Die afgetrede appèlhofregter Ian Farlam is deur die Wes-Kaapse regering aangestel om as tussenganger op te tree in die konflik tussen minibustaxibestuurders in die provinsie wat verlede maand tot geweld gelei het.
“Die twee minibusgroeperings, die huidige uitvoerende lede van Santaco en die sogenaamde minibustaxibedryf se ‘taakspan’, het albei ingestem tot regter Farlam se aanstelling, asook die bepalings van die bemiddelling,” het Donald Grant, LUR vir vervoer en openbare werke, gesê.
Grant het gesê regter Farlam het Maandagmiddag ʼn inleidende gesprek gehad met ʼn taakspan van die rolspelers. Hy sal na verwagting die oorsaak van die konflik probeer bepaal oor die verkiesing van nuwe leierskap in die taxibedryf om ʼn langtermynoplossing te beraam.
Busse is in die middel van September in Kaapstad met klippe bestook en paaie is versper toe die taxibestuurders gestaak het. Hulle het ook betoog teen die stad se beleide oor die skut van voertuie.
Grant het gesê onstabiliteit in die taxibedryf veroorsaak chaos vir pendelaars.
Die taxigroepe het ingestem om op 18 September deel te wees van die bemiddellingsproses. Farlam was die voorsitter van die ondersoek oor die afsterwe van mynwerkers by Marikana in 2012.
Hoop nie hy ry bloulig brigade op belasting betalers koste na ondehandelings tafel toe nie. Eerder ‘n Uber taxi dalk ….
Watter versekeraar doen versekering op daardie busse? En hoeveel beladings word betaal? Openbare padvervoer is nou ‘n geweldige risko om te verseker. Eintlik alles in Suid Afrika.
Die self aangewese magsbasis wat die Taxi bedryf op SA het is ongelooflik? Dra NIKS by dmv van enige belasting nie maar demand elke dan en wan iets nog meer absurds as die vorige keer? Maar hey dis blykbaar wie en wat ons land regeer: die een na die ander meer magsbehepte groep terroriste wat brand en breek en dreig en steel en vat en verwoes en die land tot sy knië dwing. Mens noem dit blatante anargie!!!!!!
Volgens die berig sal die regter “INGRYP” by Marikana. Om WAT te doen en WAT daarna?
Dit het tyd geword dat die aantal taxis op roetes drasties beperk moet word.Hulle is eenvoudig net ‘n euwel op ons paaie.