Regter meen groep advokate is te wit

Regter Mandlenkosi Percival Motha (Foto: @whyjudgesmatter/Twitter)

ʼn Regter in die Pretoriase hooggeregshof wil hê die groep regslui wat voor hom verskyn het, moet verduidelik waarom daar nie ʼn enkele swart advokaat teenwoordig was nie.

Regter Mandlenkosi Percival Motha het op 16 Februarie ʼn e-pos aan die groep regslui gestuur waarin versoek word dat die advokate ʼn 10 minute-voorlegging moet lewer waarom nie ʼn enkele swart advokaat in die saak betrokke is nie. “Kom dit nie neer op ‘n skending van artikel 9 van die Grondwet nie?” wou Motha weet.

Artikel 9 van die Grondwet hou verband met die bereiking van gelykheid en bepaal dat “wetgewende en ander maatreëls getref kan word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is”.

Die groep regslui het op 23 Januarie voor Motha verskyn in ʼn saak tussen PERI Formwork Scaffolding Engineering en die Kommissie vir Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Adv. Arnold Subel SC en adv. Johnny Klopper het vir PERI Formwork opgetree en adv. Johan Brand SC en adv. Anna Granova vir die kommissie. Uitspraak is voorbehou.

Die voorleggings, soos deur Motha versoek in sy e-pos op 16 Februarie, sou tydens ʼn virtuele hofsitting op 23 Februarie aangehoor word.

In ʼn daaropvolgende e-pos, op 20 Februarie, het Motha egter weer ʼn e-pos gestuur om die virtuele verhoor te kanselleer. Hy het versoek dat albei die regspanne “steeds kort betooghoofde moet indien om die hof se kommer aan te spreek, naamlik die moontlike oortreding van artikel 9(2) van die Grondwet weens die versuim om ʼn swart advokaat in die saak te hê”. Hy wil dié betooghoofde teen 28 Februarie 2024 ontvang.

Adv. Brand het intussen in ʼn memorandum aan regter Motha gesê dat hy, as ʼn lid van die Pretoria Vereniging van Advokate, dadelik ná die ontvangs van die eerste e-pos die voorsitter van dié organisasie telefonies gekontak het om hom in kennis te stel van die saak.

“Die opdrag/bevel/versoek deur u hou verband met ʼn beginsel wat nie net die betrokke regspanne in die saak raak nie, maar ook elke regspraktisyn in Suid-Afrika,” skryf hy in die memorandum aan Motha.

Alhoewel hy “baie hoë agting het vir die amp van ʼn regter”, vind hy Motha se versoek “heeltemal onbehoorlik en onvanpas vir die kantoor van ʼn regter”.

Brand sê dit het eerstens niks te doen met die meriete van die saak nie. “In die tweede plek het die regspanne ook geen probleem met mekaar oor die samestelling van die regspanne nie en in die derde plek is kliënte vry om te kies wie hulle ook al wil om hulle in die hof te verteenwoordig.” Brand sê artikel 9(2) waarborg dié reg.

Hy sê hy kon ook nie enigiets in artikel 9 of die hele Grondwet vind wat enige prokureur en/of kliënt dwing om enige prokureur aan te stel van ʼn sekere ras, oortuiging, geloof of geslag nie.

“Moet regspanne nou weier om ʼn saak te aanvaar omdat daar nie enige swart prokureurs is wat saam met hom kan verskyn of teen hom kan verskyn nie? Dit laat ook die vraag ontstaan: Hoekom is u slegs besorg oor ‘swart’? Wit vroue word ook geklassifiseer as voorheen benadeeld. Waarom noem u nie enigiets oor Indiër vroue, bruin mans, ens. nie?”

Brand sê dit is boonop ironies dat die statistieke vir die kantoor van die staatsprokureur in Pretoria wys dat 39 swart regslui in Januarie aangestel is teenoor vyf wit, drie Indiër en een bruin. Uit dié getal was 10 swart vroue, 29 swart mans, vier wit vroue, een wit man, twee Indiër vroue, een Indiër man en een bruin man.

Brand wou ook by regter Motha weet of dit ʼn impak sou hê op sy uitspraak indien die aanstelling van vier wit regslui (insluitend ʼn vrou) in die betrokke saak tog neerkom op ʼn skending van artikel 9 van die Grondwet. “Het dit enigiets te doen met die geloofwaardigheid van enige party?”

Hy meen die regter het in die arena van politiek beweeg deur ʼn vraag te vra wat niks te doen het met die meriete van die saak waaroor hy moet uitspraak lewer nie.

Hy bevestig in die skrywe aan regter Motha dat hy nie bereid is om te voldoen aan die versoek om betooghoofde in te dien nie. “Ek doen dit met die volledige kennis van die hoë amp wat u beklee en ek doen dit onwillig, maar uit oortuiging. In soverre as wat dit nie ʼn bevel was nie maar ʼn versoek, wys ek u versoek om betooghoofde met respek van die hand.”

Rasvooroordeel

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê ʼn regter moet reg spreek oor die saak voor hom en nie oor die ras voor hom nie. “Regter Motha het homself skuldig bevind aan rasvooroordeel en is dan nie meer waardig om as regter op te tree nie. As rasregters die norm word sal dit tot groot nadeel van regspraktisyns, gewone Suid-Afrikaners en regspleging word. Hierdie mag nie gelos word nie.”

Hermann sê die Solidariteit Regsnetwerk sal verder ondersoek instel.

Adv. Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, meen ook die regter het buite orde opgetree. “ʼn Regter hoef hom nie te bemoei met die keuse van kliënte oor hul regspanne nie.”

Volgens hom is dit van belang vir die regsprofessie in sy geheel vir wat in dié saak gebeur.

“Ons sal wag vir die uitspraak van die regter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Casper ·

Hoe onvanpas en onverantwoordelik van ‘n regter om so iets kwyt te raak.Hy en Hlophe kan mekaar gesêlsskap hou.

Schalk ·

Komende van ń regter sal ek aaneem sy uitsprake in sake van rasverskil is dalk oorwegend eensydig. Dit maak die regstelsel se eerbaarheid dan debateerbaar.

Yvonne ·

Nou toe nou…is hy dalk een van die wat dalk deel van die kader ontplooiing is..my beskeie mening…as hy nie eers besef wat sy mandaat is nie dan weet ek darem nie

Frank ·

Kan amper gronde wees om enige saak waar hy “regter” was en die partye wit te bevraagteken met sulke rassistiese partydigheid

Pieter ·

Regtig, klink vir my eerder of die ou in die sirkus behoort. En hoekom kty blanke besighede nie staats tenders nie, en hoekom moet blanke besighede so baie van hulle aandele aan swart persone gee, om besigheid te kan doen is SA?

Hierdie nonsens moet ent kry, en baie vinnig want dit gaan hierdie land in n zimbabwe verander.

Marthinus Johannes ·

Hy tree op Soos n Rasis. Wie kies of stel die regters aan? Hy moet net sy flippen werk doen en wegbly uit die politieke.

Jakes ·

Die agbare regter is n rassis wat waarskynlik onbekwaam is om die pos te beklee. Weereens n fout deur Ramaphosa want hy stel regters aan.

Marthinus Johannes ·

Kliënte kies self Wie hulle moet verdedig of so nie die staat. Die regter het geen sê hier in nie. Dink die kliënte moet maar n vertoë rig en n ander regter kry want hierdie een is klaar bevooroordeeld.

Cassie Carstens ·

Nog ‘n kader ontplooing met ‘n bedenklike regter, hy behoort dieselfde pad as Hlope te volg!

skurweberg ·

Wat het van die Equity wet geword ? Word dit volgens die letter toegepas?

SjN ·

Die regter trek weereens die raskaart en daar moet teen hom opgetree word, dit bly seker die klient se keuse wie hom verteenwoordig, hy betaal immers vir die diens.

Piet parys ·

Wens Glynis Breytenbag word n regter dan sal sy 80 % van daai lot fire.

Mieke ·

Did glad nie nodig om die raskaart te gebruik nie. Laat die persoon wie die beste werk kan lewer, die pos behou. Ons sien lankal wat gebeur wanneer kwaliteit teenoor kwantiteit verbeur word

My siening ·

Wat n skande vir die reg ek sal hul nooit vertrou nie want hul is openlik rassisties soos alle kaders van Cyrel!

TO ·

Meer tyd op hande om hom besig te hou net beuselagtighede as waarvoor hy aangestel is. Siestog speel die raskaart

Jacques Dawie ·

Dadelik, bring aansoek dat hy verwyder word van saak. Wat het kleur van n persoon te doen met persoon se regs posisie, en dit in n hof? SWAK.

Pieter ·

Laat dit nie daar nie, begin hulle eie logika gebruik. Maar nou ja, die lot kan mos net so ver sien soos die neus lank is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.