Regstreeks: Gedenkdiens vir Brink-kinders

Dr Brink en sy vrou, Lise en hul kinders. Links onder is Rachel, baba Daniël, André, Johann en agter hom Mieke.

Dr Brink en sy vrou, Lise en hul kinders. Links onder is Rachel, baba Daniël, André, Johann en agter hom Mieke.

  • Die regstreekse uitsending is nou verby

ʼn Gedenkdiens word Sondag in Pretoria gehou vir die Brink-egpaar, dr. Danie en Lise, se twee kinders, André (13) en Rachel (8), wat in Desember in ʼn tragiese motorongeluk gesterf het.

Dr. Jacobus de Koning van die Brinks se gemeente, die Antipas Gereformeerde Baptiste Kerk, neem die diens waar en sal preek uit Efesiërs 1.

Die gedenkdiens vind om 14:30 in die ouditorium van die Hatfield Christian Church (HCC) plaas.

Volg die diens regstreeks hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sonja ·

ek luister na d huldeblyk en wil byvoeg dat ek een keer gehoor het, “dissipliene is om jou kind sosiaal asnvaarbaar te maak vir die samelewing” Andre het vir my na so n kind geklink, rus in vrede kinders.

Celia Tjaden ·

Wil net baie dankie se Maroela dat julle die diens lewend vir ons gegee het, dit het baie vir my beteken en ek is seker vir ons almal. Ons is almal saam in Sy Hand saam met die Brink gesin. Ons harte is so seer en ons verstaan nie, maar ons weet ons Vader hou ons vas in Sy absolute liefde. Aan Hom al die eer.

Marianne ·

Baie dankie dat ons kon deel in die Diens….was voorwaar n besonderse Boodskap…..baie sterkte aan die familie vorentoe julle bly in ons gedagtes en gebede….seënwenwense

Sue ·

Sterkte aan die gesin. Mag Jesus hul Voetspore wees, mag Hy hul omvou in Sy vertroosting.

Marie Szewzyk ·

Dit was die mees verklarende boodskap oor dood en lyding wat ek nog gehoor het. Baie dankie Dr Jacobus de Koning. Die getuienis oor die 2 pragtige kinders, sê vir my, hulle was meer as gereed om na ons Hemelse Vader te gaan. Ek bid God se vertroosting oor hulle wat treur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.