Regter aangekla oor swart mans se ‘verkragtingskultuur’

Die gesprek wat Gillian Schutte gedeel het.

Die gesprek wat Gillian Schutte gedeel het.

Klagte word glo ingedien teen ʼn Pretoriase regter in die hooggeregshof, Mabel Jansen, by die Regterlike Dienskommisie (RDK) en Menseregtekommissie (MRK), weens ʼn beweerde rassistiese uitlating oor swart mans se “kultuur” van verkragting.

Glynnis Breytenbach, DA-LP en voormalige aanklaer van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê die DA gaan die voorval na die RDK verwys om te bepaal of dit nodig is om ondersoek in te stel na Jansen se uitlatings op sosiale media.

“Gegewe die ernstige graad van die klagte, is dit belangrik vir die komitee om al die feite daaroor te kry en te verstaan dat regter Jansen teen haar eed as regter opgetree het,” het Breytenbach gesê. “Ons vra ook dat die MRK sy eie ondersoek oor die saak doen.”

Breytenbach verwys na ʼn herrie wat op 7 Mei op sosiale media losgebars het nadat ʼn private gesprek in 2015 tussen Jansen en Gillian Schutte, ʼn joernalis en aktivis, aan die lig gekom het. Schutte het die gesprek, waarin Jansen haar mening verduidelik oor swart Suid-Afrikaanse mans se beweerde kultuur van verkragting, openbaar gemaak.

Mabel Jansen. Foto: Twitter

Mabel Jansen. Foto: Twitter

Schutte het skermskote geplaas waarin Jansen glo skryf: “In hul kultuur is ʼn vrou daar om aan hulle genot te verskaf. Punt. Dit [seks] word beskou as ʼn absolute reg en ʼn vrou se toestemming is nie nodig nie.” Sy het ook geskryf: “Ek moet nog ʼn swart meisie ontmoet wat nog nie teen twaalfjarige ouderdom verkrag is nie. Ek is doodernstig.” Schutte het ook ʼn skakel gedeel waarin Jansen glo soortgelyke uitlatings op ʼn openbare forum gemaak het.

Volgens Schutte is dit nie die eerste keer wat sy probeer het om Jansen se uitlatings openbaar te maak nie. Sy het dit reeds in Junie 2015 by die RDK aangemeld, maar daar het klaarblyklik niks daarvan gekom nie.

Jansen het op 8 Mei op haar Twitter-rekening reageer deur te twiet: “Wat ek vertroulik aan iemand gesê het, is heeltemal buite konteks geneem en verwys spesifiek na hofsake.”

Gillian Schutte. Foto: Facebook

Gillian Schutte. Foto: Facebook

Breytenbach het gesê die regter se kommentaar, dat verkragting deel is van swart kultuur, is nie net kwetsend en vernederend nie, maar ondermyn die waardigheid van landsburgers en is sodoende teen die grondwet.

Sy het gesê Jansen se kommentaar is ook teenstrydig met die Regterlike Gedragskode, wat bepaal ʼn regter moet hom of haar te alle tye “persoonlik distansieer of weerhou van kommentaar of gedrag wat rassisties of seksisties is.”

#MabelJansen was Maandag die gewildste onderwerp op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Marius ·

Sosiale media kan help om professionele selfmoord te pleeg, veral as jy dink jy het vriende, of jy het tred verloor met wie intussen jou vyand geword het. Nou al vir vier jaar sonder Facebook. Dit nog nooit gemis nie.

tamboti ·

Miskien is dit goed dat dit op so ‘n manier ge-openbaar word. Dalk sal die wereld ook op die internet soos by wikipedia gaan kyk wat is die ware toedrag van sake in SA. Die verkragting syfer in SA word deur internasionale organisasie as hoogste ter wereld beskou, m.a.w. die regter is min of meer reg. Die arme regter gaan wel alle hel beleef maar sy veg ten minste die euwel! Schutte en DA kruisig die waarheid ter wille van gewildheid.

andre barnard ·

Hoekom wys Schutte nie haar deel van die gesprek nie. Lyk my sy het ‘n verskuilde agenda.

TREVOR ·

ek stem saam Andre Barnard. iets klink duister in die boek

.Annoniem ·

Die DA hardloop nou met die saak asof hulle as regter daaroor aangestel is sonder dat hulle alby se kant gehoor het. Nêrens sien ek dat die DA enigsens op getree het teen die rassistiese grafitti teen ‘n muur laasjaar met die studente se betogings nie en ook nie teen die rassistiese woorde op sy T-hemp nie. Ook het hulle nie op getree teen die Rhodes #must fall aktivis in die kaap en mededoener nie. Die DA lyk alhoemeer na ‘n “Glorified “ANC.

Gys ·

Ek stem saam met jou Andre. Klink of sy ‘n vendetta voer teen regter Jansen, as jy die volgende lees: “Volgens Schutte is dit nie die eerste keer wat sy probeer het om Jansen se uitlatings openbaar te maak nie. Sy het dit reeds in Junie 2015 by die RDK aangemeld, maar daar het blykbaar niks daarvan gekom nie.”

tamboti ·

Ek sal my weerhou van uitsprake teen me. Schutte, maar ek sal haar dophou! Klassieke geval waar ‘n kenner se “persoonlike” mening as bloot rassisme uitgekryt word. Ek is oortuig dat volgens die trant van haar gesprek die regter al bietjie getreiter is en al begin veralgemeen en vergroot, maar net so oortuig dat hierdie stelling al gemaak is deur ‘swart” vroue in die openbaar en selfs in geskrewe literatuur. Dis is grotendeels waar en nie net in SA nie maar ook in res van Afrika – maar die DA ken natuurlik nie perke in hul poging om alles wat wit en Afrikaans is te vernietig in hul versugting na swart stemme in SA. Geluk DA, ek hoop haar opvolger gee jul ‘n lekker ANC dankie!

Pieter ·

iets klink ook nie vir my reg nie waar is die hele gesprek??

henk ·

Het nog nooi facebook hehad nie en sal dit nooit kry nie.
Dit is ‘n euwel.

Dirk T ·

Het vir jare met tieners gewerk. Die regter se uitlatings is deel van wat ek ondervind het. Sy het egter die fout gemaak om ‘n gedragskode te verbreek. Indien enige navorsing gedoen word in die geval wat die regter noem en syfers vasgestel word, kan ‘n taamlike goeie aanduiding gekry word oor die werklike stand van sake.

My opinie ·

Dit klink vir my asof regter Jansen doelbewus genader is om haar persoonlike opinie te gee in ‘n persoonlike gesprek met iemand wie sy kennelik vertrou het sodat dit teen haar gebruik kan word.
Gillian Schutte erken dat sy reeds in 2015 ‘n klag teen regter Jansen by die DRK wou lê.

Hoekom word daar nie eerder vir die wérklike slagoffers van seksuele misdade in die bres getree nie? Wat word van hulle regte? Hulle loop met lewenslange geestelike en emosionele letsels terwyl die oortreder aangaan met sy lewe. Kyk na die hof statistieke en bring dit in konteks met wat gesê is. As jyself of iemand na aan jou ‘n slagoffer word dink mens dalk anders en sal daar nie so gou gepoog word om mense in diskrediet te bring en in die openbaar te kruisig nie.

christine ·

In die geskiedenis boeke al gelees van sommige Schuttes hulle ou gedrag. Regter blok haar. Sy soek aandag.

Karolis ·

Nou het ek alles gesien. My innige simpatie aan geval schutte se kind.

Poppie ·

Regter Jansen moet n appel van my aanhoor in n skeisaak. Bid rerig nie dat hierdie professionele selfmoordpoging my of enige ander saak gaan benadeel nie. Maak nie saam of sy reg is nie dis nie haar plek om sulke uitlatings op sosiale media te maak nie! Sommer boos oor haar kortsigtigheid!

Flippie ·

Die engelse noem dit “entrapment” in Afrikaans is dit verstrikking of uitlokking. Dit is ‘n vieslike, lae,gemene metode wat lae klas, lae moraliteit en integriteitslose bankrot joernaliste gebruik om mense met imbors en aansoek te verneder.

Dit is laag en gemeen om privaat gesprekke te openbaar. Almal het hulle eie lewens- en wêreldbeskouing en is daarop geregtig.

Die DA aan die ander kant het ‘n probleem. Hulle ly aan ‘n ermstige aandoening bekend as ‘n ras ontkennings kompulsie. Slegs mense wat ‘n lae selfbeeld en gebrek aan herkomstrots ly aan hieraan. Die belangrikste simptoom van die afwyking is oordrewe en kinderagtige reaksie waneer iets negatiefs oor swartmense gemaak word. Waneer daar egter iets negatiefs of kwetsend teen Afrikaners of Afrikaans gebesig word is hulle merkbaar afwesigheid of steun die negatiewe en kwetsende gedrag teen Afrikaans.

Ek kan nie verstaan dat enige regdenkende Afrikaner die DA kan ondersteun nie. Daar is baie beter opsies. Selfs die Sokker Party sal ‘n beter keuse wees.

Ek sal selfs so vér gaan om te sê dat die ANC ‘n beter keusr vir die Afrikaner is as die DA (en ek het hoegenaamd nie tyd vir die ANC nie).

Grap ·

Stem 100% wat doen hulle vir ons en die moskee goedkeuring in Valhalla was die spyker in die doodskis. .. sal nie vir hulle stem nie.

Pierre Celliers ·

Al die jare nog so. Afrikaners is geneig tot rugstekery om hul eie agendas te bevorder. Lelik, baie lelik, sies!!

Han ·

Pierre Celliers, ek stem saam met jou. Gillian Schutte voel seker nou baie trots op haarself en geniet skynbaar die klop op haar skouer! Sy sal nooit weer vertrou kan word nie. Haar optrede is laakbaar!

Maria van Dieweeck ·

Mabel was besig om met Gillian te skakel oor die skepping van n veilige hawe vir vroue en kinders wat deur hul eie families misbruik of verkrag word. Sy gee om!! Die arme regters is al getraumatiseer na alles wat hul daagliks aanhoor, hulle probeer help! Aktiviste soos Schutte is net oor hulself gepla. Sies! Glynnis gaan maak jou somme..

Koos ·

Wys net weer hoe onnatuurlik SA samelewing geword het as iemand nie iets kan se soos dit is nie. Breytenbach soek net stemme, sal beter wees as sy stilbly terwyl sy self tereg staan. Hierdie pogings om polities korrek te wees, al verkrag dit die waarheid is absurd. Tot Pres Zuma was al op vir verkragting, Schutte het seker daarvan vergeet

vierkleur ·

Ek sal voorstel dat geen blanke in die komende verkiessing vir die DA stem nie.
Hulle is daarop uit om ons blankes te veraai . Ek stem al die afgelope 5 jaar nie,want daar is nie 1 party wat my belange op die hart dra nie.

Die Schutte vrou moet miskien na stattestieke gaan kyk oor die stelling wat gemaak is,sy mag dalk wakker skrik uit haar droom wereld

John ·

Hallo daar, in die Nuutste nuwe Suid-Afrika! Word wakker mense en hou julle monde toe by die kerk, in die kantoor, in die ry by die poskantoor en voor daai niggie wat niks van jou hou nie. Dit is die nuwe vorm van sensuur voordat die vyand finaal toeslaan soos in ‘1984’. Diegene wat aandag soek, of ‘n beurs, of bevordering of ‘n foto op ‘n voorblad; hulle gaan die vuilwerk doen vir die wraaksugtiges. Moenie eers wonder of fluister nie, die voeltjies mag dalk luister … of ‘n klein apparaatjie.

Flippie ·

Foutjie, ons het 30 jaar saam teen kommunisme gestaan. Tot FW gegly het.

Lance ·

Bedoel sy nie die hele land word in alle aspekte verkrag nie met al die korrupsie vernietiging van skole / eiendom en uitermatige hoe syfer van eintlike verkragting self nie ?

Ben Prinsloo. ·

Ek het na die verwysing van Hein gaan kyk. Voordat ek kon lees het ek op n foto afgekom. Toe val alles in plek sonder dat ek gelees het. As jy iets oor die ander rasse te sê het is jy n rassis. As hulle iets oor ons te sê het is hulle maar net n aktivis. En o ja Glennys maak asb eers jou eie huis skoon voordat jy praat. Net ter inligting: die skole wat so afgebrand word is agv rassisme. Rassisme onder mekaar, die 2 stamme wil apart wees.

Irah ·

Daar is baie name vir iets soos Gillian Schutte, maar ek byt maar my tong voordat ek ook iewers van iets aangekla word.

Grap ·

As die kop dom is moet die lyf swaarkry so kry vir julle alle dom mense wat die tipe van gesprekke het op Facebook en Twitter

Petro ·

Stem saam…hou op sulke opinies op sosiale media kwytraak…onnosel!!

Frederiks ·

Miskien het die regter ‘n punt beet. Dit is op rekord dat selfs ons EERSTE BURGER al van verkragting aangekla was.

Veritas ·

My pa het altyd gesê dat die verskil tussen intelligensie en onnoselheid baie klein is. Die verskil tussen die twee is net dat die intelligente persoon, dink voor hy sy opinie lug en ‘n onnosele dink nadat hy gepraat het. Hier is ‘n duidelike bewys daarvan.

tamboti ·

So as iemand in enige vorm van gesprek die “waarheid ” aanhaal, is hul onnosel volgens julle? Ag nee, veg eerder vir vryheid van spraak (ingesluit die waarheid en geskiedenis) en vir Mabel, ek ondersteun haar 100%. Geen foute kan reg gemaak word as die ware oorsaak daarvan bloot gele word nie, en so ook verkragting en geweld teen vroue en kinders!

Leon Pit ·

Ek se my se aan die Edele toe die waarheid sal wen u werk elke liewe dag met sake soos die . Sterkte want u kan

Jana ·

Tyd geword dat die DA n slag vir ons blankes ook opstaan. Die bevoorregtes kan ons blankes maar beledig en slag spreuke oor blankes agter op hulle klere skryf maar daaraan word niks gedoen nie!

Rupert Ashford ·

Mense wat vir daardie publikasie in Hein se post skryf is almal gevaarlik. Maar daar is maar min sg joernaliste wat nie so sal optree nie. En ou Glynnis…hoop die valke sink haar…

Jaycee ·

Lyk my in die SA samelewing word ‘n vorm van uitsnuffel-en-verkla-stesel gekweek, amper soos die Stasi veiligheidsdiens van Oos-Duitsland bedryf het toe die land destyds ‘n kommunistiese bewind gehad het. Op ‘n persoonlike vlak, indien Schutte goed voel oor wat sy gedoen het, sit sy met onopgeloste “issues” waaraan sy aandag moet gee. Die wese van SA se inter-mens verhoudings is vinnig besig om tot ‘n vlak te daal waar mense hulle eie waarde evalueer in die mate waartoe hulle daarin slaag om ander se persoonlike menings uit te blaker, tot nadeel van die ander persoon, en boonop te glo hulle tree moreel korrek op. Dis siek…..baie siek….

John ·

Wanneer ons sekere sake oor die geskiedenis of in die samelewing nie mag debateer nie; dit op die ‘no-no’-terrein val, is ons terug in die middeleeue toe menigeen op die brandstapel beland het as hy/sy iets ‘verkeerds’ gese of gedoen het of op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was. ‘n Heksejag vir eie of ideologiese oortuigings of vir die werf van stemme, soos nou voor die verkiesing, sal in felheid toeneem. Die snoer van monde of denke is op die kaart vir Suid-Afrika, omdat te veel verkeerd is en te veel mense by die verkeerde betrokke is.

danie ·

Ek dink die rasis kaart word nou hol rug gery, meskien moet die wit mense maar die ander n guns doen en ” tools down” . As ons dan nie gemis word nie dan het ons ons antwoord.

Geirriteerd ·

Ag Schutte, is jy baie verveeld? hier is goeie advies…get a life!

Berhalet Beukes ·

Enige woorde kan uit verband uit geruk word om ‘n verskuilde agenda te pas. Gillian Schutte het net so min integriteit soos die res van die wolwe wat aandag soek. Miskien as sy haar bepaal by ware aktivisme en nie karakter moord om ‘n punt to maak nie, sal sy êrens op iemand ‘n indruk maak!

Piet Boer ·

Haar Edele het ook ‘n reg op privaatheid en ‘n reg op vryheid van spraak itv die Konstitusie. As Schutte se publikasie daarvan tot skade lei vir die regter moet Schutte dalk voor 08h00 ‘n goeie prokureur gaan sien!

Johan ·

Sosiale Network. Weer eens ‘n bewys van hoe gevaarlike dit is. Ek is oortuig dat Sosiale Netwerke die Land en dalk nog die Wêreld op sy kniee gaan bring. Regter, ek dink daar steek nogal baie waarheid in jou uitlating. Hulle sê mos die waarheid maak seer.

Rynhardt ·

Schutte wat het jy nou eintlik gekry deur regter te gasn verkla? Jansen het die waarheid gespreek, want sy het in hofsake gereeld gesien die wrede verkragting ban swartmeisies.n Paar jaar gelede het die program,3rd Degree met Debra Patta juis dit uit gewys waarvan regter Mabel Jansen praat.Schutte en DA gaan jul 3rd Degree ook verkla? AKry net n lewe! DA jy sal nooit opkom vir enige blanke in SA nie, jy sal liewer sorg dat daardie blanke vervolg word! Ek, Rynhardt kan nie kruipers hanteer in SA nie! Vandag is dit heeltemal duidelik, waar ons mense die waarheid oor iets se word dit geklassifiseerd as rassisme, veral as jy wit is!Maar waar daar vandag vir 22jaar rassisme heers teen ons blankes, kry geen haan daaroor nie! Kyk net die skynheiligheid!!

E.K. ·

Beste raad: BLY WEG VAN ALLE SOSIALE MEDIA soos Twitter en fb! Dit kos net een persoon wat iets teen jou het/wil hê om ewigdurende probleme vir jou te veroorsaak. Bly weg mense, bly weg.

Albert Hoffmann ·

Daar bestaan reeds navorsing met feite om te bewys of die Regter se stellings korrek of foutief is. Kan iemand wat daaroor beskik dit asseblief laat publiseer?

Gerda ·

Hierdie hele debakel is na my mening georkestreer. Hoekom wag tot nou om met hierdie belaglike aantyging op die lappe te kom. daar gebeur baie insidente wat kultuur verbonde is. Negatiewe voorvalle wat onder die mat van kultuur gevee word. Nee wat, hoekom word die joernalis nie aangevat nie? Laat sy vertel deur wie sy betaal is om die vertroulike gesprek te publiseer! In S A is dit blykbaar die kultuur om ALLES af te breek of af te brand, nie ‘n kultuur om op trots te wees nie.

Theo ·

ek het eerstehandse ondervinding van die geweld teen swart vroue. in olievenhoutbosch het ek self gesien hoe n swart man n vrou neer gooi en haar, teen haar wil, wil ontklee gelukig het swart vroue haar te hulp gesnêl. die tweede keer het n swart man die vrou betas terwyl sy retireer en sy hande weg klap, (vyf swart mans het gestaan en kyk) ek het nader gestap en in zulu vir hom gevra wat doen hy, toe loop hy weg, die angs in die vrou se oë sal ek nie vergeet.

pop ·

Die regter is verseker haar werk kwyt. Maar as ek sy is maak ek die hofrolle openbaar. Dan kan almal mos sien waarvan sy praat. En moet niemand ooit vertrou nie mense, witmense veral sal jou vir n pot lensiesop in die rug steek. Baie hartseer dat n mens jou kan verlekker in n ander se ondergang. Ek het dankie Here die verstand gekry om jare terug al van alle sosiaal media af weg te bly, veral twitter en facebook. Daar le mense soos honger leeus en kyk wie kan hulle sink

Kosie ·

Iemand met die agtergrond en ondervinding van die regter sal nie ongegronde bewerings van so n sensitiewe aard maak as sy nie bewyse daarvoor het nie. Ek glo dat sy as regter heelwat inligting sal hê om haar bewering te staaf. As sy dit nie kan doen nie, was sy doodgewoon dom om die bewerings te maak!. Ek kan dit nie glo nie en sou as leek haar aanraai om die feite waarop sy haar bewering baseer, publiseer sodat almal wat kan lees dit lees en hulle eie gevolgtrekkings kan maak. Dan sal die waarheid uitkom!

Weskus Kreef ·

Mense, gaan kyk die link hier bo genome. Dan sal julle verstaan hoekom sy so ontstel is………

Tess ·

Kyk maar net na Schutte. Sy het haar eie ras verraai. Sy is nie meer blank nie, maar word ook nie deur die swart of bruin mense aanvaar nie. Dit is hoekom sy n aktivis is. Iemand wat sonder identiteit is en net moeilikheid vir ander maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.