Regstreekse gesprek: Covid-19 – Die ramptoestand en misbruik van politieke mag

regstreeks_pokitieke-mag-2.jpegPresident Cyril Ramaphosa het Sondag die nasionale ramptoestand ʼn derde keer vir ʼn verdere maand verleng. Dit stel die regering in staat om nog tot in September regulasies met betrekking tot afsonderingsvlak 2 uit te vaardig en af te dwing.

Suid-Afrika betree dus nou sy sesde maand van algehele afsondering en daar is talle vrae oor die afdwingbaarheid van ʼn voortdurende ramptoestand. Het die regering die mag om ʼn ramptoestand onbepaald te verleng en, indien wel, watter gevolge hou dit vir ʼn demokratiese samelewing in?

Baie Suid-Afrikaners wonder ook wie presies die sweep binne die regerende party klap. Is dit pres. Cyril Ramaphosa of sy minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma? Daar is boonop ʼn groeiende gevoel van ontevredenheid oor die manier waarop die ANC die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande afsonderingstydperk hanteer het en die moontlikheid bestaan dat Suid-Afrikaners dié ontevredenheid by die stembusse sal uitspreek.

Freek Robinson gesels met Theuns Eloff, onafhanklike kommentator en voormalige visekanselier van die NWU, prof. Koos Malan, professor in publiekreg aan die Universiteit van Pretoria, en die politieke joernalis Jan-Jan Joubert om antwoorde op dié kwessies te probeer vind.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek op Woensdag 19 Augustus om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad.  Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.

Nooi gerus kollegas, vriende en familie wat jy dink saam moet kyk.

Regstreekse gesprek: Covid-19 – Die ramptoestand en misbruik van politieke mag

Suid-Afrika betree nou sy sesde maand van algehele afsondering en daar is talle vrae oor die afdwingbaarheid van ʼn voortdurende ramptoestand. Freek Robinson gesels met Theuns Eloff, prof. Koos Malan en Jan-Jan Joubert om antwoorde te probeer vind.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Wednesday, 19 August 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Teen die tempo wat die anargie vorder in die land twyfel ek of daar nog stembusse gaan wees

Pieter

Dit is van al ons gepraat dat ons is waar ons is.

Cherokee

Jy vra ‘n paar heel interessante vrae, Annelize. Jy opper ook die waarskynlikheid dat ontevredenheid by stembusse uitgespreek sal word. Die probleem daarmee is dat slegs aanhangers van die regering hul misnoë sal kan wys, en sodoende sal hulle waarskynlik nie mèer konserwatief stem nie. Ek hoop dit sal wel so wees maar dit is onwaarskynlik dat dit DA wins sal wees.