Regter sê dán oor klag van minagting teen DZ

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Siya Duda/ GCIS)

Regter Norman Davis sal na verwagting Vrydag sê of Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, haarself aan minagting van ’n vorige hofbevel skuldig gemaak het al dan nie.

Maroela Media het vroeër berig die drukgroep Liberty Fighters Network (LFN) het verlede maand gevra dat die hooggeregshof Dlamini-Zuma ses maande tronkstraf oplê vir minagting van ’n vorige hofbevel.

Davis het nou in ’n brief aan Reyno de Beer, president van LFN, bevestig dat hy Vrydag sy uitspraak elektronies sal lewer.

Dít volg nadat De Beer vroeër vandeesmaand ’n brief aan Davis gerig het waarin hy die regter vriendelik versoek het om sy uitspraak te bespoedig. Die drukgroep het in dié stadium drie weke op die uitspraak gewag nadat hy ’n dringende aansoek in Januarie ingedien het.

Die kantoor van die staatsadvokaat het egter beswaar teen De Beer se brief aangeteken en gevra dat hy berispe word vir sy versoek en nie verder toegelaat word om met Davis te kommunikeer nie.

De Beer het egter op 7 Februarie in nóg ’n brief, dié keer aan regterpresident Dunstan Mlambo, op dié beswaar gereageer en voet by stuk gehou dat dit onaanvaarbaar is dat uitspraak steeds nie gelewer is nie. Hy voer in die brief aan dit lyk “asof daar eers op die regering se goedkeuring gewag word”.

Hoewel nóg Mlambo nóg Davis op dié bewering gereageer het, het Davis se kantoor eindelik Dinsdag laat weet dat uitspraak Vrydag verwag kan word.

Die klag van minagting van die hof spruit voort uit Davis se uitspraak van 2 Junie verlede jaar waarin gedeeltes van die destydse vlak 3-inperkingsregulasies ongrondwetlik verklaar is ná ’n aansoek wat die LFN by die hooggeregshof ingedien het.

LFN het in ’n dringende aansoek aangevoer dat die sluiting van strande in die Tuinroete, in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal ’n direkte oortreding van die Junie-hofbevel is en dat die minister dus aan minagting van die hof skuldig is. Sy het tot 20 Desember tyd gehad om dié beperkings op te hef wat sy egter nie gedoen het nie.

Die beperkings is eers later opgehef te midde van ’n effense daling in Covid-19-infeksies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Mariana ·

Mors van tyd en geld. Teen die tyd moet almal weet die ANC beskerm sy kaders en hulle maak soos hulle wil. En die Zuma’s kraai koning…….onaantasbaar. Hoekom?Wat maak hulle so spesiaal?

john ·

Hy is speciaal want hy weet te veel van die vuil wasgoed van die ANC se top

Michael ·

Hofuitsprake en hofbevele teen die ANC en hul kaders beteken absoluut niks. Hulle ignoreer dit eenvoudig net. Die kans dat Davis NDZ skuldig gaan bevind is net so groot as dat ek president van SA gaan word

Persheks Adri ·

Ek hoop daar word ‘n voorbeeld van haar gemaak! NOG ‘n kader wat dínk sy’s bo die wet verhewe en kan maak soos sy wil pffft! Maak ons naar tsek man die hele lot van julle

Elize ·

Hierdie antie het die towerstaffie in die hand en boetie swaai sy vir hom!

Stefaan ·

Ons weet almal wat die uitspraak gaan wees. Hulle wil dit swart op wit om die punt te bewys.

Jackie ·

Net nog n Zuma. Die dag wanneer ons ophou om die howe as n teeniddel teen ANC vergrype te gebruik, is die dag wanneer hulle nog erger drakoniese regulasies en wette sal uitvaardig om die SA bevolking te verarm.

Juffrou ·

Ag sy steur haar doodeenvoudig net nie daaraan nie. Mos ook verhewe bo die reg. Én appél op appél. Ons is naar vir dié kopdoek.

Genis ·

Daai Kiki van haar spreek boekdele… Daar is n hof die gewone burgers, die wetgehoorsame burgers, en dan is daar howe vir “our pouple”… hulle kry spesiaale regters,…

Hennie J ·

Weer n regter wat te moeg/belangrik/besig/onbevoeg is om sy werk WAARVOOR ONS HOM BETAAL te doen, dit terwyl sy baas eerder bid oor entsowwe as om hom aan te jaag.

JohanR ·

Sal dit nie lekker wees as die een en die ex op die selfde tyd in die tronk is nie……twee voëls in een klap!

pompies ·

Ag nou ja, wat is nuwe nuus die zuma’s en hulle dinge dit sal n goeie sepie wees met n oneindige storie lyn. Baie beter as sewende laan wat nou probeer om al wat laag en gemeen is te betrek, so al die tronk voels kan dan in zuma en hulle dinge n tolletjie los slaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.