Regter ‘nog nie gereed’ vir uitspraak

Abraham Fourie in die hooggeregshof in Bloemfontein (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Die familie van Maryna Venter (49) was sigbaar teleurgesteld toe die uitspraak in hul dogter se moordsaak tot volgende maand uitgestel is.

Regter Motsumi Litheko sou Woensdag in die hooggeregshof in Bloemfontein oor Abraham Fourie (54) se lot uitspraak gegee het, maar het gevra vir meer tyd.

Volgens Litheko is hy nog nie gereed om ʼn uitspraak te lewer nie. Die uitspraak sal nou na verwagting op 12 Julie geskied.

Venter se ouers en broer en dié se vrou het Woensdag die hofsaak bygewoon met die hoop om berusting te kry. Hulle was teleurgesteld dat die uitspraak nie gelewer is nie en dat hulle nou nog langer moet wag vir regverdigheid om te geskied.

Hulle wag nou reeds langer as ʼn jaar op geregtigheid, nadat Venter se verminkte en gebrande liggaam op 13 Junie 2021 in die paar se huis in Waterstraat, Senekal, aangetref is. Volgens die nadoodse verslag is Venter met warm water gebrand en het sy noodlottige borsbeserings opgedoen.

Fourie staan tereg vir die moord op Venter. Daarby staan hy ook tereg op twee aanklagte van aanranding, twee van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook dwarsboming van die gereg.

Die staat het Maandag redes aangevoer waarom hy meen Fourie vir Venter opsetlik vermoor het. Staatsaanklaer, adv. Danie Pretorius, het ook die hof gevra om Fourie se getuienis te verwerp omdat dit ’n valse weergawe van die waarheid is.

Venecia Abrahams, Fourie se regsverteenwoordiger, het weer op haar beurt aangevoer dat haar kliënt uit die staanspoor oop kaarte met die hof gespeel het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Maritza ·

Hulle weet darem hoe om die belastingbetaler se geld te mors. Hys skuldig bevind. Sluit hom toe. Wat is so moeilik?

Perdeby ·

Nie altyd so maklik soos jy dink nie. Gaan sit in sy stoel dan praat ons weer! Dit gaan nie oor die belastingbetaler se geld nie, maar wel oor dir regte besluit.

Niklaas ·

Die regter is dalks nie heeltemal seker wat die SA wet se geskikte strawwe in gevalle van hierdie tipe misdaad is nie.

Frank John ·

Dit klink of regter nog paar rand uit die extra hofsaak wil maak

Marcello ·

Wat hulle nie besef nie, hoe langer die verdediging (die regsverteenwoordiger) optree namens die familie se onkostes net ophoop vir elke uur wat hy/sy daar sit, of optree in die Hof. En glo my dit is nie ‘n bietje nie, ‘n arm en ‘n been.

Casper ·

Die strawwe vir die misdrywe is daar om toegepas te word.Die regter moet nou kyk na versagtende en verswarende omstandighede.In hierdie saak is daar geen versagtende omstandighede nie omdat dit beplan was en hy dit wou laat lyk het soos selfmoord.Haar sogenaamde drankprobleem is nie deur een van die getuies geopper nie so ek dink hy het daaroor gelieg.Hy kon haar gelos het.

TO ·

Nou wonder ek wat moet ek se, ek wag al 14 jaar vir geregtigheid in my seun se moord, en nou is die docet weg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.