Regstreekse gesprek: Moet skole oop bly te midde van die Covid-19-pandemie?

 skole_gesprek-18-julie.jpegDaar is tans groot verdeeldheid onder ouers, vakbonde en ander rolspelers oor die moontlike hernieude sluiting van skole te midde van die Covid-19-pandemie. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal na verwagting Sondag ʼn aankondiging maak oor haar besluit oor die kwessie.

Watter besluit ook al geneem word, dit gaan verreikende gevolge hê vir derduisende skole, onderwysers, ouers en kinders. Talle skole het pas eers weer geopen en duisende kinders is vir die eerste keer in maande terug op die skoolbanke, met ouers wat kon terugkeer werk toe, net om nou weer gekonfronteer te word met die moontlikheid dat skole weer kan sluit. Baie ouers voel egter dat die veiligheid van leerders in die lig van stygende Covid-19-syfers nou eerste gestel moet word.

Word ouers uit die Afrikaanse gemeenskap se stem gehoor in dié debat? Slaan Motshekga ag op stemme buiten dié van die vakbonde? Wat is die verwagting oor die besluit wat sy gaan neem? En indien die besluit geneem word om skole weer te sluit, wat is die implikasie vir skole en die skooljaar?

Baie ouers wil ook weet hoe dit tot dusver gaan in skole: Word die nodige veiligheidsprotokolle effektief gevolg? Is daar al uit eie geledere betroubare syfers oor of kinders en onderwysers wel in skole Covid-19 aansteek, of blyk die situasie onder beheer te wees? Hoe lyk die syfers van die aantal kinders wat wél met die heropening van skole, teruggekeer het na die skoolbanke?

Om al hierdie vrae te beantwoord, gesels Elaine Krige, Maroela Media se nuusredakteur, met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS), Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit (regsake en navorsing), en dr. Fiona Kritzinger, pediater en pediatriese polmonoloog in ʼn private praktyk by die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal. Sy is ʼn direkteur van die Chest & Allergy Centre, is op die uitvoerende raad van die pediatriese bestuursgroep en ʼn gekoöpteerde lid van die uitvoerende raad van die Suid-Afrikaanse pediatriese vereniging.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek op Saterdag 18 Junie om 12:00 op Maroela Media se Facebook-blad of klik hier.

Nooi gerus ander ouers, onderwysers, familie en vriende wat jy dink saam moet kyk.

Moet skole oopbly te midde van die Covid-19-pandemie?

Moet skole oopbly te midde van die Covid-19-pandemie?Daar is tans groot verdeeldheid onder ouers, vakbonde en ander rolspelers oor die moontlike hernieude sluiting van skole te midde van die Covid-19-pandemie. Watter besluit ook al geneem word, dit gaan verreikende gevolge hê vir derduisende skole, onderwysers, ouers en kinders. Elaine Krige gaan met Melanie Buys, Werner Human en dr. Fiona Kritzinger gesels oor die kwessie.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Saturday, 18 July 2020

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
JJB

Vat die houe op die ken en gaan aan. Kinders (persone onder 18) is ‘n lae risiko groep. Ons kan nie onsself onbepaald straf met die absurde reëls wat die ANC opdroom nie. Onderwysers en kinders wat as hoë risiko geklassifiseer is moet tuis bly en verminderde of geen vergoeding ontvang. Ek vind dit vreemd dat leer-instellings (veral universiteite) dink dit is betalende ouers en studente se plig om aan te hou om hul vol te befonds asof geen krisis bestaan nie. Dit terwyl meeste van ons groot salaris inkortings moet absorbeer. Die 20 jaar en ouer graad 7 leerders… Lees meer »

gedoriewaar

Net hier het Solidariteit my steun verloor. Die skole is tans een groot gemors en n klug. Skole is nie bewaar skole vir werkende ouers nie, nog minder sopkombuise.

Edward

Wat is die statistieke in RSA 2020 vir Vigs, TB, malaria en griep sterftes? Hoe waar is dit dat alle sterftes in RSA op die oomblik op die doodsertifikaat as covid-19 aangeteken word? Die onderwys was voor covid alreeds in ‘n gemors. Nou word afrikaner kinders nog blootgestel aan diskriminasie op die sportvelde. Vier afrikaner skole in Namibië moet sluit. Afrikaner ouers sal nou moet uithaal en wys. Afrikaner kinders sal moet uithaal en wys. Die kwessie is nie of afrikaner kinders skool toe moet gaan nie, maar gaan ons afrikaner ouers ons afrikaner kinders se standaard van onderwys opstoot… Lees meer »