Regter bekommerd oor bylmoorde-saak ‘onnodig verleng’ word

Henri van Breda. Foto: ANA

Henri van Breda se moordverhoor is tot later die maand uitgestel sodat nog ʼn getuie vir die verdediging kan voorberei.

Regter Siraj Desai het die saak tot 27 November uitgestel, maar gesê hy wil die saak teen einde vandeesmaand afhandel. Dit volg nadat adv. Piet Botha, vir Van Breda, Maandag gesê het sy kliënt het Woensdag ʼn epileptiese aanval gehad en is Donderdag in die MediClinic Constantiaberg opgeneem. Hy is deur ʼn neuroloog ondersoek wat die toestand as ʼn vorm van epilepsie (jeug- miokloniese epilepsie) gediagnoseer het.

Botha het versoek dat die neuroloog, dr. James Butler, as getuie geroep word. Volgens Botha is daar wel ʼn breinskandering beskikbaar wat vir die diagnose ingespan is, maar Butler het meer tyd nodig om aan ʼn omvattende verslag te werk. Butler sal na verwagting ook kan lig werp op die twee uur en 40 minute-tydgleuf waarin Van Breda glo sy bewussyn verloor het.

Die verdediging sou Maandag ʼn sielkundige ontbied om te getuig, maar die saak is uitgestel sodat die sielkundige haar verslag kan wysig indien nodig aangesien sy nog nie die neuroloog se verslag gesien het nie.

Staatsaanklaer adv. Susan Galloway het nie beswaar gemaak teen die verdediging se beroep dat Butler as getuie geroep word nie. Die uitstel sal die staat ook kans gee om met nog ʼn kenner oorleg te pleeg indien nodig.

Desai het gesê die verhoor word “onnodig verleng”, maar het Botha se verklaring aanvaar dat die getuie onverwags was. “Ek is huiwerig, maar sal wel die verhoor uitstel, want dit is in die belang van geregtigheid om dit te doen.”

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. Hy het onskuldig gepleit op die aanklagte en hou vol ʼn aanvaller het sy pa, Martin, ma, Teresa, en broer, Rudi, met ʼn byl vermoor en sy suster Marli ernstig gewond.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Stresvol ·

Stresvol of dalk nie, dalk geen aanval. As ek die staat is, dring ek aan op nog ‘n scan deur ‘n heeltemal ander Neuroloog en hospitaal, terwyl die polisie teenwoordig. Die Regter se gevoel is weereens in die kol, die saak word gerek, die gap van meer as 2h40 min moet gevul word…….. sjoe nooit gedink ‘n epileptiese aanval kan gebruik word nie, dalk verskyn dit ook binnekort op die rakke soos pille. (Positiewe gebruik van aanval – tyd opmaker …..)

Epilepsie ·

Epilepsie is in sekere mense ‘n realiteit en werklik hoop ek dat hierdie neuroloog en mannetjie nie besig is om die spot te dryf met die siekte nie. Epilepsie kan nie net geleen word en dan terug gegee word nie. Dit sal werklik vir ons ‘n hartseer dag wees wat elke dag met die nagmerrie en skade moet saamleef.

Reuse ontdekking ·

Sopas is ‘n reuse ontdekking gedoen en gaan medici oor die wêreld verstom. Henri van Breda kry 2 epileptiese aanvalle – 2 jaar uitmekaar, die 1 duur 2h40 min, ‘n nuwe rekord vir die Guiness book of records!!!!!! Wow jy gaan op meer verskeie gebiede wereld geskiedenis maak!!! Impressive, well done aan die unieke neuroloog, jy gaan as die leier van ontdekkers uitstaan vir die nuwe medici!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Donsie ·

Dieselfde neuroloog het my kind behandel vir jare. Hy is n man van sy woord. Jul wat so “ligsinnig” kommentaar lewer oor n siekte toestand, kry asb jul feite reg.

Ek wil graag weet ·

Donsie, kry jou kind aanvalle van 2uur en 40 min aaneen? Die aanvalle gaan by van Breda as gap vuller gebruik word. Hy kort iets om 2h40 min te verduidelik hoekom hy geen hulp aan beseerde (volgens hom deur buitestaander veroorsaak ) by te staan of nood dienste te ontbied nie.

Christine ·

Regtig die kommentaar wat hier verskyn oor epilepsie spreek van n totale gebrek aan kennis. Dit is moontlik om net 2 aanvalle te kry in 2 jaar of selfs net 1 wat noodlottig kan wees. Hou asseblief op met enige kommentaar op dr. James Butler hy word in alle mediese kringe gerespekteer plaaslik en oorsee en is n absolute kenner op sy gebied. EN ja spanning kan epilepsie veroorsaak. n Ma met n seun met epilepsie wat n pasient van dr. Butler is.

Wel ·

Dan behoort die pasient en Dr Butler geen probleem met n 2de opinie te he nie.

Wonder maar net ·

Hoekom word enige vra van ons kommentators rondom Marli verwyder en nie beantwoord nie. As sy terug skool toe kan gaan kan sy ook sekerlik hof toe gaan al is dit in camera. Iets word weggesteek.

Herman ·

Net so!! Ek glo sussie weet baie. Maar hoekom haar so beskerm en weghou van die feite te vertel? Hoop die waarheid kom gou uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.