Regstreekse uitsending: Solidariteit Beweging kondig Covid-19-aksieplan aan

Die Solidariteit Beweging gaan vandag ’n tienpuntplan bekendstel oor die uitbreking van die nuwe koronavirus (Covid-19).

Die mediakonferensie het ten doel om die Solidariteit Beweging se omvattende praktiese plan uiteen te sit en enige verdere paniek hok te slaan.

Volg die regstreekse uitsending hier of kyk dit op Maroela Media se Facebook-blad.

Covid-19 Aksieplan

Covid-19-aksieplanDie Solidariteit Beweging hou op 18 Maart ‘n mediakonferensie waartydens dr. Dirk Hermann, Flip Buys, Kallie Kriel en Hannes Noëth ‘n tienpuntplan bekend sal stel rakende die koronavirus.

Posted by Maroela Media on Wednesday, March 18, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
E

Tref ‘n mens voorsorg – is jy paniekerig. Voorsorg tref beteken nie jy is paniekerig nie. Dit beteken jy verstaan die bedreiging en die realiteit, Dit is die roekelose mense wat onnodig in winkels le – vir enige ding wat my paniekerig maak – hulle dink die virus is net griep. Kom ons sien wat gaan oor ‘n maand en 3 maande aan. Die gesegde is nie verniet :” voorsorg is beter as nasorg” nie.

Almarie

Goeie dag, hierdie is waarvan jul praat as dit by innovasie kom…ek dink dit is briljant vir almal wat steeds moet werk van die huis af.

remote.numad.co.za

Annakapat

Ons het self ‘n paar ekstra goedjies soos brood, bevrore groente, toiletpapier ens aangekoop maar nie oor paniek nie – ons wil bloot net die winkels vermy as die toestand gaan erger word.
Indien ons dan iets nodig het soos vars vrugte sal ons vroegoggend of laatmiddag/aand gaan wanneer daar dalk minder mense saamdrom.