Regstreekse uitsending: Hoe oorleef my besigheid die Covid-19-pandemie?

 Regstreeks sake.jpgKundiges is dit eens dat die uitwerking wat die inperking op Suid-Afrika se ekonomie gaan hê, veel groter is as die impak van die virus self. Derduisende kleinsakeondernemings voel die skade wat die inperkingsregulasies aanrig, reeds aan eie lyf, met talle wat nie weet of hulle weer hul deure sal kan open nie. Boonop staan baie ondernemings agter in die ry vir regeringshulp as gevolg van rasvereistes wat deel uitmaak van die kriteria wanneer daar  vir hulp aansoek gedoen word.

Wat staan kleinsakeondernemings in dié uitdagende omstandighede te doen? Is die regulasies billik, en belangriker nog – is daar iets aan te doen? Hoe kan kleinsakeondernemings daarin slaag om die Covid-19-krisis te oorleef? Wat kan kleinsakeondernemings wat nie nou hul deure kan oopmaak nie, solank doen om hul besigheid voor te berei vir ʼn sakeomgewing wat totaal anders gaan uitsien as waaraan ons gewoond is wanneer die Covid-19-pandemie verby is?

Freek Robinson gesels vandag namens Maroela Media met Johan Schoeman, ʼn sakeman en eienaar van ʼn aantal sakeondernemings, en Piet le Roux, uitvoerende hoof van SakeLiga, oor die impak van die Covid-19-pandemie en meegaande regulasies op kleinsakeondernemings.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek Vrydag, 8 Mei 2020 om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.

Die impak van regulasies op kleinsakeondernemings

Kundiges is dit eens dat die uitwerking wat die inperking op Suid-Afrika se ekonomie gaan hê, veel groter is as die impak van die virus self. Derduisende kleinsakeondernemings voel die skade wat die inperkingsregulasies aanrig, reeds aan eie lyf, met talle wat nie weet of hulle weer hul deure sal kan open nie. Freek Robinson gesels vandag namens Maroela Media met Johan Schoeman, ʼn sakeman en eienaar van ʼn aantal sakeondernemings, en Piet le Roux, uitvoerende hoof van SakeLiga, oor die impak van die Covid-19-pandemie en meegaande regulasies op kleinsakeondernemings.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Friday, May 8, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

My opinie is dat die ANC nou soos die hondjie is wat die bus gevang het en nie weet wat om daarme te doen nie.Vraag word gevra “wat gebeur as almal gelyk siek word”,ek vra wat gebeur as almal gelyk honger word en nie geld het om kos te koop nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.