Regstreeks: Jongste verkiesinguitslae

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria op stemdag. (Foto: Tania Heyns)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is besig om die stemme te tel ná Woensdag se nasionale en provinsiale verkiesing.

Maroela Media sal gereeld die jongste verkiesingsuitslae hier beskikbaar maak. Onthou om die bladsy gereeld te herlaai om die jongste uitslae te sien.

Teen Vrydag om 17:00 het die situasie só gelyk:

Nasionaal is amper 93,65% van die stemme getel met die ANC wat 8 965 415 (57,74%) van die stemme het, gevolg deur die DA met 3 207 168 (20,66%) en die EFF met 1 628 729 (10,49%). Die IVP is steeds in die vierde plek met 542 150 (3,49%) gevolg deur die VF Plus met 358 004 (2,31%).

Intussen het die ANC die 50%-merk in Gauteng verbygesteek. In dié provinsie is net meer as 77% van die stemme klaar getel. Die ANC het tans 1 783 352 (53,47%) gewerf teenoor 816 455 (24,48%) stemme vir die DA. In die derde plek is die EFF met 442 806 (13,28%) stemme, gevolg deur die VF Plus met 129 202 (3,87%).

Die tel van stembriewe in die Vrystaat vorder ook fluks – 86,66% van die provinsie se stemme is reeds getel. Tans het die ANC 489 751 (63,63%) stemme opgeraap, gevolg deur die DA met 126 727 (16,47%), die EFF met 88 091 (11,45%) en die VF Plus met 28 952 (3,76%).

In Limpopo is meer as 91% van die stemme klaar getel en dit lyk in die stadium seker dat die EFF die amptelike opposisie in die provinsie gaan wees. Die ANC het reeds 1 037 937 (77,09%) van die stemme ontvang, gevolg deur 175 498 (13,04%) vir die EFF. Die DA is ver agter met 71 357 (5,3%) stemme, gevolg deur die VF Plus met 21 659 (1,61%).

In KwaZulu-Natal is die telproses byna afgehandel met 93,76% van die stemme wat reeds getel is. Hier staan die ANC tans op 55,19% steun, gevolg deur die IVP met 15,2%. Die DA het tans 14,1% steun in die provinsie, die EFF 9,83% en die NFP 1,4%.

Teen Vrydag om 14:20 het die situasie só gelyk:

Nasionaal is amper 89% van die stemme reeds getel met die ANC wat 8 287 277 (57,29%) van die stemme het gevolg deur die DA met 3 060 568 (21,16%) van die stemme en die EFF met 1 488 082 (10,29%) van die stemme. Die IVP is steeds in die vierde plek met 509 284 (3,52%) van die stemme gevolg deur die VF Plus met 343 146 (2,37%) van die stemme.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in die Wes-Kaap het intussen aangekondig dat die DA die meeste stemme in dié provinsie verwerf het en dus in beheer bly in die Wes-Kaap.

In Noordwes is al 1 733 kiesstasies se stemme getel en bly die ANC in beheer van die provinsie nadat die party 590 780 (61,87%) van die stemme gekry het. Die EFF is die nuwe amptelike opposisieparty in die provinsie met 178 013 (18,64%) van die stemme gevolg deur die DA met 106 744 (11,18) van die stemme.

In die Noord-Kaap is al die stemme ook reeds getel en bly die ANC in beheer met 228 265 (57,74%) van die stemme gevolg deur die DA met 101 198 (25,51%) van die stemme en die EFF met 38 527 (9,71%) van die stemme.

In Gauteng is 68% van die stemme reeds getel en is die ANC steeds onder 50% met 1 377 584 (49,83%) van die stemme gevolg deur die DA met 775 252 (28,04%) van die stemme en die EFF met 391 785 (14,17%) van die stemme.

Die EFF is ook steeds tans die amptelike opposisieparty in Limpopo, Mpumalanga en Noordwes. Die DA is tot dusver die amptelike opposisieparty in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng en die Noord-Kaap.

In KwaZulu-Natal is 88% van die stemme getel en is die ANC voor met 1 596 521 (53,7%) van die stemme gevolg deur die IVP met 517 673 (17,41%) van die stemme en die DA met 408 924 (13,75%) van die stemme.

Teen Vrydag om 12:30 het die situasie só gelyk:

Nasionaal is amper 84% van die stemme reeds getel met die ANC wat 7 731 337 (57,08%) van die stemme het gevolg deur die DA met 2 919 065 (21,55%) van die stemme en die EFF met 1 373 566 (10,14%) van die stemme.

19214 van die 22 925 stemdistrikte se stemme is reeds getel en gefinaliseer. Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) was 90% van die stemme reeds teen 10:30 opgevang maar is dit nog nie gefinaliseer nie.

Die ANC se steun is steeds onder 50% in Gauteng met net meer as 63% van die stemme wat al getel is. Die ANC het aanvanklik meer as 50% gehad maar staan nou op 49,41% (1 259 186 stemme) met 1 750 van die 2 711 stemdistrikte wat reeds getel is. Die DA het 729 549 (28,63%) van die stemme en die EFF het 353 034 (13,85%) van die stemme. Die VF Plus is in die vierde plek met 100 557 (3,95%) van die stemme.

Die EFF is steeds tans die amptelike opposisieparty in Limpopo, Mpumalanga en Noordwes. Die DA is tot dusver die amptelike opposisieparty in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng en die Noord-Kaap.

In die Wes-Kaap is 98% van die stemme reeds getel en loop die DA steeds voor met 1 114 106 (55,65%) van die stemme. Die ANC is hier die tweede grootste party met 569 859 (28,46%) van die stemme gevolg deur die EFF.

In KwaZulu-Natal is die ANC ook voor met 1 400 970 (53,39%) van die stemme gevolg deur die IVP met 460 432 (17,55%) van die stemme en die DA met 368 903 (14,06%) van die stemme.

Teen Vrydag om 10:30 het die situasie só gelyk:

Die ANC se steun het onder 50% geval in Gauteng met net meer as 59% van die stemme wat al getel is.

Die ANC het aanvanklik meer as 50% gehad maar staan nou op 49,55% (1 182 486 stemme) met 1 633 van die 2 711 stemdristrikte wat reeds getel is.

Die DA het 679 374 (28,47%) van die stemme en die EFF het 332 702 (13,94%) van die stemme. Die VF Plus is in die vierde plek met 93 834        (3,93%) van die stemme. Daar is al meer as 20 000 bedorwe stembriewe in dié provinsie.

Die DA en ANC blaas veral in mekaar se nekke met die stemme wat sover uit die Tshwane-metro se stemdistrikte kom.

Die EFF is steeds tans die amptelike opposisieparty in Limpopo, Mpumalanga en Noordwes. Die DA is tot dusver die amptelike opposisieparty in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng en die Noord-Kaap.

In die Wes-Kaap is 97% van die stemme reeds getel en loop die DA steeds voor met 1 088 430 (55,27%) van die stemme. Die ANC is hier die tweede grootste party met 566 745 (28,78%) van die stemme gevolg deur die EFF.

In KwaZulu-Natal is die ANC ook voor met 1 217 608 (53,09%) van die stemme gevolg deur die IVP met 397 845 (17,35%) van die stemme en die DA met 338 473 (14,76%) van die stemme.

Nasionaal is amper 80% van die stemme reeds getel met die ANC wat 7 261 779 (56,93%) van die stemme het gevolg deur die DA met 2 795 951 (21,92%) van die stemme en die EFF met 1 286 894 (10,09%) van die stemme.

Teen Vrydag om 05:30 nadat byna 75% van die stemme getel is, het die situasie só gelyk:

Die het ANC meer as 6,7 miljoen (57%) van die stemme.

Meer as 17 000 van die 22 925 stemdistrikte is reeds getel met ʼn totaal van 11,7 miljoen geldige stemme en 165 000 bedorwe stembriewe. Die stempersentasie is 65,42%.

Die DA het sover meer as 2,5 miljoen (21%) van die stemme terwyl die EFF meer as 1.1 miljoen (10%) van die stemme gekry het. Die IVP lê vierde met net meer as 340 000 (2,89%) van die stemme en die VF Plus is vyfde met net meer as 290 000 (2,47%) van die stemme.

Die omstrede BLF kon tot dusver daarin slaag om net meer as 11 000 (0,09%) van die stemme te kry. Patricia de Lille se GOOD-party kon daarin slaag om al meer as 58 000 (0,5%) van die stemme te kry.

In die Wes-Kaap is 94% van die stemme reeds getel en loop die DA voor met net meer as ʼn miljoen (54,7%) van die stemme gevolg deur die ANC met 551 058 (29,18%) van die stemme. Die EFF is derde met 76 128 (4,03%) van die stemme.

In Gauteng is meer as 55% van die stemme getel en neem die ANC steeds die voortou met 1 110 431 (50,9%) van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 588 381 (26,97%) van die stemme en die EFF derde met 310 533 (14,23%) van die stemme.

In Limpopo is 58% van die stemme getel en is die ANC loshande voor met meer as 75% van die stemme. Die EFF is steeds tans die nuwe opposisieparty in dié provinsie met 14,1% van die stemme gevolg deur die DA met 5,53% van die stemme.

In Mpumalanga is die EFF ook tans die amptelike opposisie met 13,05% van die stemme terwyl die ANC voorloop met 69% van die stemme. Dieselfde geld in Noordwes waar die ANC met 62,5% voor is nadat 93% van die stemme getel is. Die EFF het 18,58% van die stemme en die DA het 10,70% van die stemme.

In die Noord-Kaap is meer as 97% van die stemme reeds getel en is die ANC voor met 57% van die stemme gevolg deur die DA met 25,89% van die stemme en die EFF met 9,57% van die stemme.

In die Vrystaat is meer as 64% van die stemme reeds getel met die ANC wat gemaklik voor is met 62% van die stemme gevolg deur die DA met 17% van die stemme en die EFF met 11,6% van die stemme.

In die Oos-Kaap is meer as 90% van die stemme reeds getel en is die ANC gemaklik voor met 68% van die stemme gevolg deur die DA met 16% van die stemme en die EFF met 7,7% van die stemme.

In KwaZulu-Natal is net meer as 60% van die stemme al getel en loop die ANC voor met 53% van die stemme gevolg deur die IVP (17,04%) en die DA met 15,26%.

Teen Donderdag om 22:30 nadat net meer as 67% van die stemme getel is, het die situasie só gelyk:

Topdrie partye:

Totale stemme vir die 10 grootste partye:

Teen Donderdag om 21:00 nadat net meer as 64% van die stemme getel is, het die situasie só gelyk:

Die ANC het 5 681 633 (56,66%) van dié stemme ontvang, gevolg deur die DA wat 2 267 256 (22,61%) van die stemme gekry het. Die EFF was met 982 350 (9,80%) van die stemme in die derde plek terwyl die IVP die VF Plus verbygesteek het vir die vierde plek met 269 224 (2,69%) van die stemme.

Die VF Plus was egter nie ver agter nie met 264 198 (2,63%) van die stemme. Die ACDP, GOOD, UDM, ATM en Cope het die res van die toptien partye uitgemaak.

In die Wes-Kaap is 90% van die stemme reeds getel en loop die DA voor met 977 558 (55,30%) van die stemme gevolg deur die ANC met 506 302 (28,64%) van die stemme.

In Gauteng is die stryd nog behoorlik aan die gang met net meer as 50% van die stemme wat getel is en die ANC wat tans die voortou neem met 1 019 241 (51.06%) van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 538 595 (26,98%) van die stemme en die EFF derde met 284 440 (14,25%) van die stemme.

In Limpopo is 43% van die stemme getel en is die ANC loshande voor met 76% van die stemme. Die EFF is egter tans die nuwe opposisieparty in dié provinsie met 13,04% van die stemme gevolg deur die DA met 5,77% van die stemme.

In Mpumalanga is die EFF ook tans die amptelike opposisie met 12,98% van die stemme terwyl die ANC voorloop met 68% van die stemme. Dieselfde geld in Noordwes waar die ANC met 63% voor is nadat 78% van die stemme getel is. Die EFF het 18,15% van die stemme en die DA het 10,40% van die stemme.

In die Noord-Kaap is 95% van die stemme reeds getel en is die ANC voor met 57% van die stemme gevolg deur die DA met 26,16% van die stemme en die EFF met 9,43% van die stemme.

In die Vrystaat is net minder as 60% van die stemme reeds getel met die ANC wat gemaklik voor is met 62% van die stemme gevolg deur die DA en die EFF.

In die Oos-Kaap is meer as 83% van die stemme reeds getel en is die ANC gemaklik voor met 68% van die stemme gevolg deur die DA en die EFF.

In KwaZulu-Natal is amper 50% van die stemme al getel en loop die ANC voor met 53% van die stemme gevolg deur die IVP (18,97%) en die DA met 12,78%.

Teen Donderdag om 19:30 nadat net meer as 60% van die stemme getel is, het die situasie só gelyk:

Topdrie partye:

Totale stemme vir die 10 grootste partye:

Teen Donderdag om 17:20 nadat meer as 53% van die stemme getel is, het die situasie só gelyk:

Topdrie partye:

Totale stemme vir die 10 grootste partye:

Só het die 10 grootste partye se uitslae gelyk na die 2014-verkiesing:

Teen Donderdag om 16:00 het die situasie só gelyk:

Nasionaal: 

  • Meer as 7 miljoen geldige stemme reeds getel.
  • Meer as 48% van stemdistrikte reeds voltooi.
  • Meer as 95 000 bedorwe stembriewe op nasionale vlak.
  • Die stempersentasie 65,35%

Topdrie partye:

Totale stemme vir die 10 grootste partye:

Provinsiaal: 

Gauteng:

Met meer as 1,4 miljoen stemme wat getel is, lyk die situasie so:

Wes-Kaap:

Met meer as 1,4 miljoen stemme wat getel is lyk die situasie so:

Vrystaat:

Met net meer as 340 000 stemme wat getel is lyk die situasie so:

Limpopo:

Met net meer as 370 000 stemme wat getel is lyk die situasie so:

Mpumalanga:

Met nagenoeg 650 000 stemme wat getel is lyk die situasie so:

Noordwes:

Met nagenoeg 490 000 stemme wat getel is lyk die situasie so:

Oos-Kaap:

Met meer as 1,2 miljoen stemme wat getel is lyk die situasie so:

Noord-Kaap:

Met nagenoeg 380 000 van die stemme wat getel is lyk die situasie so:

KwaZulu-Natal:

Met nagenoeg 750 000 van die stemme wat getel is lyk die situasie so:

Teen Donderdag om 14:00 het die situasie só gelyk:

  • Meer as 6 miljoen geldige stemme reeds getel.
  • Meer as 41% van stemdistrikte reeds voltooi.
  • Meer as 80 000 bedorwe stembriewe op nasionale vlak.
  • Die stempersentasie 65,46%

Topdrie partye:

Totale stemme vir die 10 grootste partye:

Teen Donderdag om 12:15 het die situasie só gelyk:

  • Meer as 5 miljoen geldige stemme reeds getel.
  • Meer as 36% van stemdistrikte reeds voltooi.
  • Meer as 68 000 bedorwe stembriewe op nasionale vlak.
  • Die stempersentasie 65,44%

Topdrie partye:

Totale stemme vir die 10 grootste partye:

Teen Donderdagoggend om 10:34 het die situasie só gelyk:

  • Meer as 4 miljoen geldige stemme reeds getel.
  • Meer as 7 000 (30,74%) stemdistrikte reeds voltooi.
  • Meer as 54 000 bedorwe stembriewe op nasionale vlak.
  • Die stempersentasie 65,29%

Topdrie partye:

Totale stemme vir die 10 grootste partye:

BLF het teen die tyd nog net meer as 2 600 stemme gekry. Front Nasionaal was kort agter BLF met amper 2 200 stemme.

Teen Donderdagoggend om 09:30 het die situasie só gelyk:

Nasionaal:

Totale geldige stemme: 3 436 994

Stemdistrikte voltooi: 6 245 (27,24 %)

Topdrie partye:

Teen Donderdagoggend om 08:40 het die situasie só gelyk:

Nasionaal

Totale geldige stemme: 2 994 010

Topdrie partye

Provinsiaal

Gauteng

Wes-Kaap

Vrystaat

Limpopo

Mpumalanga

Noordwes

Oos-Kaap

Noord-Kaap

KwaZulu-Natal

  • Inligting en grafika met vergunning van die OVK.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

209 Kommentare

Sue ·

Wel op die trand gaan die EFF vinniger in bewind kom as wat ons dink.

Gerrit ·

???…amper niks… mar die man praat soos asof hy reeds die president is… wonder waar is daai SAUK Hoofnar se telling?!

Andre ·

Andile van BLF het gese dat BLF gaan 10 seats kry.

Die enigste 10 seats wat hy gaan kry is 10 seats in die taxi oppad huis toe.
Of dalk 10 seats in die local Wimpy.

Acron ·

Oupa Cherokee is al weer besig om die pretensie van sy eie intellektuele belang te wil demonstreer.

Ellisras ·

Dit is nou tyd om vir ons die % as moontlike setels te gee, Dit is wat nou tel.

Elsa ·

Met al die bedrog, weet ek nie of ek die uitslae kan glo nie

Henry ·

Ek dink die IEC is gecapture. As die ANC so korrup is wie sê hulle het nie die IEC ook in hulle palms nie. Hulle het geweet dat hulle klaar die verkiesing gewen het nog voor die eerste kruisie getrek is.

Nettie ·

@Henry ……………………. HALLELUJAH!!!!!!!!!!!!!!!!!! Uiteindelik iemand wat óók sien wat ek sien en hoor wat ek hoor. Die OVK is die ANC en die ANC is die OVK. Natuurlik het “staatskaping” tot op hierdie vlak ook deurgesyfer. Daar is niks, soos in NIKS, wat ‘n glad-geoliede handpalm of drie nie kan regkry nie. Elkeen en alles het sy prys.

Want wraggies, so ONNOSEL kan geen mens wees nie – om jaar in en jaar uit vir dieselfde party te stem wat vir 25 jaar lank nou al die land LEEGBLOEI en -SUIG, maar “sweet blue all” vir die mense wat vir hulle stem, doen.

Se maar net ·

Ja ne…. as dit nie die geval is nie, se dit vir my dat daar ongeveer 6 miljoen+ totaal mal mense in SA is wat van marteling blykbaar erg hou.
Dit is absoluut verstommend dat die ANC so min steun verloor het na alles wat hul al aan hierdie land en sy mense gedoen het. Die wat nie ANC gaan stem het nie, het EFF toe gehardloop. Die DA het steun verloor maar ek dink hul het baie witkiesers se steun verloor .

Karen ·

Ek stem heeltemal saam “se maar net” ek kan wed daar is korrupsie aan die gang, want hoe het die party dan so vinnig die hoogte in geskied met stemme en die res nie?

Pilla ·

Zuma was toe reg. Korrupsie is ‘n Westerse begrip. As miljoene mense hier nog vir die ANC stem tsv al die onthullings van korrupsie en die totale verval van ‘n groot deel van die land, dan bewys dit eerbaarheid,eerlikheid, hardwerkendheid is begrippe wat vreemd aan Afrika is. Dir bepaal duidelik nie hoe Afrikane stem nie

Wat Nou DA? ·

Wat nou DA? Wat nou?
Julle bel my 5 keer elke dag vir 2 weke lank , stuur my 7 boodskappe gister wat se julle is kop aan kop??
Wat nou?

ossewania ·

Toemaar…julle almal het julle tyd gemors by die stemlokale. Hoe sal die Anc dan nou nie wen nie?

Johan ·

Waar is al die regses wat gese het die DA gaan kleiner partye nodig he in die Wes-Kaap? Tjoepstil!

Cherokee ·

Ons sal nooit ‘tjoepstil’ wees nie. Te veel om op trots te wees. Gaan lees James Selfe en sien hoe die DA die EFF komplimenteer en as ‘n koalisie vennoot bestempel.

CHAPPIES ·

Dis STEEDS patetiese swak % verteenwoordiging en wat nou vf+ WAT NOU ❗❗❗

Ronel ·

Die DA is soos daai one night stand. Die opwinding van die vorige aand is nou verby, nou bel of sms hulle nie meer nie. Gelukkig het ek ‘n keuse om daai sms te lees en na die opgeneemde stem te luister

Posduif ·

Wat is die spreekwoord wat iets te segge het dat ons moet wag todat die vet tannie gesing het?

Patch ·

ossewania… ek neem aan jy is een van die wat NIE gestem het nie, as jy glo ons het ons tyd gemors. My stem tel… een minder vir die ander deelnemende partye.

Wenner ·

Ek stem volkome saam, en daardie tannie het nog nie eens haar stem begin opwarm nie

Wildehond ·

Nou kan die VF+ begin terugslaan. Of was dit maar net ‘n foefie?

Cherokee ·

Ek is nie verbaas Johan, dat Natal die VF se swakste opbrengs weerspieël nie. Dit het ek verwag. Ons het deel in daardie 0.48% en ek is opgewonde bly oor die VF se GROEI in die res van die land.

kolla ·

Pfft. As die ANC nou alreeds 55% van die stemme het, gaan hulle weer in die 60’s draai. Vroeer het hulle op die radio voorspel die ANC gaan net 56% kry. Ek dink hulle moet maar weer hul sommetjies begin maak.

Buite Stander ·

Die plattelandse streke in KZN, Limpopo en Oos Kaap kom laaste in, en dit is ANC wêreld.

Zenithia ·

Waar ek by n stem lokaal gewerk het was Alles eerlik. DA het eerste gekom daarna VF en 3de plek ANC en ver agter eff. EN GEEN stem vir die satanistiese BLF

Ellisras ·

Ek het ‘n 100% akurate metode ontwikkel presies te weet wat die finale uitslag is. Ek wag vir die finale uitslag. Dit gebeur elke 5 jaar. Wag ‘n paar uur en jy het die 100% antwoord.

James ·

Die era van identiteitspolitiek het aangebreek sedert die laasste verkiesing. Dit is gedoen deur die EFF.

Die draadsitters – ANC en DA – verloor nou stemme, beide kante toe.

Nee, die EFF gaan nie wen nie. Nee, die VF gaan nie wen nie. Die ANC gaan die grootste party wees, en die DA tweede:

MAAR: – kom ons oordeel as alle stemme getel is, die groei in die EFF, en die groei in die VF.

DAARIN, le die antwoord op die vraag: “wat kan ons verwag oor die volgende 5 jaar?”

Die era van identiteitspolitiek is nie aangekondig / begin, deur die “regse kant” van die spektrum nie – nee – dit is aangekondig deur die “linkse kant”.

Wanneer verdelingslyne getrek word, en “realpolitik” skop in – begin draadsitters steun verloor.

Kita ·

Al die korrupsie in die land is besig om die mense te verwar, mens wil veg vir jou reg en jou land die regverdige kans gee maar steeds lê jy snags en wonder gaan jy veilig wees, more staan jy op gaan jy kos in jou huis hê. Oppad werk toe wonder jy gaan jy wel lewendig bly, by die winkel twyfel jy… is jou huis gesluit, hou iemand jou dop, gaan jy kan gehijack word, sal jy jou kinders weer kan sien.

Jou kinders moet opgelei word soos weermag manne om net hulle self te kan beskerm, dan hoor jy op radio, nuus en sosiale netwerk hoe elkeen vermoor word vir boer wees en net plein wit is, hoe kinders vernietig word, hoe meer korrupsie plaas vind. Jy soek net na n uitweg vir oorlewing maar daar is niks op die horison nie, jou finansies en kwalifikasies is te swak vir land uit gaan, die korrupsie word meer, die land verander in nog n Zimbabwe, jou stem beteken niks en jy weet hier gaan jy dit nie maak nie.

Wat nou? Wat gaan gebeur? Wat moet verwag word? Is daar ooit nog hoop.

kolla ·

VF+ is nog baie ver af van die 675000 konserwatiewes wat NEE in 1992 gestem het. Hulle huidige “aanwins” is eintlik ou kiesers wat terugkeer waar hulle oorspronklik behoort het. Dus ‘n proses van herstel in plaas van aanwins.

Parlement ·

Ek was SO bevoorreg gewees om ten minste 5x per dag deur die ANC, EFF en DA gebel te word. Dankie baie dankie vir julle persoonlike boodskappe dis n riem onder my hart – Nou vandat julle klaar is om my te pes, nou kom nie een van julle terug om DANKIE te se nie!!

Leser ·

Ek het soveel moed gehad vir die verkiesing…dat daar ‘dalk’ ‘n verandering sal kom…maar nou ja. Ek weet van mense wat in die stemlyne omgedraai het, want die lyn is te lank of dis te koud om daar te staan en wag net om te stem…Dankie, baie dankie vir niks.

L ·

Mos al in1992 geweet die bevrydingsorganisasie later politieke party nl. ANC met die steun van Cosatu sal vir ewig en altyd die septer swaai behalwe as die etniese groeperings iewers langs die pad weer hulle eie trots gaan herwin en begin wegbreek.

Wildehond ·

Nou kan die skatkis vir nog vyf jaar geplunder word. Die swart middelklas en werklose jonges gaan verder benadeel word. Ek het min simpatie net hulle.

Karen ·

As wit mense weet jy wat ons toekoms gaan wees, dit is dit, ons is klaar

Stephen Namibia ·

Die IEC is in die sak van die regerende ANC. Kiesers kan dus nie verwag dat hulle neutraal sal optree nie.
Die tekort aan stembriewe in die hoofsaaklik DA area in die Wes Kaap spreek van beplande pogings om die DA stem af te water, so ook die vonds van stembrief bokse wat oral rondle.
Politieke opposisie partye moet in die toekoms aandring op die betrokkenheid van n buitelandse Verkiesings kommissie/waghond wat heeltemal neutraal is en die erkenning van al die politieke partye geniet. Solank die plaaslike IEC betrokke is sal daar grootskaalse korrupsie wees.
Wat n skande.

ALLIE ·

Kyk. Ek het my se gaan se deur te stem…5min gevat.
Nou kyk ek maar opdie kantlyn hoe die Aasvoels dit genied.
Weet dit gaan nie verskil maak nie en ek weet wat rerig vir Die land vorentoe le…donker wolke.
Maar ek het gedoen wat ek kan.
Julle wat so kla en mekaar kritiseer…..WORD GROOT en aanvaar DIE feit….alle politicians is leunaars en aasvoels maak nie saak watse kleur….niemand wen nie!

Wonder ·

Wie weet beter? As ANC en EFF in nasionale koaliesie gaan..

1. Mag hulle?
2. Kan hulle dan grondwet verander soos hulle wil? (Hulle het dan meer as 2 derdes van stemme)

Weet iemand of dit so kan werk?

kolla ·

Ja hulle kan die Grondwet verander as hulle saamstem in die parlement om iets deur te druk (moet 66% hê om Grondwet te verander).

Nettie ·

@Wonder – en dit GAAN gebeur. Twee, drie, vier maande na die verkiesing, en die ANC “verwelkom” weer die EFF in die moederskoot …………….. en ons doppies word geklink.

JohanL ·

Ek sien dr de Wet het nasionaal voorspel dat die ANC op 55% gaan eindig en DA op 20%. Tans is ANC op 55% en DA op 26%.

In Wes-Kaap voorspel Dr de Wet DA 57% en tans is DA in die Wes-Kaap op 54%. Ek glo daar moet nog resultate inkom, so dit kan nog verander. Wat is die kans dat gegewe die huidige “stand van resultate” (54%) die DA kan val na net onder 50% om dan wel staat te moet maak op minstens een “kleiner” party (voor die hand liggende keuse dan VF+) LOL. Waarskynlik gaan dit nie gebeur nie, maar ek dink die DA in Wes-Kaap sal meer gemaklik asemhaal as daai 54% begin styg.

Die huidige syfers (en ja dit kan nog verander) wys op ‘n redelike sterk groei vir die VF+

Antoon ·

Ek hou van julle optimisme MAAR, op sy eie, sal die VF+ nooit so groot soos die (huidige) DA, nog die (huidige) ANC, kan word. Die EFF kan egter baie grootter as die (huidige) DA word en dalk selfs so groot soos die (huidige) ANC.

Pieter ·

Dateer asb. die provinsiale uitslae op…dis nou al geruime tyd staties.

Antoinette ·

Deur n geknoei om meer as 1 keer te stem sal die ANC vêr wen ja. Die ink op jou vinger kon jy af vryf in sekere stede was jou ID nie eens gescan nie. Het die ANC rerig op n eerlike manier gewen en ja die EFF ingesluit.

Cobus ·

Ag nee magtig van die briewe sal n mens erenstig last dink aan selfmoord so sweet die BLF het verkiesing gewen en is nou in beheer Kom aan ons is nou net deur n vreedsame verkiesing daar is geen bewyse van groot skaalse ongerymheid die verkiesing het goes afgeloop Ja die ANC het gewen maar dit was te wagte Is daar nog n toekoms vir die land natuurlik Genoeg opposite omdinge reg tehoy geen twyfel groot toekoms Basta met die out klaag liedere

Stephan ·

Al hierdie kommentare vertel vir my die prentjie.
Ons weet nie watter kies-afdelings nog uitstaande is nie, watter invloed dit gaan hê nie, ens. ens.
Kom ons kyk na die groei en dalings in die finale syfers per party – DIT sal vir my iets sê.
Wat ek ook in gedagte hou is emosie, liggelowigheid, ingeligtheid, kennis/intelek van die deursnee kiesers.
Die betroubaarheid vd OVK is ook betwyfelenswaardig (waar ek gestem het was almal van vreemde voorkoms, maw BEE-aanstellings).
Net ‘n gedagte:
As mens ‘n lisensie moet hê om ‘n motor te mag bestuur, ‘n vuurwapens te mag besit…hoekom o hoekom mag enige Jan Rap en sy maat dan stem?! Waar is jou lisensie om te stem, om te mag besluit hoe ‘n land in die volgende 4 jaar moet vaar?!

benaYHU ·

@Stephan
Die ware WERKLIKHEID is dat INDIEN “verkiesings” (stem) DAADWERKLIK ‘n verskil sou maak, die “kabaal” dit NIE toegelaat het nie. Vir die wat dit nie wil of kan insien, dit dui op ‘n totale naïewe begrip ten opsigte van die ou wêreld waarin jy jouself bevind.
Dan, vir die wat ‘n digitale verkiesing (e-stem of i-stem) voorstaan, daar is heelwat bewyse van manipulasie, en beslis nie die meer veilige of akkurate opsie.
Terloops, demo(n)krasie is beslis nie wat die meerderheid dink dit is.. Inteendeel!
Shalom!

JohanL ·

In 2014 verkiesing het omtrent elke 46 000 stemme aan ‘n party ‘n setel in Parlement gegee. Ek is nie seker wat die syfer hierdie jaar is nie, maar ek glo daar is meer geregistreerde kiesers wat beteken daardie getal kan toeneem (afhangend van stempersentasie).

Met BLF tans nog net 2600 stemme, kom ons hoop net dat dit nie naby aan daardie 46 000 (plus nog bietjie?) kom sodat die BLF se rassistiese lawaai-maker in die Parlement eindig met 1 setel nie.

June ·

Die ATM party se doelwit lyk belowend. Terugbring van doodstraf, swaar strawwe vir misdaad en skraping van die laag slaagsyfer in skole. Nie eens geweet van hulle bestaan nie.

Anoniem ·

Die DA moet hoop dat hulle ten minste 55% stemme in die Wes-Kaap kry, anders kan die ANC en EFF dinge vir hulle warm maak, veral as daar nog boonop verdeeltheid onder die DA is. Dit blyk dat die VF+ in sommige streke ‘n troefkaart vir koalisie kan wees.

kolla ·

Hoekom? Hulle het net meer as 50% nodig (50,01) sal genoeg wees om alleen te regeer. Baie uitslae nog uitstaande. Hulle sal na verwagting omtrent 57% kry.

JJ ·

Iemand van die townships se vir my vanoggend – dis die ouer garde wat nogsteeds glo dat as hulle nie vir die ANC stem nie (ten spyte van hoe korrup die ANC is en dat hul nog nooit hul beloftes nagekom het nie) glo hulle dat apartheid weer ingestel sal word.

Frieda ·

Dit lyk of ons ‘n donker, groen toekoms kan verwag! Almal kla maar glo steeds dat alles op ‘n skinkbord gegee gaan word. (:’-)

Gert van Wierdapark ·

Selfde ou storie ongeag die regering van Kakistokrasie! Die Stemvee is weer net voor 8 Mei “vet gevoer” met bollie verskonings deur die a en see en die heuningkwas is deurlopend geswaai en nog beloftes is gemaak!? My voorspelling Nasinaal is 54% Anc,: 24% DA: 15% Eff: 4% vir FF+.

Annelize ·

Ek sal net like om te weet waar was die kruisies getrek op die 58 000 bedorwe stembriewe, en wat presies val onder die term bedorwe? En is dit “kwaadwillig” bedorwe of wat?

Gerhardus ·

Uilspieël, die DA en VF+ se sienings is glad nie versoenbaar nie, so wat sou hulle dan aan die kiesers belowe as hulle sou saamstaan.
Die DA is ‘n mini-ANC, en Mmusi is die trojaanse perd wat hulle vrywillig in hul kamp ingesleep het. Hy gaan veroorsaak dat hulle in die toekoms al hoe meer stemme aan die VF+ afstaan.
Ja, die VF+ is nie ‘n groot party nie, maar hulle het genoeg stemme om nie stil te bly nie.

Hester ·

As ANC wen gaan hulle die belofte hou vir die mense hulle kon nooit in die verlede nie hoekom nou daar kom moeilikheid

JohanL ·

Wel ons kan bly wees die ANC en EFF doen eintlik in wese maar presies dieselde – kan nie saamstaan nie. Glo daar is ook menige swart kiesers wat wonder hoekom kan hulle nie saamwerk nie, want dan kan hulle mos (dalk) twee-derde meerderheid kry.

Wat word bedoel met saamstaan? Een party? Nie teenmekaar praat nie? As jy een party praat, is ek nie oortuig dat byvoorbeeld DA steun van 26% en VF+ steun van 4% sal optel tot Een Party se steun van 30% nie. Ek dink sekere kiesers sal nie so enkele party steun nie. So ek is nie oortuig dit sou ‘n heel ander prentjie wees nie.

Ek dink jou opmerking oor nie saamstaan nie, geld maar vir meeste bevolkingsgroepe – dit is nie net ‘n wit of Afrikaner ding nie. Dink maar net aan Xhosa vs Zulu, Mbeki vs Zuma, Zuma vs Ramaphosa, ANC/Cope en ANC/EFF, ens.

connie ·

Ek verstaan nou nie die uitslae nie as ek kyk na die tyd hoe dit deurkom val die VF+ hulle het op 8:40 op 3.30% gestaan nou 12:15 staan hulle op 2.96% is ek blond of verstaan ek nie die % nie vra maar net

Gemsbok ·

Dit persentasies ry maar wipplank soos wat verskillende stempunte se uitslae bekend gemaak word. Party stempunte het meer ANC kiesers as ander.

Stephan ·

Om die heeltyd opdaterings van Nasionale resultate te sien, sê heelwat minder as Provinsiaal.
Die plasing word ook al hoe meer deurmekaar, met die magdom van geskiedkundige informasie wat telkens net bygeplak word. Tans lyk dit effe chaoties
Dateer die NASIONAAL en PROVINSIAAL uurliks op, asb….en wys slegs die nuutste informasie

Boeremeisie ·

Ek is ‘n geregistreerde kieser, maar het NIE gister aan die verkiesing deel geneem nie! Hoe gaan ek te werk om my ID in totaliteit van die Kieserslys verwyder te kry? Ek is bang iemand het gister ‘n korrupte stem op my besonderhede uit ge bring……

Stephan ·

Dateer vir ons die PROVINSIAAL op asb.

(Julle dateer slegs Nasionaal op)

Hansie Slim ·

Dit is beter om nie geregistreer te wees as om wel geregistrees te wees en nie te stem nie.

Ek weet nie. n’ ander manier sou wees om jou stembrief dat te bederf eerder as wat jy deur statistiek die regeerende party steun.
Ond moet navraag doen hieroor

Spokie ·

Hoe Kan die DA se % verminder maar die ANC en EFF se % word meer. Die getalle van 12:15 en 14:00 het die DA se % verminder!!

Judge Dredd ·

Want dis ‘n persentasie van stemme wat tot dusver getel is.
AL die stemme is nie getel, so die persentasie kan nog wissel.

Judge Dredd ·

Gaan die DA enigsins groei die verkiesing? – hul persentasies bly val – is nou maar 1% bo 5 jaar terug se resultate.

DA word nou gestraf vir hul arrogansie.

GP ·

Onthou persentasie is die verhouding van stemme so dit gaan op en af soos stemme getel word. Die hoeveelheid stemme behoort wel net te vermeerder of selfde te bly, dit kan nie minder word nie.

Wat ek weer nie verstaan nie is waarom mense nie stem nie. Dis die grootste geleentheid wat ons het om dinge vir ons en ons kinders te verbeter.

Anoniem ·

GP, ek verstaan die wiskunde van die stemtellery ten volle, MAAR ek is waaragtig te dom om te verstaan hoe mense nie kan gaan stem om dinge beter te maak in ons land nie.

Blom ·

MM Ek sal ook graag wil he julle moet PROVINSIAAL op dateer.

Patriot ·

Ek reken die verkiesing moet nietig verklaar word. Honderde het meer as 1 keer gestem. Orals is fotos en videos op fb van dit…

Tanya ·

Die stem is n klug in pta north op n hoek onder.n sambreel word vir 3 dae voor verkiesing tot vanoggend 5 uur gestem het dit al oor gee nou ja daar het niks van gekom noe die is net kroek spul

kolla ·

Hi, Tanya. Jou kommentaar het my nou aan die lag. 3 dae onder ‘n sambreel op die hoek van ‘n straat. Lekker man net in SA. LOL

Lynette ·

Ek will graag weet, in verlede was die houers gemerk watter houer vir Nasionaal en watter een vir die munisipale stemme is. Gister was one bokse nie gemerk en fie man by die houers het gese waarin dit gegooi moes word. My vriendin wat in Krugersdorp gestem het se daar was 2 houers maar hulle is aangese on albei vorms in dieselfde houer te gooi. Is dit dalk die rede waarom daar soveel bedorwe stemme was? Of maak dit nie saak in watter houer dit gegooi is nie? Waarom was houers nie gemerk nie?

kolla ·

Ek het opgemerk dat die nasionale stembrief ‘n rooi (pienk) waarmerk agterop gehad het en die provinsiale een ‘n blou merk. So ek twyfel of dit verkeerd getel sou word indien dit in dieselfde boks gegooi was maar daar’s altyd ‘n moontlikheid…….

Dink weer ·

Die grootste wenners in die verkiesing is duidelik die EFF, dan die VF+. Wonder wat sê dit as die 2 uiterstes se getalle so groei van ons land se toekoms? Maak my bang…

Dink weer ·

Ek verstaan nou nie mooi nie? Is die EFF se kiesers ‘n minderheidsgroep? En is die EFF en VF+ dan dieselfde of toon hul ooreenkomste?

kolla ·

EFF dra rooi oorpakke, VF+ ondersteuners dra safaripak en groen langkouse (met ‘n kam in die een kous).

John ·

En die skole is in die Limpopo afgebrand en diensleweringsklagtes was aan die orde van die dag. Teen wie het die mense dan betoog, of is die kiesers van die 140,000+++++ wat binne ‘n japtrap ID-dokumente bekom het en kon stem sonder om te registreer, want hoe het hulle sonder dokumente op die kieserslys gekom?

Boesman ·

Onwettige immigrante wat hier plak het waarskynlik ook gestem.

Anneli ·

Kolla, ek ken vele mense wat Vryheidsfront gestem het. Almal gegradueerde mense wat in hul lewe nog nooit ‘n safari pak gedra het nie, wat staan nog ‘n kam in die kous .
Lyk vir my jy staan dalk self agter die deur? Foei! Hans kakie as jy my vra.

kolla ·

Nog hopeloos te vroeg. Om ‘n idee te gee: Na die 2014 verkiesing het ANC meer as 11 milj. stemme gehad en staan tans nog nie eers op 4 milj. nie. DA het meer as 4 milj. stemme gehad en is nou nog nie eers op 2 milj. nie. Te vroeg om party te hou. Ek sal verbaas wees as ANC minder as 60% kry.

kolla ·

Ek sien die ANC is maar weer besig om al die ander partytjies bymekaar te maak. Vat, vat klaar aan die 57%, gaan definitief 60% haal siende dat omtrent helfte van stemme nog gestel moet word.

Chris ·

As ek kyk na die getalle. ….waar is die res van SA……is ons dan nie oor 50 miljoen??????
Of is dit net ek……

Vintcent ·

Dit is duidelik dat SA op n pad van selfvernietiging is. Radikale seperatisme is al wat ons sal afskud van hierdie juk van ondergang, korrupsie, burger-terrorisme, ens. Die links-liberales, ongeag kleur, is SA se ondergang met hul verwronge waardes.

Boesman ·

Kom ons kyk wat die VF+ gaan doen betreffende ‘n volkstaat. Persoonlik het ek nie veel hoop nie.

Elna ·

Dis nie n regverdige eerlike vrye verkiesing gewees nie hierdie verkiesing moet van die rol geskrap word sou ek se omdat daar soveel koerupsie betrokke was.

Dink weer ·

Ek dink ook nie die uitslae is heeltemal akkuraat nie, maar twyfel of paar honderd stemme, dubbeld of nie, werklik ‘n verskil gaan maak aan die finale uitslae. ANC verloor duidelik hul stemme aan die EFF. DA se stemme word opgetel deur VF+. My grootste bekommernis is egter dat die ANC en EFF gaan begin saamwerk. Dan pak ek vinnig my tassie… Reeds gister se verlengde Home Affairs ure gebruik om vir my paspoort aansoek te gaan doen. Dis stap een.

Hansie Slim ·

dan is jy mos “Klaar gedink” nie “Dink weer” nie,,,

Judge Dredd ·

@Dink weer – ja jy verstaan nie of is aspris Dom-astrant.
VF+ veg vir minderheidsregte – niks daarmee verkeerd
EFF is radikaal sosialisties.

So watter ooreenkomste praat jy kamstig van?

Leon ·

Definieer minderheidsregte. Almal praat net daarvan. Hoe werk die geveg in die regte lewe?

% boerin ·

Ek slaap vanaand in vrede; ek en my familie het VF gestem, voorheen DA. Voel skuldig omdat ek nie ‘al voorheen erken het’ as jy ‘n boer/in is, het jy net een familie, FV BO.
En so terloops vir al die ‘DA Juppies, ek is nie ‘n ‘verkrapte’ afrikaner nie, het my 3 regsgrade waarvoor ek gewerk het. Ek het ‘n brein en is 1000000% BOER/IN!

NOG N BOERIN ·

Haai boerin, ek het 5 regsgrade en het nie vf+ gestem nie !! ?

kolla ·

Ek het my regsgrade weggegooi. Verdien baie meer as ‘n plumber.

anton ·

@Boerin en boerin se maaitjie…….dit is dalk goed om grade te hê, alhoewel ek dink in die land tel dit al vir 25 jaar nie veel nie.
Wat vir my egter baie meer werd is en ongelukkig/ gelukkig kan niemand dit gaan studeer of koop nie, is ”common sense en n ruggraat.”

kolla ·

In hoeveel koalisies gaan die Vf+ regeer? Ek het julle gewaarsku. LOL

Judge Dredd ·

Hulle gaan omtrent 3x hoeveelheid tyd kry om minderhede se regte in parlement en provinsies te stel.
Iets wat DA nie gedoen het maak nie saak hoeveel minderhede hulle steun – praat van jou stem mors.

kolla ·

As jy dink ‘n paar ekstra parlementslede gaan ‘n verskil maak, maak jy ‘n groot fout. Dalk ‘n bietjie meer geraas maar hopeloos te min om enige impak te maak. Nou regeer julle ook nerens nie, so julle kan nie op grondvlak wys wat julle kan doen nie soos die DA in die Wes-Kaap nie.

Anoniem ·

Werklikheid is….. Pak maar solank jul tassies en imigreer…

Cobus.panther ·

Hkm soek jy hulp…..jy het NIE eers gaan stem nie nie……help jouself…..verraaier…

Judge Dredd ·

Jip.
Daai MANNE wat so spog dat hulle nie gaan stem, en nou gaan die ANC/EFF dalk tweederde meerderheid kry en onteiening sonder vergoeding doen.
Die niestemmers moet so trots op hulself wees.

Jan ·

Judge Jugghead. Dit is reeds goedgekeur. Deur die kwien en Wêreldbank openlik ondersteun. Julle stemmers dink deur om te gaan stem jou witkruisie ‘n verskil gaan maak aan ons saak. As al ons mense nie gaan stem het nie,dan was daar hoop. Dan sou die wêreld notisie neem en sê ‘O-o, hulle speel nie meer saam nie ‘.’Dalk gaan hulle nie meer beheer word en gekook word’. Julle stemmers het ons in die afgrond ingestem!

Denise ·

JAA…JAN…niks salf te smeer aan die afrikaner hoogmoed en blinkstefaanse op dié forum!!
Hulle het nie n idee waarna jy verwys nie!

Wim ·

Ou Kolla soos hulle nou in die Weskaap brand en dit gaan optel na die verkiesing bly ek net hier waar ek is in die Noorde.

Sanet ·

Kosie,raak rustig toe? ?
Hou op,om ander mense en partye aan te val,wat anders as jy dink!

Ek is nou gladnie n VF+ ondersteuner nie en sal ook nooit wees nie…MAAR BAIE GELUK met jul ‘styging’ van amper 3% vf+.
Nog biki flou,maar julle kan nog baie groei, hoop julle leiers en party hou woord!

Cherokee ·

Sanet, jy’s ‘n waardige opponent. Selfs al ondersteun jy ons nie komplimenteer jy die VF en wens ons groei toe. Dit is met opposisie soos jy met wie ek by ‘n braaivleisvuur ‘n drankie kan drink.

Karen ·

Hoe de dinges, leë beloftes, het mense nog nie hulle les geleer nie???? ai ek is so hartseer, gedink hierdie jaar gaan anders wees.

Cobus.panther ·

Op wersvlak word steeds van ‘wit oorheersing’ en natuurlike vervanging van alle wittes gepraat….mens voel eintlik onwelkom in n maatskappy waarvoor jy al jare alles gee….witmans het nie meer plek in die werksmag nie….dit gaan nou erger word en ek sien net swarigheid voorle….. jou grade gaan niks beteken nie…..

Dollam ·

Daar is eintlik ni n pad vorentoe vir enige blanket man nie….jou besigheid moet BEE wees of oorgegee word aan n Afrikaan ,,,,,het al soveel besighede sien vou omdat die blanke net uitgeskuif word….

Basjan ·

Hou jou besigheid klein, net genoeg om vir jou en jou familie te sorg. Werk saam het ander Afrikaners in die sake wêreld.

Rina ·

Die top 5 wys duidelik dat die ANC baie steun verloor het. VF+, mooi so!!! Die spreekwoord lui mos: Agteros kom ook in die kraal. NOU gaan almal van die party kennis neem!

A ·

Wat my bekommer is dat die ANC en EFF saam ‘n 2-derde meerderheid het. Dan is ons in groot gemors. Die ANC het voor die verkiesing al baie hard gevry na die EFF.

Tina de Lange ·

Dis nou SO, die anc+eff kán saamstaan en die afrikaner gladnie!
Ons veg mos so lekker ondermekaar!
Ons moenie NOU tjank oor n twee derde meerderheid,ONS het vir hulle GEGEE!
Hou maar moed en kyk OP mense

Gooi Mielies ·

“A people who vote corrupt politicians into power are not victims but rather accomplices”. In Suid Afrika is dit nou al vir 25 jaar die geval so mens kan seker met reg se “stupid accomplices”?

Judge Dredd ·

ANC/EFF tweederde meerderheid is as gevolg van die nie-stemmers. Nie die wat DA of VF+ stem.

Tina de Lange ·

Help nie,mens redeneer met hardkoppige slim ou oompies,soos jy nie,judge unwise!
Die verkiesing is laaaankal deur wêreldbanke en wêreldmmagnate bepaal

Sê maar net ·

En dan is daardie “nie-stemmers” gewoonlik die wat die hardste lawaai maak by die braaivleis vure. Daar is soveel verkeerd met hierdie land en tog het minder mense die moeite gedoen om te gaan stem.

gatiep ·

Die enigste party wat n kans staan om ANC te wen in toekoms is die EFF.
Die enigste Afrikaanse iets wat jy in toekoms gaan kry gaan in Rusland wees.
Die Russe weet klaar dis verby met ons dis hoekom Afrikaans probeer bewaar vir ons daar.

Vanessa Moore ·

Karen, ek stem 100% saam jou. Ek is bitter teleurgesteld in die uitslae!!!! Ek het ook gehoop vir ‘n verandering, maar duidelik het almal nie saamgestaan nie en is daar steeds mense wat glo dat die ANC en EFF ‘n verskil kan maak, nou moet ons almal daaronder ly.

Ek sien ‘n donker toekoms vir Suid Afrika! Net God kan ‘n veskil maak, my oë bly op Hom gerig. Dis in elk geval net God se genade wat die land nog staande hou.

Sê maar net ·

Ek weet hoe jy voel, tog in die rye het mense van verskillende rasse saam gepraat en gesê daar moet nou verandering kom. Lyk my die meeste mense hou van die Sirkus Afrika.

? leser ·

nog ‘n klip in die bos, hoe kan so ‘n stemmery regverdig wees as daar 50milj teen 10milj is, dit vat ook nie rocket science om dit te sien nie

Chris ·

Die blanke Afrikaners sit tussen ‘n klip (ANC) en ‘n harde plek (EFF). Daar is net een opsie. Onafhanklik grond of vir altyd onder die ANC. Dit is die werklikheid.

gatiep ·

Chris dis al hoop wat ek ook oor het.
Ek sien nie kans om vir nog n 5 jaar sonder verandering nie.

John ·

Selfs die AU raak bekommerd…. Dat net die ou struggle-veterane steeds die voorbokkke is met min jonges wat belangstel. Kyk na die grootse verering van ouuuuuu ANC-kaders. Die jonges stel eenvoudig nie belang in al die glo grafte en lyding wat voorgehou word om trane te laat loop nie. Natuurlik bly die pay en perks vir die ou garde ‘n lekker kierie. Die Bybel waarsku om nie agtertoe te bly kyk nie. Voor ’94 was daar geleentheid vir ‘n volkstaat. Dit is geminag. Om nou te wil terug gaan rampspoedig wees. Daar stem ek met Flip saam. Ander maniere sal gevind moet word. Slimmer maniere. Minder ooglopende maniere… want die duiwel hou ons dop en sal elke poging aanwend om die wa ‘n papwiel te gee. Afrokaner-koeke is ook nie die antwoord nie… net ‘n kitspakkie… Sooibrand loop altyd saam.

Liza ·

SA as ‘n land het geen toekoms nie. Ons is op pad na ‘n tipiese mislukte Afrikaland. Wanneer dit gebeur moet die meerderheid Afrikaners reeds in ‘n gebied (Weskus) gevestig wees waar hulle die meerderheid kan vorm en ekonomies floreer. Niemand gaan die gebied vir Afrikaners gee nie. Dit kan ook nie gevat word nie. Daar sal hard gewerk moet word om dit wettiglik te verwesenlik. Die VF+ en sy bondgenote het geen intensie om iets daadwerkliks te doen nie. Hulle floreer in die huidige moeras, net soos die ANC en EFF. So, hulle bly maar by selfbeskikking daar waar jy nou bly. Vergeet van Orania, dit is Amish, word met ‘n ysterhand beheer en is steeds deel van die moeras.

Judge Dredd ·

@Tina de Lange – ja jy is seker van die wat nie gestem het(want wat maak dit nou saak) tog nou kan jy sien dat dit wel saak maak.

Onthou net – ongeag of jy nou gestem het of nie – as die ANC/EFF tweederde meerderheid kry – gaan hulle kom vir jou eiendom – nie noodwendig onder Cyril se “verantwoordelike onteiening” nie – maar definitief wel met ‘n latere President.

As die grondwet verander is, wat verhoed nog ‘n Zuma om te maak soos hy wil?

Tina de Lange ·

ACDP liewe judge! NIKS wat jy sê is n skok of nuus nie…
Raak nou maar rustig,toe? ?
En kom,ons hou maar VAS aan Hom en nie aan mense nie

Judge Dredd ·

@Jan – ‘n Derde het nie gestem hierdie verkiesing, in Amerika stem omtrent net ‘n helfde – en die verkiesings is nogsteeds geldig!!
Wit mense is maar 9% , jou nie-stem gaan niks maak aan die geldigheid van die verkiesing.

Dit kon wel verhoed het dat die ANC/EFF tweederde meerderheid kry – so julle
nie-stemmers is verantwoordelik.

Tina de Lange ·

ACDP liewe judge! NIKS wat jy sê is n skok of nuus nie…
Raak nou maar rustig,toe? ?
En kom,ons hou maar VAS aan Hom en nie aan mense nie

Dries du Toit ·

Die illusie van ons ou volkie. 3% of 33%. My berekening is die volgende
Daar is met die vorige statistieke bepaal daar is 4,5 miljoen blankes in SA. Minstens 500 000 het al geimmigreer. So daar is +- net 4 miljoen blankes in SA.
1.6 milj minderjarige kinders
2.4 milj. Volwasse blankestemgeregtiges
25% het nie geregistreer nie(600 000)
Dit gee jou 1.8 milj wat kan stem. Dan is daar 30% wat ongeag of hulle geregistreer is nie gaan stem het nie(540 000)
Dit gee jou 1.28 milj denkende blankes wat weet dat dit hulle toekoms bepaal om te stem. Hierdie 1.28 miljoen blankes is die enigste deel van die blanke kiesers waarop ons uiteindelik kan staatmaak in die toekoms.( buiten die minderjarige kinders)
Dan kan jy nog die liberale denkers wat vere voel vir sy eie mense en tevrede is om as n minderwaardige burger tussen die massas te verdwyn, aftrek.
Dit gee ons om en by 1miljoen regte afrikaners wat as n volk mag bestaan in die wereld.
30% van hierdie 1milj blankes word nou saamgesnoer onder die VF+,Afriforum,Solidariteit en Helpende hand. Ek wil glo in my beskeie mening dat die blanke besig is om op te staan as n volk

Sarel ·

Jou somme lyk baie goed. Maar onthou, teen 2030 gaan hier meer as 70 miljoen mense woon. Die Afrikaners sal tussen die massas verdwyn as ‘n minderheid met ‘n vreemde kultuur. Persoonlik bly ek lugtig vir vakbonde, die kern van Solidariteit se besigheid. As ‘n besigheidseienaar sal ek nooit tuis wees in ‘n vakbond nie. Saam met die res van die beweging is hulle te veel sosialisties na my smaak. Sakeliga doen goeie werk, maar ‘n siosialis bly ‘n sosialis.

Dries du Toit ·

So die aanvalle op die VF+ as n 3% party is onvanpas en nie ons mikpunt nie

kolla ·

Ek hoop Vf+ stuur Peter Marais parlement toe. Kan net sports wees.

Pieter ·

@kolla
Jou WesKaap is vol ja, so ook jou opmerkings, dalk ook jyself…vol soetwyn. Vat ‘n blaaskans pellie, gaan kuier vir ” nog enetjie ” in jou geliefde Skelmbos. Politiek is nie vir jou nie (tensy jy die nuwe president van die Ukraïne is)…

Stephen Namibia ·

Die van julle wat opgewonde raak oor die VF+ se vertoning neem kennis dat hierdie party nie verder sal groei nie. Daar is te min Blankes.
So om dus van verdere astronomiese groei in die VF+ te praat is futiel.
Dit is verseker n feit dat die ANC en die EFF gaan saamstaan om die grondwet te verander en daar is niks wat enigeen daaraan kan doen nie.

Gee op ·

Ek het hoop verloor. Hierdie land is ISM. Dis dit. The fat lady sang.

Helene ·

Wat kan ek nie kan verstaan nie, hulle is korrup, geen dienste, maar hulle stem vir hulle! Ek het ook basies hoop verloor. Hierdie land nader sy einde!!!

Dries du Toit ·

Daarom is dit belangrik om ons mense almal in dieselfde kraal te kry. Dan en dan alleen kan ons aanspraak maak as n Volk wat onderdruk word en by die Verenigde nasies om hulp te gaan vra. Enige volk het die reg op selfbeskikking maar sal net as n volk erken word onder een vaandel

kolla ·

Twee-derdes van jou “eie volk” wil nie selfverskrik nie. Hoe lank gaan julle vat dat dit tot julle gaan deurdring? Geen kans vir selfverskrikking nie, gaan woon in Orania as jy in ‘n mate wil wegkruip van jou mede landgenote.

Liza ·

Die rede waarom “twee-derdes” afsydig is vir selfbeskikking moet voor die deur van Afrikanerleiers gelê word wat te veel het om te verloor. Hulle sal net daaroor praat en hul volgelinge aan ‘n lyntjie. Oor 30 jaar gaan daar boggerol oor wees in SA. Afrikaners, ander blankes, bruines, Indiërs en selfs hulpelose swartes sal vir hul lewens moet vlug. Begin nou werk vir selfbeskikking. Indien jy glo dit gaan nie werk nie, bly waar jy is. Orania is nie ‘n opsie nie. Dit is Amish, te klein, word steeds omring deur SA en word met ‘n ystervuis beheer. Terloops, die Wes-Kaap waar jy bly gaan eerste afstig, gevoog deur KZN.

kolla ·

Daar’s 12% blankes in die Wes-Kaap waarvan seker die helfte Afrikaners is. Een -derde van die Afrikaners (behoort nog minder as dit te wees in die Wes-Kaap) wil selfverskrik. Nou waar dink julle groepie selfverskrikkers wil julle gaan selfverskrik?

Weskusklong ·

Kolla, daar is ook bruin mense wat wil wegbreek. Bly maar in hul goeie boeke.

Dries du Toit ·

Ou Kolletjie. Jy verlustig jou vreeslik in ons onderdrukking. Geniet dit maar. Die Afrikaner volk is al baie onderdruk. Ons sal oorleef ou maat. Ons het nie jou en die ANC nodig nie. Ons kruip nie weg nie. Ons het hierdie babelse land n kans gegee. Nou kan jy sien ons begin terug slaan

kolla ·

Hier in die Kaap wil ons nie selfverskrik nie. Gaan dit dit iewers in die noorde ver weg van ons.

Kabous ·

Kolla, wie is jou “ons”? Ek woon in Kaapstad en weet ook dit is die enigste opsie. Gaan woon eerder in Gauteng.

@kolla ·

Party van ons bly in die Noorde maar het eiendom daar in die Kaap, so ons weet wat daar ook aangaan. Soos hulle protesteer en melkhoute uitkap om te kan plak en instroom vanaf die Oos Kaap om die ANC ellende daar Vry te spring, verloor plekke soos Hermanus ook hulle toerisme en ekonomie…..jy gaan dalk vinniger op jou neus kyk in die Kaap as wat jy dink. Jy is ook ‘n minderheid en skree dalk binnekort harder vir jou eie regte wat vertrap word ter wille van SEB… nie te gou party hou nie.

kolla ·

Ek bly al 50 jaar in die Kaap en van die Kaap kan jy my niks vertel nie. Kapenaars (behalwe vir ‘n klein groepie afgedwaalde konserwatiewe siele) sal nooit selfverskrik nie. Nee boeta, nie hier in die Kaap nie.

Stemtwak ·

Die skrif is lankal duidelik teen die Afrika-muur. Nou gaan nog méér mense emigreer wanneer hulle sien dat ná 25 jaar sal die massas net aanhou om dieselfde te ‘stem’. Oor-en-oor. Beste opsie is om tassies te pak. Wit kinders het GEEN toekoms in donker Afrika nie.

Nettie ·

Yay!!!!!!!!!!!!!!!! Ten spyte daarvan dat die ANC 100’e der 1000’e “stemmers” ingevoer het vanuit die Oos-Kaap (en ander Noordelike Provinsies), het die DA tog aan bewind gebly in die Kaap. Dit beteken: 1 uit die 9 provinsies van die land bly darem nog op ‘n manier aan’t drywe. Nie ALLES of ALMAL word deur die ANC verniel nie.

Albert-John ·

Nee kyk, ek en menigte ander het soveel hoop gehad dat hierdie verkiesing verandering sou teweeg bring… Maar nee, die massas het weereens hul kruis agter korrupte partye getrek. Alle hoop is nou by die deur uit. Die uitslae skets ‘n baie donker prentjie waar enige helderdenkende mens met redelike sekerheid kan verwag dat partye soos die EFF net verder gaan bly groei. Dus pynig my om te erken dat daar GEEN toekoms vir SA is, ons land gaan ‘n stadige en uitmergelende “dood” sterf.

Chris ·

Ek het dit al in 1994 gesien kom. Enigste uitweg is onafhanklike Weskaap en selfs dit is al veel gevra.

Willemien ·

In Afrika word bevrydingsorganisasies nie by die stembus uitgeskop nie, maar net deur geweld. Dit gaan hier ook gebeur.

Ellisras ·

MAROELA MEDIA. stop. Stadig. Gee nuus, nie ‘n hoofstuk nie. Gee die jongste NUUS.

Dries du Toit ·

Hier in Gauteng weet ek van honderde wit besigheidsmanne wat a.g v. Diefstal en BEE hulle deure toegemaak het en nou letterlik kripeer by die huis en nie eers meer hulle water en elektrisiteit kan betaal nie. Party van hierdie mense se fabrieke se hele struktuur word in die nag gestroop en weggedra. Hulle was een tyd welgesteld. Van hulle wat al bejaard is staan nou as karwagte en bedel. Hierdie sal seker vir ou Kolla soos musiek wees in sy ore

kolla ·

En die VF+ gaan iets aan die ellende doen? So terloops – ek werk al jare vir myself en skep werk, het niemand anders se aalmoese nodig nie. Die probleem met baie Afrikaners is dat hulle dit te maklik gehad het in die verlede want die ou joppie was mos vir jou gereserveer gewees.

Sarel ·

Kolla, die laaste keer wat joppies vir blankes gereserveer was, was terug in die 1980s, meestal in die ou SAS & Hawens. Dit was al ‘n generasie gelede. So, skrik wakker, jy leef in die verlede.

Dries du Toit ·

@kolla. Daardie mense het hierdie land opgebou ou maat. Kyk nou wat is oor. Ek kan sien jy is nou een van daai BEE manne.

Dries du Toit ·

Ek kan regtig nie verstaan dat enige blanke n onskuldige klompie mense wat in vrede in Orania lewe so kan vervloek en met minagting bejeën nie

werner ·

Na hope smse en oproepe van die DA wat later n frusrasie geword het en kop aan kop was met ANC waar is hulle met hulle bog praatjies nou ons vertroue le in God nie in korupte partye nie

John ·

Waarom is ‘n buite-instansie nie in die eerste plek gebruik nie. Hoekom regeringsmense en nou kla almal… natuurlik? Kyk hoe lyk die grafiek: Die (nogal) g9roen pilaar met die ander plèps daarbenede… en so gaan die ander vervolgens behandel word. Net diegene wat bewys het dat die ink hopeloos is, gaan vervolg word… kyk maar.

Bolander ·

Dagse Nou dat alles amper op sy rug le is dit tyd vir opstaan en begin werk Ek is bly die DA wen weer in die Weskaap want wat sou ons reaksie gewees het as die ANC die Weskaap gewen het Wees nou realisties. Baie is teen die DA maar het jy ‘n beter alternatief ??? Hoekom het die VF so swak gevaar Selfs ou Pieter Marais was gisteraand op die nuus teleurgesteld Mense dink nugter Ek kan nie vir ‘n party stem wat net voor die verkiesing van hulle laat hoor het nie Voorheen het ek niks van die VF gehoor of gesien waar hulle iets gedoen het nie. In die Weskaap was dit nog altyd die DA, ANC en EFF wat koppe gestamp het. Die VF mag elders in die land iets konstruktiefs gedoen het maar nie hier nie. Daar is geen perfekte party nie Die DA het droog gemaak ,soos ons almal maar in die lewe soms droogmaak. Ek ken P Marais se verlede Behoede my ,maar nie my stem nie Kom laat ons positief raak en aan die werk spring Daar is baie om te doen Ons moet net saamstaan en ons Blankes kry dit nog nie reg nie Laat dit goed gaan en mooi loop en loop mooi

hannes ·

Ek is vanoggend baie trots op die FV plus en die uitslae wat hul landwyd gekry het. Ek is veral trots op my tuisstad. Pretoria julle is ysters! Meer as 74 000 van julle het VF gestem.
Geluk aan die DA met die behou van die Weskaap.

TN ·

Aan die mense wat weier om te sien wat gaan gebeur in die afwesigheid van samewerking ; my oupa het in die Engelse oorlog geveg , was gevange geneem en na die destydse Bermuda gestuur ; ‘n klompie jare daarna is hy in die rebellie geskiet en is my ouma met ses kinders alleen gelaat om die mas op te kom . My familie het deur harde werk in die destydse Vrystaat en Transvaal weer die mas opgekom .
Ek het my land met eer en sonder verwyte in die oorlog gedien en het ‘n beter mens daaruit gekom .
Ek het deur studies en harde werk die familieplase opgebou en uitgebrei maar na 25 jaar se swoeg en sweet besluit dat daar geen toekoms vir denkende mense in die Noorde was nie en het na die Wes-Kaap verhuis . My dogter is ‘n professor aan ‘n uinversiteit , my ouer seun is ‘n spesialis hier in die Wes-kaap en my jonger seun het nou-net afgestudeer .
Enige persoon wat my ‘n hans-kakie noem weet gelukkig nie waarvan hy praat nie maar ek is bereid om die oogklappe en vooroordeel mis te kyk en om almal , wit , geel , swart en bruin se hande te vat om ‘n sukses van die land se toekoms te maak .

Judge Dredd ·

Sal liberales asseblief hierdie keer “practice what they preach”, in teenstelling met wat hulle gewoonlik doen – naamlik hulle preek en dan verwag hulle ander mense moet doen wat hulle preek en die gevolge dra.

So as hulle jou eiendom wil onteien sonder vergoeding, dan moet jy jou samewerking gee hoor!
Sal jy asseblief ook jou kinders inlig om nie tee te stribbel as hulle eiendom in gedrang kom – of om oorsee te vlug – die regering het hul belasting geld nodig, al word hul regte misken. Dit is mos nou goeie samewerking.

Judge Dredd ·

Onthou net asseblief om jou samewerking te gee as jou of jou kinders se eiendom sonder vergoeding gevat word.

Dries du Toit ·

@TN Baie indrukwekkende CV. Kan net nie verstaan dat jy nou so met mag en mening inklim in jou eie mense wat net met een ding van jou verskil en dit is dat hulle behoudend is. Die meerderheid Afrikaners het ook die paadjie gestap van hande vat met ander groepe in die land. Ons is nog steeds besig om hande te vat met ander onderdrukte minderhede. Ons is net nie dom astrant genoeg om te wil hande vat met die wat jou hand wil afruk tot by die blad nie. Jy hoort by ons ou maat

TN ·

@ Dries __ natuurlik is ek deel van julle maar sonder die dwars-streep van sommige Afrikaners . Ek het ‘n ruk terug die oefening gedoen en eksponensiële funksies gebruik om die verlies aan witmense te bepaal agv die Engelse oorlog __ dit is enorm ! Ons kon gedeeltelik gewees het waar Australië vandag is en wat kan ons daarvoor wys ; letterlik niks behalwe agteruitgang na daardie oorloë nie . Ou Paul Kruger het boonop gevlug met sy vet agterwerke en vir ander mense alles gelos om te probeer oplos !
Dries , oorloë en afstigting het nie wenners nie ; samewerking het . Wanner jy skaak speel wen jy nie deur die opponent se stukke van die bord af te klap nie , jy wen deur jou verstand te gebruik .
‘n Baie mooi naweek vir jou __ ek kan met almal redeneer maar weier om deur dom mense beledig te word .

Dries du Toit ·

TN wees dankbaar vir die genade van bo dat jy nou kan spog van al jou suksesse. Ek verseker jou van duisende hardwerkende hoogs gekwalifiseerde mense wat nou a g.v. sy kleur en die verfoeilike BEE in armoede lewe en net kan spig dat hy n enorme bydrae gelewer het in die daarstel van EENS suksesvolle organisasies in SA. Jy is baie goedgelowig om te glo dat jou handevat gaan bydra tot die sukses van die land. Hoop jy het nie kinders wat nog baie vrae aan jou gaan vra nie

kolla ·

Jy moet regtig bykom ouboet. HELFTE van bevolking LEEF ONDER DIE BROODLYN en TAGTIG PERSENT is ARM. Omtrent almal swart. Jy kla oor ‘n paar blankes wat regtig swaarkry (swaarkry op die vlak van die swartes wat ek van praat). Word wakker en hou op met die witbrood onder die arm te kla.

Judge Dredd ·

@Kolla – miskien moet iemand ‘n slag vir daai arm swart mense se om bietjie minder te vermeerder – dan kan die ekonomie dalk bybly met hul aanwas.
Jy het dieselfde redenasie as Mahatma Gandi – omdat hulle baie is nou moet hulle probleme eerder opgelos word – maar natuurlik die probleem van hoe baie hulle is word geen aandag aan gegee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.