Regulasies vir salonne bekend

(Foto: pixabay)

Die minister van kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, het Vrydag die regulasies vir die persoonlikesorgbedryf in die Staatskoerant afgekondig. Die regulasies tree onmiddellik in werking, wat beteken die bedryf mag ná vandag weer sy deure vir die publiek oopgooi.

Die regulasies geld vir haarsalonne en barbiere, skoonheidsalonne en tatoeëerateljees in die formele en informele sektor. Dit skep ʼn raamwerk waarbinne die Covid-19-pandemie in die bedryf, wat al langer as 80 dae verbied word om sake te doen, weer mag heropen.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand die aankondiging oor die heropening van die bedrywe gedoen. Hy het toe gesê dit is belangrik om dié bedryf weer op dreef te kry, omdat dit hoofsaaklik vroue in diens neem. “Die afgelope drie maande was veral moeilik vir die miljoene vroue wat as haarkappers, in spa’s, as terapeute en tegnici werk.

(Foto: Jake Weirick/Unsplash)

“Talle van die ondernemings word deur vroue besit en is ʼn bron van inkomste in die informele sektor. Om dié vroue die nodige steun te gee om finansieel onafhanklik te wees, is veral nou een van die grootste prioriteite,” het Ramaphosa in sy toespraak gesê.

Die regulasies stippel streng riglyne uit om die verspreiding van Covid-19, waarvoor 83 325 mense in Suid-Afrika reeds positief getoets het, te verminder. Dit sluit in die skoonmaak van werkstasies voor en ná gebruik, sosiale afstandhandhawing, die daarstel van ontsmettingstasies en die verskaffing van persoonlike beskermingstoerusting soos nodig.

Maskers moet ten alle tye gedra word en werkers of saloneienaars ouer as 60, of wat onderliggende siektetoestande het, moet ontmoedig word om te werk.

ʼn Register moet ook gehou word van almal wat die perseel besoek, geen gaste word toegelaat nie en geen versnaperinge of drankies mag aan klante bedien word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sharnelle ·

Dit moes al in level 4 oopgemaak het. Ek is baie bly die salonne is weer in bedryf, net jammer dat CR nou eers besef dat dit die salonme se enigste inkomste ook is. Maar wat sal hy worry as hy onder die hande van NDZ gelei word.

JohanR ·

Ja Sharnelle wat sal hy ook worry as sy lekker vet salaris nog elke einde maand in sy bankrekening inval! Hy het moes gister in die parliment aan Dr Pieter Greoenwald gese “Groenewald en sy soort” (Groenewald and his ilk)!” Ek maak maar af dat “soort” is wittes? Die ou se onderok begin nou rerig uithang. Wens hy wil vir my tot my gesig se dat hay haat wittes dan weet ek moes!

Sharnelle ·

Johan…. Ramaphosa is n groot rasis. Ek weet ons mag nie haat nie, ons moet ons vyande liefhê, maar hoe doen mens dit as hulle ons tot die vlak van haat dryf en ons ook nie eers meer n goeie woord dan uiter nie. Duidelik het CR nie sy beloftes nagekom dag met sy inhuldiging nie. Hys n blatante leuenaar.

Fedup ·

Please budzi, hair dressers know their jobs.
Just try and concentrate on yours, something you clearly do not understand yet.
cyril should rather grow a pair and get his house in order.

Piet parys ·

Wonder wie het cyril en sy meelopers se hare die afgelope tyd gesny . Sy hare is kort .

Sarel ·

Hoeveel gaan of het oorgebly. Sien herken darem dat die beriep aan ongeveer 500 000 mense werk voorsien het. Hoeveel van hierdie mense sal jan terug gazn en weer hullecberoep uitleef. Hoeveel enkel ouers is in die beroep wat nie vir hulle gesinne.kon sorg nie. Die omvangryke skade aan verskeie beroepe gaan nog lank gevoel word

Porseleintjie ·

Lagwekkend. Geen drankies of versnapperinge mag aan kliënte bedien word nie maar restaurante maak oop? Puppet on a string of ‘n beheervraat?

Ansie ·

Ag wat, dis maar net die gewone gebrek aan gesonde verstand wat die ANC so skaamteloos openbaar.

Francois ·

Ek weet nie of ek net dom is maar daar mag geen Scalp massages by wasbakke wees. Beteken dit nou jy mag nie jou hare afspoel as jy dit gekleur het. Lagwekkend.

Anoniem ·

Gaan hulle nou net ons hare sny sonder n harewas. Wie het nou hierdie simpel reeling uitgedink?

marius ·

Ja en onthou jy moet ten alle tye ‘n masker dra , so dan gaan almal met ‘n covid styl rondloop wat daar gaan tussen die rekke gesny moet word .

marius ·

“En hoe sny ons vandag meneer ? Ag ek gee rerig nie om nie maar so ses biere lank sal kort genoeg wees ” Waar val die man uit ? Nog nooit gehoor van ‘n haarkapper of salon wat versnapperings of drankies voorsien nie . Dalk het iemand vir hom vertel in Afrikaans word verwys na ‘n ” barbier ” en toe verloor hy dit …..weer .

Ansie ·

Dis nogal interessant – en spreek boekdele van die president se onderdanigheid aan NDZ – dat hierdie dienste weer toegelaat word terwyl daar ‘n hofsaak oor die heropening daarvan aan die gang is en Ramaphosa hom dan nie wil uitlaat oor tabakverkope nie “omdat die saak voor die hof is”. Die Zuma-faksie gaan hom uit die kussings lig as hy nie nou sy big boy pants optrek en leiding neem nie.

Pietie ·

Ek mag nie T by my haarsalon drink nie maar mag in n coffee shop gaan sit en drink. Hoe belaglik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.