Regstreekse gesprek: Watter ras pas?

(Argieffoto: pixabay)

Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensnemings, het nuwe rasteikens ingevolge die Wet op Diensbillikheid aangekondig wat Solidariteit as “drakonies” bestempel.

Die vakbond berei reeds voor vir ʼn epiese regstryd teen dié voorgestelde wetgewing. Solidariteit se voorlopige navorsing wys twee uit drie wit mense gaan volgens die nasionale teikens hul poste moet ontruim; twee uit drie Indiërs gaan hul poste moet ontruim en een uit vier bruin mense gaan hul poste moet ontruim. Een uit vier swart mense kry dan bykomend toegang tot die arbeidsmark.

“Weet jy dat indien die raswet ingestel word, jy beboet sal word wanneer meer as 8% van jou bestuurspan wit is?

“Weet jy dat indien die raswet ingestel word, bruin mense net goed genoeg sal wees vir riolering en vullisverwydering?

“Weet jy dat indien die raswet ingestel word, slegs 1% van die topbestuur in alle maatskappye Indiër mag wees?” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

  • Skakel Woensdag om 11:00 in vir ʼn regstreekse Solidariteit-gesprek waarin al jou vrae oor die voorgestelde teikens – en wat dit vir gewone Suid-Afrikaners gaan beteken – beantwoord word.

REGSTREEKS: HOE RAAK DIE RASWET JOU?

Maak seker jy ken die gevare van die nuwe raswet!Weet jy dat indien die raswet ingestel word, jy beboet sal word wanneer meer as 8% van jou bestuurspan wit is? Weet jy dat indien die raswet ingestel word, bruin mense net goed genoeg sal wees vir riolering en vullisverwydering? Weet jy dat indien die raswet ingestel word, slegs 1% van die topbestuur in alle maatskappye Indiër mag wees?Die minister van arbeid het hierdie drakoniese rasseregulasies in die Staatskoerant gepubliseer en Solidariteit beplan ‘n epiese stryd in die howe teen hierdie nuutste raswet! Volg hierdie skakel (https://solidariteit.co.za/rasteiken/) om die regering se nuwe rasplan en rasregulasies te verwerp!

Posted by Solidariteit on Wednesday, May 24, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Danie ·

Hierdie bitter gal sal ook nooit ophou nie.En die wat dink om in gesprek te tree dit het ook nie gewerk.

Wondermaarnet ·

Ek is so bly ek kan dink wat ek wil, maar ook aan die een kant spyt ek kan nie sê wat ek wil nie.

Andre ·

Dit is mos weer verkiesing hulle kort die stemme klomp nuttelose gemors.Die hartseer van die hele storie is dat die groot maatskapye ten gunste daarvan is !!!

Althes ·

Mense moet aktief betrokke raak by veldtogte, petisies, by drukgroepe aansluit en wat ook al.
Dit verstom my dat mense passief is en hul koppe soos ñ volstruis in die grond druk.
Dan kla hul die hardste wanneer ñ wet of iets dergeliks implementeer word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wittes moet oorleef. Daar is nie veel tyd vir verset nie. Dis ook nie in ons aard nie. Moontlik het wittes klaar boedel oorgee. Kom ons werk eerder aan nuwe staatkundige oplossings. Die onstabiele internasionale omgewing skep enorme geleenthede daarvoor.

Samuel ·

Ek behoort aan ‘n drukgroep, maar as dit nie altyd werk nie, wat dan?

Althes ·

Dan het jy ten minste aktief probeer, jou gewete sus en op die Here vetrou. Daar gaan ñ dag kom wat hierdie verdrukking verby gaan wees. Dis die Here se belofte

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

My vraag aan die slim regering is: Wat gaan dan van daardie mense word as julle links, en regs van hulle ontslae wil raak? En m.a.w. ek moet net streng gesproke swart mense aanstel of hulle nou die werk kan doen of nie. My 2c hieroor is, buiten dat julle uiters rassities is, is dat dit die laaste spyker in julle heerskappy se doodskis sal wees, en ek kan julle noual ñ brief gee dat dit tot meer werkloosheid en armoede sal lei. Maar dit is mos wat julle wil hê, reg? En julle gaan rassespanning tot die uiterste toe verooraaak en soveel rassehaat aanwakker en daar gaan miljoene wees wat nie gaan “comply” met julle sinnelose rassistiese poging om van minderhede ontslae te raak nie . Dalk het dit regtig tyd geword vir ñ belasting verset en ons, ons belasting weerhou. As ons nie mag werk nie, is ons geld ook nie die regte kleur en goed genoeg nie. Nee wat, aan my mede landgenote en besigheids eienaars sal ek aanbeveel om soveel meer as ooit tevore hierdie rassitiese wet te ondermyn.

Republikein in die Wes Kaap ·

Moeilike dae vir minderhede. Belasting verset is moontlik, maar die tyd daarvoor loop uit.

Pieter ·

Hoe desperaat kan hierdie klomp nog raak? Hulle wil nou waaragtig alles deur trek. Ek maak eerder my besigheid toe, as wat ek iemand in diens neem op grond van ras kwotas. Julle hou aan en aan en aan………… om ons te “poke” , die dag gaan kom wanneer ons gaan besluit, genoeg is genoeg

Jaco ·

Ek kan verstaan dat wit mense hulle werk seker moet verloor omdat dit deel is van die ewige “straf” vir apartheid. Maar waarom word daar dan teen Indiërs en kleurlinge gediskrimineer? Hulle was dan ook slagoffers van apartheid? Onthou vir Ahmed Kathrada en Alan Boesak? VOOR in die koor tydens die struggle teen apartheid en hatig op wit mense. Nou kry hulle mense ook swaar. Hoe dan nou???

E ·

Dalk het Ahmed en Alan die anc se mooi broodjies geglo. Hoe sou hulle die voorsienigheid gehad het om te sien die ANC draai teen bruines en indiers en asiers ook?

John ·

Maak van Oranje n stad en verwelkom mense wat weet wat hulle kan doen.

Marcello ·

Wat die hartseerste van die hele storie is, dat ons blankes met grade het (ek praat veral Meestersgrade) nie kan werk kry nie, omdat ons die verkeerde kleur is nie. Hoe motiveer jy jou kind of kleinkind om te studeer as daar geen hoop is van ‘n plek in die werkersmark in SA. Dan vra hulle hoekom gaan ons beste Proffesionele mense oorsee. Want daar is nog werk vir hulle. En so verarm die land, deur hierdie mense te verloor.

Conrad ·

Weet die Solidariteit Navorsingsinstituut het al gevind dat blankes is beter af finansieël weens SEB omdat ons uit desperaatheid moes maatskappye stig, werk maak van niks. Ons gaan moet hammer op dit, werk skep vir onsself en ons mense, besigheid doen met ons mense vir ons mense, bly tussen ons mense ter wille van ons mense. #OnsSalSelf, mos.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.