Itumeleng Eunice Maseko (26), ʼn regstudent, het vandag in die Witbank-landdroshof verskyn in verband met die moord die afgelope naweek op haar man, Caswell Maseko (30).
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê sy het hom glo Saterdagoggend doodgesteek.
“Die verdagte was glo by die huis met haar vier maande oue dogter en ʼn vriend toe haar man, ʼn sakeman, by hul huis in Witbank opgedaag het. ʼn Argument het tussen die egpaar ontstaan en die slagoffer is doodgesteek,” het Hlathi gesê.
Maseko het glo ná die voorval die huis verlaat.
Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur en Maseko se motor by die Centurion Mall in Pretoria dieselfde dag nog opgespoor.
“Die verdagte het haarself op Maandag 3 September in teenwoordigheid van haar regsverteenwoordiger aan die polisie oorgegee en sy is in hegtenis geneem.
Die saak is uitgestel tot 13 September. Maseko glo sal aansoek doen om borgtog.
Sy bly in aanhouding tot die saak voorkom.
Die vriend was seker ‘n skelmpie?