Regter se harde woorde vir Rohde: ‘Jy het jou vrou uitgestal’

Jason Rohde in die hof. (Foto: Armand Hough/ANA)

Daar word verwag dat Jason Rohde se regspan teen sy skuldigbevinding en vonnis sal appelleer nadat die sakeman vroeër vandag effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op sy vrou, Susan.

Regter Gayaat Salie-Hlophe het geen doekies omgedraai toe sy Rohde gevonnis het nie, en het die moord as “brutaal” en “skokkend” bestempel.

Maroela Media het vroeër berig Salie-Hlophe het Rohde tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en vyf jaar tronkstraf op aanklag van regsverydeling. Sy het beveel dat drie jaar van die tweede vonnis gelyklopend met die eerste vonnis uitgedien sal word, wat beteken Rohde sal effektief 20 jaar agter tralies deurbring.

Susan en Jason Rohde. Foto: Facebook

Salie-Hlophe het in haar uitspraak meer as een keer daarop gewys dat Rohde se optrede uit selfsug gespruit het. “Die dood en verlies van so ʼn merkwaardige persoon – ʼn dogter, ʼn ma, ʼn suster, ʼn vriendin – is op sigself ʼn traumatiese ervaring. Deur haar te blameer vir die omstandighede wat tot haar dood gelei het terwyl jy haar vermoor het, maak dit net nog erger. Jy het probeer om haar nalatenskap te skend deur haar dood as selfmoord voor te hou. Jy het haar geliefdes gelaat om te wroeg in hul rou en angstig te bespiegel oor hoekom Susan haar eie lewe sou neem,” het Salie-Hlophe gesê.

“Jy het haar uitgestal, mnr. Rohde, ongeag jou verpligting wat jy aan haar verskuldig was om haar te beskerm, wat jy aan haar liggaam, haar menswaardigheid en haar nalatenskap verskuldig was. Jy het hierdie oortreding begaan in ʼn wrede en selfsugtige poging om die mag van die gereg te ontsnap en die verloop van die gereg te dwarsboom.”

Rohde het uitdrukkingloos na Salie-Hlophe se uitspraak geluister voordat hy ná die vonnis gelei is na die hofselle toe.

Sers. Marlon Appolis en sers. Stephen Adams wat onder leiding van kol. Deon Beneke die Rohde-moordsaak ondersoek het. (Foto: Verskaf deur SAPD)

Susan Rohde se liggaam is op 24 Julie 2016 in ʼn geslote badkamer gevind in ʼn kamer by die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch wat sy met Rohde gedeel het. Sy het ʼn elektriese koord om haar nek gehad. Die koord was aan ʼn haak agter die badkamerdeur vasgemaak. Rohde het aangevoer Susan het selfmoord gepleeg, maar die hof het beslis dié weergawe van gebeure kan nie moontlik waar wees nie.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, het in reaksie op die vonnis die speurspan en vervolgingspan geloof vir hul goeie werk om Rohde se skuldigbevinding en vonnis te verseker. “Dit is bemoedigend in ʼn land wat onder ʼn vlaag geslagsgebaseerde geweld deurloop dat ons in staat is om ʼn vonnis te verseker. Ons vertrou dat die vonnis ʼn mate van hoop kan bring vir die families van vroue wat dieselfde lot gely het,” het Jula gesê.

Die polisiekommissaris het sers. Marlon Appolis en sers. Stephen Adams onder bevel van kol. Deon Beneke geloof vir hul harde werk in die Rohde-saak. Appolis en Adams was ook betrokke by die opspraakwekkende Henri van Breda-moordondersoek en die ondersoek na die moord op en verkragting van Hannah Cornelius.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Stella ·

Drie hoera’s,en nog een vir die uitspraak,,, lekker sit ou Rhode,my verdien eintlik om langer te sit.

Wie weet ·

20 Jaar is n lang tyd Hy gaan 70 wees hy daar uitstap by daardie tyd is sy skelmpie al langkal getroud en met kinders sy gaan al te lekke aan met haar lewe en nou sit Hy alleen in sy sel wat is die les hier bly by jou vrou en wees lief vir haar Die bybel se dit mooi Man wees lief vir jou vrou soos jy jouself lief het Dit lyk vir my hy was liewer vir geld net my opienie

SM ·

Ek het saam met ‘n persoon gewerk wat hulle goed geken het. Hy was so geskok oor die selfmoord en hoe sy dit aan haar man en kinders kon doen. Hy verdien dubbel en dwars sy vonnis.

oopkop ·

Hy het gekry wat hy verdien, die slang. Hoe kon hy so n mooi mens haar lewe ontneem vir sy skelmpie. Plaas hy van haar skei. Sou seker teveel verloor. Nou het hy alles verloor. Sy skelmpie kan maar vir haar kry, due wiel draai. Was dit nie vir haar nie, het dit dalk nie gebeur nie.

Amelia ·

Ek is baie beindruk met Salie-Hlope. Daar is te veel van hierdie tipe misdaad in ons land. Dit lyk egter nie asof Rohde enige gevoel getoon het tydens strafoplegging nie, ook nie tydens die hele hofsaak nie. Hy het geen berou vir wat hy gedoen het nie. Dit laat my dink aan die gesegde “boontjie kry sy loontjie”. Hy het ‘n ooglopend goeie lewe gehad, dit weggegooi vir ‘n minnares wat duidelik nie meer in hom belangstel nie, en het “geveg vir sy lewe” op sy vrou se finansies na haar dood. Wat ‘n klaaglike mislukking as man, pa en “human being”. Mag hierdie vonnis ‘n lewensles vir Rohde wees. Sy bekendheid, sukses en arrogansie was deurgaans duidelik voorop gehou en dit het nie gekeer dat hy so ‘n misdaad pleeg nie. inteendeel, ek het die idee gekry dat hy voel “hy mag maar want hy is Jason Rohde”. Nou moet hy maar vat wat kom.

RC ·

So, jammer vir die familie en vriende van Susan, hoop julle kry berusting.
Dankie aan die speurders wat hul werk so goed doen, ons het meer van julle nodig!
Dankie aan die landdros vir die vonnis, al wil baie meer jare tonkstaf of selfs die doodsvonnis verkies, het hy darem nie vry gekom nie.

GRIET ·

???? BAIE BAIE STERKTE aan die familie wat agterbly en geraak word hierdeur ??
En mag Rohde homself tot inkeer van berou kom en sy lewe regruk

Oud Rhodie ·

Sersante Appolis en Adams is staatmaker ondersoekbeamptes. Bevorder hulle asb. op meriete na Adjudant Offisiere en staak die politiekery met bevorderings in die SAPD.

Geen genade gehad vir haar. ·

Optrede van ‘n gewetenlose lafaard.

christa ·

polisie optrede en afhandeling was puik. Hulle verdien n aanprysing vir sulke puik diens. Rohde kan sit en verrot.

Neels ·

Wat n merkwaardige regter wat nie bang is om n vonnis te vel nie en ook om die skuldige op die waarheid te vertel nie.. Die regbank kort meer sulke regters.

Ekke ·

Hartseerdag vir sy hele familie. Hoop net die ander party wat saamgespeel het om hulle huwelik te vernietig sal n gereelde kuiergas wird by die gevangenis en lekkernye aa dra.

SS ·

Die man kon dalk met hierdie misdaad weggekom het mits dit nie was vir die fantastiese speurwerk van sers. Marlon Appolis en sers. Stephen Adams onder bevel van kol. Deon Beneke nie. Ek dink dis duidelik wie die helde hier is! Welgedaan, sersante! Ek weet nie of een van julle dalk die kommentaar onderaan die berig gaan lees nie maar ek wil namens amal vir julle dankie sê vir die werk wat julle doen, julle maak ons land ‘n beter en veiliger plek deur misdadigers aan die pen te laat ry. Dankie! Julle is ons Hero’s.

Mariaan ·

Ek stem Neels…sulke regters is die naam werd…RHODE…jy kry wat jy verdien…lewenslank sou eintlik gepas gewees het!! Nou het jy baie tyd om te dink oor hierdie afskuwelike daad! Hoop jou kinders vergeet v jou meneer!

Penellope Jones ·

My gedagtes is by die kinders wat nou die pad, die lewe verder moet aanpak.
Mag hulle vrede verkry sodat hulle, onder moeilike omstandighede, met hul lewens kan probeer aangaan en suksesvol wees.
Baie sterkte aan hulle.

Lee van Randburg ·

Susan en haar drie dogters lyk soos vriendinne. Dis tragies!

CL ·

Dit is ‘n aaklige storie. Nog aakliger is die felle oordeel van mense wat nie die Rhodes persoonlik ken nie wat ek oral hier lees. Hoe is dit dat mense ander mense so kan verwens en vervloek? Dis mos nie vir ons om te oordeel nie. Hy is skuldig bevind. Die man gaan vir baie lank tronk toe. Verder is dit niemand se saak behalwe die familie en vriende wat geraak is nie.

waarheid1 ·

Kla die minnares ook aan.
Sy is net so skuldig soos hy – want sy het saam met die man ‘n huisgesin vernietig .

jaco ·

Almal wat nou so ons regstelsel prys moet net onthou dat daardie selfde regstelsel vir die geringste ietsie wat ‘n wit mens aan ‘n swart mens sou doen, die swaarte strawwe denkbaar vir die wit oortreerders gee. Dikwels is dit ook gebaseer op asngedikte en hoorsê getuienis, of dis blote ongelukke weens onvoorsiene omstandighede.

Moord is Moord, dit gaan nie oor Kleur nie ·

Hemel weet, party mense sien net swart of wit, nie reg of verkeerd nie….

Tamzon ·

Ek juig vir die ondersoek span. Ek juig vir die Regter. Dankie vir breinkrag en dapperheid om sulke moordenaars vas te trek en te straf.

Susan du Toit ·

Ek hoop sy skelmpie het vir die res van haar lewe geen rus sy het net so groot aandeel in die verbrokkeling van die huwelik haar dag kom. God slaap nie

Sandra ·

Was die skelm verhouding wat hy met die “homewrecker” gehad het dit als werd? Sulke vrouens verwoes lewens. Stem saam dat sy ook n indirekte aandeel in die moord gehad het. Die arme kinders. Wonder hoe slaap die homewrecker snags( of dalk het sy haar volgende slagoffer in visier)

TN ·

Rohde behoort nie so swaar straf gekry het nie ; dit is duidelik dat dit die werk van die Duiwel was en dat Rohde nie vir sy eie dade verantwoordelik was nie .

Tilo ·

Slat hom Tannie Regter, slat hom hard. Hy wou mos vir die duiwel luister.

Mag dit vir baie n les wees wat gebeur as jy vir die duiwel luister….

Fran ·

TN, laat die duiwel dan gehaal word en gestraf word. Is jy ernstig met wat jy kwytraak???

Regter ·

Ek wil so graag self vir regter Salie-Hlophe gesê het dat sy puik was met haar werk. Dit was elke keer ‘n voorreg om haar te hoor praat. Soveel insig en wysheid maak van haar ‘n vrou van faam. Geluk met jou goeie werk. Jy gaan nog baie laat kry wat hulle verdien.

My mening ·

Die twee sersante wat die saak ondersoek het, is uitstekend. Wonderlik om te weet daar is nog sulke mense in die polisie.

Antionette ·

Viva as jy tussen al die berigte lees sal jy sien die deur is nie van binne gesluit maar van buite. N mintstuk of n bankkaart kan hotel deurre oop of toesluit veral badkamer deurre. Dis hoe ek dit verstaan het.

Hanlie Wiese ·

Baie dankie aan Regter Salie-Hlope met ‘n uitspraak wat hopelik vir ander mans ook ‘n afskrikmiddel sal wees. Haar woorde en hart was sag oor Susan – dit was mooi. Dis duidelik dat Regter Salie Hlope vir Susan as ‘n mens wou respekteer. Sterkte aan al die familie en geliefdes wat nog jare met die tragedie sal moet saamleef.

Heidi ·

@TN Dan moes hy nie vir die duiwel geluister het nie. Ons het mos keuses wat ons kan maak. Baie gerieflik om die duiwel te blameer en sodoende minder verantwoordelikheid te aanvaar! TWAK! Hy het die pragtigste vrou koelbloedig vermoor. Hy het sy gesin verwoes vir niks behalwe sy eie begeertes.

JO SWANEPOEL ·

Mag die dogte

Die dogters ontvang seker berading ! Ek dink in deernis aan hulle !!! die verhouding tussen n Pa en sy dogters is gewoonlik baie spesiaal ….

Snip ·

@Lizzy, regtig, het hy genade betoon aan sy vrou, neeeeeeee. Ek is so bly een sak is opgelos en dat jy sit vir paar jaar. Dit was dwaas van hom en hy het gedink hy gaan weg kom met sy leuns. Nou kan haar familie in vrede gaan en in ons gebede bly.

Wonder net ·

Ek onthou so duidelik soos gister hoe kommentaar op MM rondgeslinger is van Rhode-aanhangers oor hoe “onskuldig” hy is en “julle sal nog sien”. Wel, sien het ons beslis gesien, En hoor het ons beslis gehoor. Uitstekend gefundeerde uitslag deur ‘n uitstaande regter. Lanklaas iets gehad om op trots te voel (ek verwys natuurlik na die manier waarop die regter die bevinding verwoord het).

Piet ·

Nou kan almal uitsien na Huisgenoot se berig oor hoe swaar die arme skelmpie nou kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.