Regstreekse gesprek: Kan Covid-19-korrupsie gestuit, omgekeer word?

 regstreekse-gesprek_korrupsie_21aug20.jpgDie ANC het die afgelope weke onder skerp kritiek deurgeloop weens bewerings van korrupsie binne dié party se top-strukture wat verband hou met kontrakte vir die voorsiening van Covid-19-produkte en -dienste.

Die seuns van die omstrede Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, word betrek by bedrieglike tenders in die Vrystaat en pres. Cyril Ramaphosa se eie woordvoerder is op spesiale verlof geplaas weens gerugte dat haar man se onderneming by korrupte tenders betrokke is. Dis maar enkele gevalle van Covid-19-verwante korrupsie wat die afgelope tyd aan die lig gekom het.

Ramaphosa het verlede week ʼn kabinetskomitee aangestel om allerhande bewerings van korrupsie teen lede van die ANC te ondersoek, en toe hy Saterdagaand die land toegespreek het oor die land se afgradering na vlak 2-regulasies het hy hom sterk uitgespreek teen korrupsie.

Nietemin twyfel mense of daad by die woord gevoeg kan word.

Wat staan die kommissie van ondersoek te doen en kan ons verwag dat korrupte kaders dié keer aan die pen gaan ry? Hoe raak tender- en ander bedrog die gewone man en vrou op straat? Gaan dinge hierdie keer anders wees en gaan korrupte politici verantwoordelik gehou word? Indien daar nie teen politici opgetree word nie, wat is die moontlikheid van private vervolging?

Maroela Media se nuusredakteur, Elaine Krige, gesels regstreeks oor dié en ander kwessies met adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, Alida Kok, dosent in politiek aan Akademia, en Albert van Zyl, forensiese ouditeur verbonde aan die Noordwes-Universiteit.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek op Vrydag 21 Augustus om 11:00 op Maroela Media se Facebook-blad.  Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.

Nooi gerus kollegas, familie en vriende wat jy dink saam behoort te kyk.

Regstreekse gesprek: Kan Covid-19-korrupsie gestuit, omgekeer word?

Die ANC het die afgelope weke onder skerp kritiek deurgeloop weens bewerings van korrupsie binne dié party se top-strukture wat verband hou met kontrakte vir die voorsiening van Covid-19-produkte en -dienste. Elaine Krige gesels regstreeks oor dié en ander kwessies met adv. Gerrie Nel, Albert van Zyl en Alida Kok. Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Friday, August 21, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adeline ·

Praat, praat, praat en dan kom daar niks van nie – korrupsie in die oos vrot cANCer is verseker bokant die wet – sal graag wil sien hoe die gepraat gaan uitdraai – verseker in niks soos gewoonlik.

Cornelius ·

Soos die Zondo kommiesie gaan dit vir ewig aanhou en daar gaan niks van kom nie. Dis net praat, praat en meer praat en intussen verdien Zondo en sy helpers miljoene belasting geld jaarliks. Dis nou drie jaar en net mooi niks het van die Zondo ondersoeke gekom nie.

Persheks Adri ·

Ek wil weet hoekom kopdoek en haar kinders nie vervolg word nie en hulle lag al die pad bank toe! Die bewyse is daar vir die sigarette en drank wat onwettig verkoop is…

Kom Cyril ons wag in spanning vir die kaders om te gaan sit en lank ook!

Vrijburger ·

Sien is glo – wys my eers ‘n kader in ‘n oranje oorpak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.