Regstreekse gesprek: Die skole heropen… wat nou?

22 Mei_SKole Heropen.jpgDie minister van basiese onderwys het Dinsdagaand aangekondig dat skole nou beslis op 1 Junie heropen vir leerders in gr. 7 en gr. 12, terwyl ander grade se terugkeer skool toe later aangekondig word. Daar is groot verdeeldheid onder ouers hieroor. Aan die een kant voel baie ouers dat skole nie die nodige maatreëls sal kan toepas om hul kinders teen Covid-19 te beskerm nie en dat die nodige vereistes by skole nie betyds in plek gaan wees nie. Aan die ander kant is baie ouers van mening dat dit in belang van hul kinders is om so spoedig moontlik terug te keer skool toe en voort te gaan met die akademiese jaar, dat hulle nie noodwendig by die skool meer blootgestel is aan die risiko om Covid-19 op te doen nie, en dat hulle risiko om ernstig siek te word, baie skraal is.

Ouers sit met talle vrae. Is dit ʼn goeie idee dat kinders nou al begin met skool? Kan die departement aanspreeklik gehou word indien my kind Covid-19 by die skool opdoen en ernstig siek word? Kan ek my kind vir die res van die jaar tuis hou en tuisonderrig gee? Indien ek wel besluit om dit te doen, sal my kind sy plek in sy huidige skool verbeur en van voor af moet aansoek doen? Hoe slaag my kind die jaar indien ek hom nie terugstuur skool toe nie?

Hierdie is maar net sommige van die kwessies wat Elaine Krige, Maroela Media se nuusredakteur, met Carien Bloem, onderwysbestuurder by AfriForum, en prof. Rika Joubert, emeritus-professor by die Universiteit van Pretoria en tans akademiese hoof van Edutel Higher Education, gaan bespreek.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek op Vrydag 22 Mei om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees. Nooi gerus familie en vriende wat jy dink saam moet kyk.

Regstreekse gesprek: Die skole heropen… wat nou?

Die minister van basiese onderwys het Dinsdagaand aangekondig dat skole nou beslis op 1 Junie heropen vir leerders in gr. 7 en gr. 12, terwyl ander grade se terugkeer skool toe later aangekondig word. Daar is groot verdeeldheid onder ouers hieroor.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Friday, May 22, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Helizna ·

My enigste vraag… As my kind sou positief toets by die skool… Gaan die regering haar ontvoer en dadelik in ‘n kwarentyn tronk sit? Sal ek haar weer sien of sal kinder aanranding en selfs mensehandel ‘n verdere hupstoot kry? Ons sien mos almal hoe hardhandig die staat met ons mense werk.

PH ·

Goeie vraag, en hoe gaan die staat se “jeugbrigade”optree teenoor jou kind?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.