Regter-rasherrie: Mabel Jansen bedank

Mabel Jansen

Regter Mabel Jansen, wat verlede jaar ‘n herrie veroorsaak het weens uitlatings op sosiale media, het bedank.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement van justisie, het gesê Jansen het pres. Jacob Zuma en Michael Masutha, minister van justisie, skriftelik van haar onmiddellike bedanking in kennis gestel. Masutha het Jansen bedank vir haar diens.

Jansen is in Mei 2016 op spesiale verlof geplaas nadat ʼn private gesprek van 2015 tussen Jansen en Gillian Schutte, ʼn joernalis en aktivis, aan die lig gekom het. Schutte het die gesprek, waarin Jansen haar mening verduidelik oor swart Suid-Afrikaanse mans se beweerde kultuur van verkragting, openbaar gemaak.

Schutte het skermskote geplaas waarin Jansen glo skryf: “In hul kultuur is ʼn vrou daar om aan hulle genot te verskaf. Punt. Dit [seks] word beskou as ʼn absolute reg en ʼn vrou se toestemming is nie nodig nie.” Sy het ook geskryf: “Ek moet nog ʼn swart meisie ontmoet wat nog nie teen 12-jarige ouderdom verkrag is nie. Ek is doodernstig.”

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) is steeds besig met ‘n ondersoek na Jansen se uitlatings. “Haar bedanking sal egter ‘n langdurige dissiplinêre proses verhoed,” het Mhaga gesê.

Jansen het, kort na haar uitlatings aan die lig gekom het, op haar Twitter-rekening gereageer en geskryf: “Wat ek vertroulik aan iemand gesê het, is heeltemal buite konteks geneem en verwys spesifiek na hofsake.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jordaan ·

Nog ‘n wit persoon wat haar werk en toekoms verloor, maar ons wag steeds dat daar enige negatiewe gevolge is vir enige van die swart rassiste. Die MRK is ‘n eensydige liggaam wat net witmense straf.

Ken ·

Ek is so gatvol vir hierdie eensydige rassisme in die land……. Hoe belaglik.

Ronel ·

Suit aan by Solidariteit se regsafdeling wat besig is om hardte baklei teen juis die issue!

andrea van vuren ·

Die Schutte vrou is so agterbaks. Ek hoop sy kry nou lekker. My wens aan haar is: ek hoop jou gewete pla jou tot en met jou sterwensdag!

Piet Pille ·

Wanneer plaasboere as onderdrukkers beskryf word, moet dit ook nie sulke gevolge he?

Basjan ·

Geagte regter, ongelukkig is jy wit. Die kanse dat jy sou loskom, is nul. Kyk maar na Helen Zille se saak.

Simpel ·

Hoekom bedank sy, hoekom vra ons om verskoning. Het die Minister om verskoning gevra wat die WITTES LEWENDIG wil begrawe? Het enige van die FB inskrywings TEEN wittes enigsins erens gekom by die MRK of politieke partye? Het Malema iets oorgekom omdat hy die wittes LEWENDIG wil afslag? Se my hoekom hardloop die wittes so maklik weg? Hulle staan nie by die punt wat hulle gemaak het nie? Die eensydige toenadering tot rassisme gaan nooit tot ‘n einde kom nie! Dit het ‘n rasse-belaglikheid geword!

PJ ·

Wat van die dronk bestuur regter ek dink 10 jaar gelede wat nou nog by huis sit en n og n salaris verdien?

Johann ·

PJ. Vra ek ook???????? Seker nog op betaalde verlof by daai Shebeen in Saxonworld? SKOKKEND!!!!!!

Lee ·

So jammer sy moes bedank. Nice van Gillian Schutte om ‘n privaat gesprek te publiseer. Jansen moes eintlik geweet het dat jy nie ‘n joernalis kan vertrou nie. Dalk het die joernalis dit reeds gepost omdat haar man ‘n ander ras is. Jansen moes eintlik eers haar huiswerk mooi gedoen het voordat sy enige uitlatings gemaak het.

Gmf! ·

Klink vir my of me. Schutte haar mes ingehad het vir Mabel Jansen. Sy het presies geweet wat sy doen toe sy die gesprek openbaar gemaak het. Suur druiwe? Mag sy eendag voel hoe dit voel as die skoen aan die ander voet sit.

Rabes ·

Ek weet wat is die groot probleem in die land. Die blankes wil jannie jammergat speel en is te bang om hul man te staan sit ‘n slag jou voet neer en sê jou sê, want jy het ook ‘n reg.

Ina ·

Me Jansen het, soos Helen Zille bloot ware feite genoem, weet nie hoe kan enigiemand kapsie maak teen feite en dit rasisme noem nie.

·

Die ergste is dat sy ñ swart kind aangeneem het lank gelede al. Sy is dus beslis nie ñ rasis nie. Wat sy gesê het is uit ondervinding met die sake wat sy hanteer het. Gillian Schutte is ñ “aktivis” Die regter het meisies beskerm. Danksy Schutte is daar minder mense wat iets goed doen. Sies vir jou Schutte, hoop jy is trots op jouself! Wys vir ons hoe jy al enige iemand gehelp het en nie net geblaf het. Baie sterkte aan jou Regter Mabel Jansen. Dankie vir die mense wat jy gehelp het.

Boerseun ·

Sy doen nie, sy is kwaad vir die wereld oor die hand was vir haar uitgedeel is.

Boerseun ·

Sy gaan nie. Haar soort het ek lankal afgesryf, hulle praat maar nog net so nou en dan my taal soos ou Max. Dan praat hulle nog met wipneuse ook.

Andre ·

Ek gee nie om wie wat se nie, joernaliste behoort eties op te tree en bronne te beskerm. Die regter was reg in haar uitlatings en ek kan dit statisties bewys. Gillian het vrae gevra en die onderhoud was off the record. Mabel Jansen ek steun jou on the record. Gillian as aktivis behoort jy geskrap te word van die rol in jou soeke na sensasie.

Tc ·

Alles weer uit konteks geruk,sy haar mening gegee oor stand van sake in SA uit n regter se oog wat elke dag sulke sake aanhoor.Maar weereens ek die swart persoon is onskuldig,en regering sal nie dit erken nie,net soos die taxi’s op die paaie wat ongelukke veroorsaak.

Luister ·

Miskien kan sy aansluit by Gerrie Nel. Ek is seker hulle sal saam baie goeie werk kan doen.

Cherokee ·

En niemand kon of het selfs net probeer om Mabel Jansen verkeerd te bewys, nie. Logiese redenasie sou tog wees om haar eers verkeerd te bewys voordat disiplinêre stappe teen haar geneem is. Sedert haar skorsing is sy egter steeds keer op keer reg bewys.

Justice ·

Niemand kon die regter verkeerd bewys nie omdat al die statistieke in haar guns tel.

Drikus ·

En wat het die openbaarmaker van die gesprek nou daarmee bereik? Voel sy goed as sy in die spieël kyk? Veragtelike optrede. Sies.

André ·

Enigeiets wat teenoor hulle gesê word, word as rasisties gesien. Selfs al kyk jy net skeef na hulle.

david ras ·

Mabel Jansen…., Helen Zille….. Hoeveel ander nog ? ” Vertel net iets wat nie strook met die persepsie wat die liberaliste oor hierdie land het nie, en jy word geskel, gedemoniseer , en selfs vervolg.
Hierdie land raak nou soos Duitsland en ander Europese lande wat enige afwyking met hulle “waarheid” oor die Holocaust strafbaar maak met verpligte tronkstraf van 5 jaar.

Nie eers Mabel Jansen se kollegas op die regbank steun haar nie…….

Wat die Schutte vrou betref , en haar enersdenkende kollegas–hierdie stukkie advies van my geskiedenis onnie 57 jaar glede: ” die pen is wel magtiger as die swaard, maar hy wat die mag van die pen misbruik, sal in die mag van die swaard vaskyk..”

Ek dink ons stuur af op die groot veldslag tussen die Waarheid en die Leuen.

Koos B ·

Me Schutte wees nie bevrees nie hulle gaan seker eers jou naam vra en as hulle hoor dit is jy gaan hulle jou nie kwaad aandoen nie.

DomRegter ·

Die regter lieg openlik. Sulke siele kan nie op die regbank vertrou word nie. Good riddance,

Pieta ·

So hierdie voormalige regter stel dit as ‘n feit dat elke 12 jarige swartmeisie reeds verkrag is. Waar kom sy aan die twak? Ook maar goed sy verskoon haarself van ‘n waardige posisie.

DomRegter ·

Hulle moet voortgaan met aksie teen haar, laat sy haar pensioen verbeur.

SARIE VAN HEERDEN ·

PJ wat ‘n vraag vra oor wat van die dronkbestuur-regter van so 10 jaar gelede geword het en steeds by die huis sit en salaris ontvang: Jy bly agter, PJ, daar is BAIE soos hy. Hy sit en JY betaal.

Susan ·

wat is die lessie.

gebruik jou gesonde verstand.

hoe kan alle 12 jarige swart meisies al voor 12 jaar verkrag was.

die term swart sluit bruin, indier, afrikaan in.

jy weet jou vriendin is n aktivis en voel sterk teen sulke stereo tipes. (jy het gaar wel vertrou en sy moes eers so iets met jou uitgeklaar het.

moet nie van sosiale media ( whats app ook) gebruik maak as jy ongelukkig voel nie.

jy kan maar vir almal skuld gee. niemand het jou geforseer om die twak te skryf nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.