Regstreekse gesprek: Skolewet – “Pasop, neem aksie!”

 skolewet-web01.jpgBeplande wysigings aan die Skolewet is twee weke gelede in die parlement voorgelê en bepaal onder meer dat die onderwysdepartement oor skole se taal‑ en toelatingsbeleid besluit. Dit wek die indruk dat die regering die mag van skole se beheerliggame al meer wil beperk en sélf beheer oor skole wil neem. Die vrees bestaan ook dat hierdie opnuut ʼn aanslag op Afrikaanse skole is, wat die afgelope jare al meer druk ervaar om te ver-Engels. Verskeie onderwysgroepe het opnuut met verontwaardiging gereageer en die regering het gevolglik besluit om die regulasies wéér vir openbare kommentaar oop te stel.

Maar waarom is dit belangrik dat die skoolgemeenskap die grootste sê oor die bestuur en beleid van skole moet hê en watter rol speel moedertaalonderrig wanneer daar oor die taalbeleid van ʼn skool besluit moet word?

Maroela Media het ʼn paar kenners genader om dié vrae vir ons te beantwoord. Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media gesels met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum, Werner Human, operasionele hoof van die Solidariteit Beweging, Theuns Eloff, onafhanklike kommentator en voormalige visekanselier van die NWU, en Desiree van der Walt, die DA se adjunk-skaduminister van basiese onderwys.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek op Maandag 28 Februarie om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad.  Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.

Nooi gerus kollegas, vriende en familie wat jy dink saam moet kyk.

Skolewet – “Pasop, neem aksie!”

Beplande wysigings aan die Skolewet is twee weke gelede in die parlement voorgelê en bepaal onder meer dat die onderwysdepartement oor skole se taal‑ en toelatingsbeleid besluit. Maar waarom is dit belangrik dat die skoolgemeenskap die grootste sê oor die bestuur en beleid van skole moet hê en watter rol speel moedertaalonderrig wanneer daar oor die taalbeleid van ʼn skool besluit moet word?Maroela Media het ʼn paar kenners genader om dié vrae vir ons te beantwoord. Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media gesels met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum, Werner Human, operasionele hoof van die Solidariteit Beweging, Theuns Eloff, onafhanklike kommentator en voormalige visekanselier van die NWU, en Desiree van der Walt, die DA se adjunk-skaduminister van basiese onderwys

Posted by Maroela Media on Monday, February 28, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…omdat die regering te stupid is om ‘n taalbeleid van skole rondom moedertaal onderrig reg te bestuur en kan nie alleen vertrou word om dit te doen en almal se belange eweredig te bevorder of te beskerm nie!

Eiervrug ·

Maar bou vir julle self Envelse skole. Problem solved…

piet ·

Dit maak sin vir my dat waar daar gevalle is waar Afrikaaanssprekende leerders ver in die minderheid is, Engels die voertaal behoort te wees. Ek bedoel dis tog nie ekonomies haalbaar om vir 30 kinders in Afrikaans klas te gee terwyl die ander 1000 leerders almal Engels onderrig ontvang nie. Ek dink daar moet ‘n afsnypunt wees. Se as minder as een-derde van die kinders Afrikaans is, is dit ‘n Engels Enkelmedium skool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.