Regter sê Mantsoe is ‘duiwel in vermomming’

Die foto van Karabo Mokoena wat op haar vermiste persoon-plakkaat versprei is

Regter Peet Johnson het Donderdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof Karabo Mokoena se moordenaar as ʼn “duiwel in vermomming” bestempel.

Johnson het Sandile Mantsoe tot 32 jaar tronkstraf gevonnis en in sy vonnisoplegging gesê hy het Mokoena harteloos vermoor.

Hy het gesê Mantsoe het Mokoena vermoor en toe met sy lewe voortgegaan asof niks ooit gebeur het nie.

“Die hof kan jou nie op enige ander manier as die duiwel in vermomming beskryf nie. Moord is ʼn afgryslike misdaad wat dié hof kan beskryf as ʼn misdaad waarvoor daar nie omdraaikans is nie. Die oorledene het ʼn grondwetlike reg gehad op lewe. Lewe is die belangrikste bate vir alle mense. In dié geval het die oorledene niks nie. Sy is te danke aan jou weg vir altyd,” het Johnson aan Mantsoe gesê.

Mantsoe is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, vyf jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en vier jaar vir dwarsboming van die gereg. Hy sal effektief 32 jaar tronkstraf uitdien aangesien die vonnisse gelyklopend uitgedien sal word.

Johnson het verder gesê Mantsoe het mans ʼn “slegte naam” gegee en verdien om ernstig gestraf te word. Moord op vroue duur volgens Johnson steeds voort ten spyte van swaar vonnisse wat die skuldiges opgelê word.

“Jy kan nie meer net aangaan soos altyd nie. Jy het veroorsaak dat die skale van geregtigheid skeefgetrek het en die hof moet dit korrigeer. Die vonnis wat jy vandag ontvang het sal haar nie terugbring nie. Jy het geen berou getoon nie en selfs tydens jou getuienis vandag het jy verantwoordelikheid probeer vryspring en die oorledene gekritiseer en selfs so ver gegaan as om haar pa daarvan te beskuldig dat hy sy dogter mishandel het – ʼn aantyging wat weerlê is deur haar suster,” het Johnson gesê.

Die volgepakte openbare galery was hoorbaar verlig toe die vonnis gelewer is. Mantsoe het emosieloos in die beskuldigdebank gestaan.

Maroela Media het vroeër berig Mantsoe het vroeër Donderdag gesê hy is jammer dat hy Mokoena se liggaam verbrand het, maar volgehou dat hy haar nié vermoor het nie.

Mokoena se verkoolde liggaam is in April 2017 in ʼn vlak graf in Lyndhurst in Johannesburg gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ongelyk ·

Waarom kry haar moordenaar swaerder straf as moordenaars van minderheidsgroepe? Is dit nie dalk iets wat die internasionale gemeenskap bewus gemaak moet word van nie?

Goeie vraag ·

Ja, byvoorbeeld Oscar wat n minderheidsgroep is, en sy minderheods groep meisie dood geskiet het.

Cherokee ·

…en minderheidsgroep regter wat die vonnis gevel het. Jy moet versigtig wees ongelyk, dat dit nie klink asof jy die vonnis ‘as swaar straf’ kritiseer nie. Jy sal minder ongelyke kommentare moet lewer.

humor ·

Stem saam en nou moet die belastingbetaler nog vir 30 jaar vir hom instaan. n Heerlike veilige tuiste, bed, klere en voedsel en ook die tevergeefse poging om van die duiwelse mondering ontslae te raak.

Paul ·

Net soos wat ons moet opdok vir Oscar en al sy “behoeftes”

Vra ek ook ·

Dis goed hy word gestraf maar moet vonnis vir plaasmoordenaars nie dieselfde wees nie

Louise ·

@VraEkOok, maar om hul te vonnis, moet hul eers gevang word, wat nooit gebeur nie, alle plaasmoordenaars is mos slimmer as die SAPS.

Simpatie ·

Ag shame sy was baie mooi. Niemand verdien om vermoor te word nie.

Elvira ·

Grondwetlike REG OM TE LEWE. Hoekom geld dit nie vir boere wat so afgemaai en vermoor word nie. Laat dit geld vir ons land se boere ook asb.

Hoogs ongelyk ja ·

Nie net boere nie maar ons in die dorpe en stede wat so vermoor word, watse straf kry ons moordenaars? Hulle gaan vry op borgtog. Moet my nie verkeerd verstaan nie, haar moordenaar se straf is in my opinie selfs steeds te lig, maar alle moordenaars se straf moet ten minste so swaer wees, nie net haar moordenaar nie.

kas ·

Ag Koos, lees tog paragraaf 5.Hy sal effektief 32 jaar uitdien so daar is nie afslag nie.

kas ·

Huigend hert,wat wil die mense nou eintlik bereik.Eers is die vonnisse te lig en dan moet die belastingbetaler vir die prisonier sorg.Die doodstraf sou effektief gewees het maar vergeet daarvan.Die regerende party het tweederde meerderheid en solank dit nie verander nie sal die grondwet nooit verander nie.As jy nog nooit in ‘n gevangenis was nie moet nie dink dit is lekker nie.Dink aan al die bende geweld.Hoeveel prisoniere is al in bendegeweld verwante voorvalle dood ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.