Regstreekse gesprek: Sanksies, oorlog en voedselsekerheid in SA

landbou-gesprek-01.jpgDie oorlog tussen Rusland en Oekraïne het ʼn uitkringeffek op verskeie fasette soos die olieprys, voedselsekerheid en internasionale handel, wat ook ʼn invloed op ons hier aan die suidpunt van Afrika het.

Die pryse van kunsmis en kunsmiskomponente het die hoogte in geskiet, wat noodwendig besig is om deur die landbouwaardeketting na die verbruiker afgewentel te word.

Daarbenewens is enige ekonomiese aktiwiteite in Oekraïne feitlik onmoontlik weens logistieke probleme, arbeid wat ontwortel word, kragonderbrekings en die Oekraïnse geldeenheid, die griwnja, wat vinnig besig is om sy waarde te verloor.

Weens die sanksies teen Rusland is dié land vermoë om internasionaal handel te dryf, óók uiters beperk. Rusland is ʼn groot rolspeler in die wêreldekonomie en Suid-Afrika is in verskeie opsigte afhanklik van dié land vir lewensbelangrike kommoditeite, soos koring. Die vraag ontstaan dus hoe hierdie oorlog Suid-Afrika se voedselwaardeketting en landboubedryf sal raak en ook hoe boere die gevolge kan beperk.

Du Preez de Villiers van Maroela Media gesels Vrydag 8 April om 11:00 met Jaco Bezuidenhout, landbestuurder van Viterra, dr. Dirk Strydom, hoof van Departement Landbou-ekonomie by Graan SA, en dr. Pieter Haumann, uitvoerende hoof van Fertassa, die kunsmisvereniging van SA.

Skakel gerus in op Maroela Media se Facebook-blad waar dié gesprek regstreeks uitgesaai word. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.

Maroela Media regstreeks: Sanksies, oorlog en voedselsekerheid in SA

Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne het ʼn uitkringeffek op verskeie fasette soos die olieprys, voedselsekerheid en internasionale handel, wat ook ʼn invloed op ons hier aan die suidpunt van Afrika het. Die pryse van kunsmis en kunsmiskomponente het die hoogte in geskiet, wat noodwendig besig is om deur die landbouwaardeketting na die verbruiker afgewentel te word.Daarbenewens is enige ekonomiese aktiwiteite in Oekraïne feitlik onmoontlik weens logistieke probleme, arbeid wat ontwortel word, kragonderbrekings en die Oekraïnse geldeenheid, die griwnja, wat vinnig besig is om sy waarde te verloor.Weens die sanksies teen Rusland is dié land vermoë om internasionaal handel te dryf, óók uiters beperk. Rusland is ʼn groot rolspeler in die wêreldekonomie en Suid-Afrika is in verskeie opsigte afhanklik van dié land vir lewensbelangrike kommoditeite, soos koring. Die vraag ontstaan dus hoe hierdie oorlog Suid-Afrika se voedselwaardeketting en landboubedryf sal raak en ook hoe boere die gevolge kan beperk.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Friday, April 8, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marius ·

Miskien as die regering beter na ons boere omsien deur eerstens die plaasaanvalle en moorde hok te slaan dan sal daar dalk genoeg boere wees om genoeg koring vir ons plaaslike gebruik en selfs vir uitvoer te voorsien. Die anc is besig om homself te kelder.

Ian ·

Met hierdie berig is daar n paar vrae wat by my onstaan. Ons het ons eie kunsmus gemaak Triomf en AECI het dit bedryf hoekom moes dit dan toemaak as dit n lewensaar vir SA is. Hoe is dit dat waar ons koring en mielies per tonne maat uitgevoer het dat ons nou ewe skielik afhanklik is daarvan by ander lande. Kan die regering nie vir n slag luister na goeie raad en ophou met hul agendas nie. Maak daai firmas oop sodat ons ons eie kunsmis kan vervaardig en ondersteun die boere met mielies en koring sodat die pryse goedkoper kan raak. Hierdie wiskunde is tog seker nie so moeilik nie of hoe?

Nommer 7 ·

Dit is goedkoper om in te voer, selfs as invoerders in Dollars betaal.

domheks ·

Die kommunistiese regering wil soos Zim heeltemal afhanlik van ander lande wees. Weereens bakhand staan. 2 + 2 = 6 ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.