Regter roskam Nigeriese pastoor se vrou

Taiwo Omotoso in die hof. Foto: ANA.

Die Nigeriese pastoor wat tereg staan op aanklagte van mensehandel, verkragting, seksuele aanranding, en swendelary, se vrou is Dinsdag in die Port Elizabeth‑hooggeregshof deur regter Mandela Makaula aangespreek.

Timothy Omotoso se vrou, Taiwo, is aangespreek omdat sy opmerkings en handgebare gemaak het terwyl een van die staat se getuies, Cheryl Zondi, getuig het.

“Jy wat tussen daai twee mans sit, staan op! Hou asseblief op om opmerkings en handgebare te maak terwyl die getuie getuig,” het Makaula gesê.

Die vrou het haar hand skaam opgesteek terwyl Makaula met haar gepraat het. Taiwo is tydens die verhoor deurentyd gesien waar sy lag of glimlag tydens Zondi se getuienis.

Makaula het weereens koppe gestamp met Peter Daubermann, vir die verdediging, oor sy ondervraging van die getuie. Daubermann het herhaaldelik vir Zondi gevra hoekom sy nooit vir Omotoso gesê het om op te hou om haar seksueel aan te rand en te verkrag nie.

Die pastoor staan tereg op 63 aanklagte waaronder mensehandel, verkragting, seksuele aanranding, rampokkery en sameswering om ʼn ander persoon by te staan om seksuele aanranding te pleeg.

Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, Omotoso se medebeskuldigdes, word daarvan beskuldig dat hulle landwyd meisies gewerf het vir die doeleindes van seksuele misbruik.

Hy het na bewering meer as 30 meisies en vroue van verskillende gemeentes van sy kerk na ʼn huis in Umhlanga gebring waar hy hulle glo seksueel misbruik het.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sarel Strydom ·

Die verdediging sal seker later die optrede gebruik vir Appel. “Die Regter was bevooroordeeld teenoor my klient

n Mens sou dink.... ·

dat so iets nie aanvaarbaar sal wees nie……..duidelik is n mens verkeerd!

Hannetjie ·

Hierdie sogenaamde pastoor..hy en sy vrou en almal wat aan hom verwant is…moet gedeporteer word na hul land van afkoms.Hier is nie plek vir mens soos hy nie

Vaalknapie ·

Hannetjie hulle word gedeporteer om maar net more weer in die land verwelkom te word deur ons regering.

Vaalknapie ·

Hannetjie hulle word gedeporteer om maar net more weer in die land verwelkom te word deur ons regering.

Alida ·

Daar is genoeg getuies. Sluit die gemors toe met vrou en al.

Netso ·

Pastoor of de not! Gaan kyk bietjie van die Pous tot Pastoor is daar of ñ gepeuter of ñ heks wat van haar man moet skei deesdae!

Pieter Schoombee ·

Ek het die saak op TV gevolg en die regter is buitengewoon geduldig met die verdediging se Daubermann. ‘n Ander regter sou hom aangesê het dat sy vrae reeds beantwoord is en dat hy moet ophou om die getuie te ‘badger’.

LB S ·

As ek so na ENCA nuus kyk dan lyk dit of daar nie juis nuus is nie, want as jy die kanaal aanskakel is dit hierdie hofsaak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.