie standvastig, eerlik en opreg. Jy het my Stem
Dankie, net jammer dat bittermin oor taalregte gegaan het.
VF+ julle moet maar plekkie maak vir Dr Lotriet in julle party, sy klink asof sy beter by julle hoort as by DA want sy en die DA stem nie ooreen
DA julle het my stem lankal verloor.Hallo VF+ ek stem vir julle.