Regstreekse gesprek: Covid-19 – Hoe lyk die toekoms vir SA se ekonomie en gesondheidstelsel?

covid_ekonomie_gesondheid.jpgMet baie sektore wat nou oopgestel is of binnekort oopgestel word om sake te doen, is daar hoop dat die ekonomie stadig maar seker weer aan die gang sal kom. Volgens pres. Cyril Ramaphosa het die regering die afgelope paar maande se afsondering benut om die nodige infrastruktuur in plek te kry sodat veral die staat se mediese dienste ʼn groot toename in Covid-19-gevalle kan hanteer.

Maar baie kundiges meen dat die oopstel van sakebedrywighede te min, te laat is; en dat die hoogtepunt van die Covid-19-pandemie en die laagtepunt van die ekonomie ons op dieselfde tyd gaan tref terwyl ons staatshospitale in elk geval steeds nie opgewasse is vir wat voorlê nie.

Wat lê vir ons voor? Is ons staats- en private hospitale gereed vir die toename in gevalle wat verwag word? Hoe lank gaan Covid-19 nog met ons wees, en hoe gaan ons samelewing na verwagting verander in die nabye toekoms?

Wat die ekonomie betref, is daar ook talle vrae. Sal SA ooit kan herstel van die skade wat reeds aangerig is en nog aangerig gaan word? Wat sal die impak op die samelewing en die ekonomie wees as ons terugkeer na vlak 4- of 5-regulasies?

Maroela Media se nuusredakteur, Elaine Krige, se gaste in die gespek oor van dié kwessies is Connie Mulder en Piet le Roux. Mulder is die hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut en Le Roux is uitvoerende hoof by Sakeliga.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek op Dinsdag 23 Junie om 15:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan hierdie berig beskikbaar wees. Nooi gerus kollegas, familie en vriende wat jy dink saam moet kyk.

Covid-19: Hoe lyk die toekoms vir SA se ekonomie en gesondheidstelsel?

Die ekonomie is nou grotendeels oopgestel, maar wat beteken dit vir Suid-Afrikaners se gesondheid? Is ons gereed om die toename in gevalle te hanteer wat noodwendig sal volg. En hoe kan ons verwag om voortaan besigheid te doen en sosiaal te verkeer?Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Tuesday, June 23, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alida ·

Die ekonomie sal herstel as Mnr Ramaphosa sy voet neersit en al hierdie belaglike imperkings stopsit en ontslae raak van al die rade ens. Hy en die minister van finansies moet vergader. Tito is n baie baie slim man en hy sal vinnig n stokkie voor die vermorsing sit.

Pierreli ·

Die ekonomie is al halfpad oor die afgrond……en die gesondheidstelsel is kort op sy hakke.

Oom Hennie Pennie ·

Die President moet daadwerklik optree en ophou om te luister na die korrupte ministers en saam met die minister van finansies die land deurtrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.