Regulasies vir restaurante, fliekteaters teen Vrydag geëis

(Foto: Amanda Vick/Unsplash)

Die DA waarsku dat nog regstappe teen die regering kan kom as die regulasies oor die heropening van restaurante en fliekteaters nie teen Vrydag bekend gemaak word nie.

Dean Macpherson, die DA se woordvoerder oor handel en nywerheid, sê dit is onverklaarbaar dat die regulasies steeds nie aangekondig is nie en dat duisende sakeondernemings geen idee het wanneer hulle mag heropen en aan watter voorwaardes hulle sal moet voldoen daarvoor nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het meer as ʼn week gelede al aangekondig dat die persoonlike versorgingsbedryf mag heropen. Twee dae later is die regulasies daarvoor bekend gestel. Ramaphosa het terselfdertyd gesê dat aansit-etes by restaurante weer hervat mag word, en dat plekke soos casino’s en fliekteaters mag heropen.

Van dié regulasies is daar egter geen taal of tyding nie.

“Wat presies het die ministers die afgelope agt dae gedoen?” het Macpherson Donderdag gevra.

(Foto: pixabay)

“Die regering se dwase aanslag tot die regulasies is onaanvaarbaar en dit moet dadelik bekend gestel word as hulle nog regstappe wil vermy wat ministers moet dwing om die werk te doen waarvoor hulle betaal word.”

Macpherson het gesê die DA het reeds aan die minister van tradisionele sake en samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, haar eweknie by kleinsake, Khumbudzo Ntshavheni, en die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, geskryf en geëis dat die regulasies teen môre bekend gemaak moet word.

Maroela Media het vroeër berig die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) is besig met ʼn opname oor hoeveel restaurante weens die voortgesette verbod reeds permanent hul deure gesluit het. Rasa het gesê hy doen die opname in ʼn poging om aan die regering te wys watter verwoestende uitwerking die regulasies op die bedryf het.

Slegs wegneemetes of etes wat self by eetplekke afgehaal word, word tans toegelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Prikkie ·

Nou watter hoop het die mense om ‘n antwoord van NDZ te kry as sy nie eens weet in watter munisipaliteit is die hoofstad van SA nie?

Fedup ·

For the past 8 days the circus mafia, argued about who gets the biggest slice of the new loan we got again.

Johann ·

Gewetenloos oor die enorme skade wat hulle lui en lakse gedrag veroorsaak. RUGRAAT LOSE CEROL wat nie sy woord nakom OF sy ANC kaders voor stok kry om hulle werk te doen, wat hulle ruimskoots voor betaal word? SHAME ON YOU RAMAPOSA!!!!? SHAME ON YOU!!!!

Maar hoe hoor ‘n miljarder of gee hy om vir die lewens wat sy patetiese karakter verwoes? Ja hybtel beyer as ZUMA, maar hys net so self verwaan en karaterloos.

marius ·

Waneer gaan mense agterkom dat diegene wat die hool regeer alles verafsku wat iets met wit te doen het , behalwe pap , rys , brood en melk . Die resataurant bedryf is malungu besighede en moet soos die res in die grond vertrap word . Dis die waarheid .

My Mening ·

Die ministers/kabinet word nie finansieèl deur die lockdown of swakker ekonomie geraak nie. Hulle verdien nog steeds hul groot salarisse,, so hoekom sal hulle nou jaag om in die proses ander mense te help……

Riana ·

Hulle wil besighede dood druk… dink hulle besef is hulle eie mense wat daar werk nie of hulle gee net nie ‘n hel om nie

Alleen Wolf ·

Hulle voel ‘n veer vir regs stappe, dis nie hulle geld nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

““Wat presies het die ministers die afgelope agt dae gedoen?”
NIKS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.