GolfRSA het namens al die gholfbeheerliggame in die land sy ontevredenheid uitgespreek ná die departement van sport, kuns en kultuur se mediakonferensie oor die invloed van vlak 3 op sport.
Die land skuif Maandag oor na vlak 3 van die afsonderingstydperk.
Vusumusi Mkhize, direkteur-generaal van die departement, het gesê dat gholfbane ook slegs kan heropen vir professionele mense om te oefen en deel te neem soos wat die geval is met ander niekontaksportsoorte. Mkhize het dit egter duidelik gemaak dat al die regulasies slegs van toepassing is op professionele atlete wat ʼn bestaan maak uit sport en dus betaal word om daaraan deel te neem. Deelname aan sport vir ontspanningsdoeleindes word dus nog nie toegelaat nie.
Maar volgens GolfRSA het dié departementele hou beslis nie op die setperk geland nie.
“Oor die hele wêreld is daar reeds verskeie voorbeelde wat toon dat gholfspelers inderdaad veilig na die bane kan terugkeer,” is daar in ’n amptelike verklaring geskryf.
Internasionale sterre soos Rory McIlroy en Tiger Woods het reeds met groot welslae in liefdadigheidswedstryde gespeel; daar is onder meer miljoene vir die stryd teen Covid-19 ingesamel.
“Ons het dit duidelik gestel – te danke aan deeglike navorsing en die gepaardgaande dokumentasie – dat een van die vereistes vir professionele gholf dan toeganklike bane vir elke speler is.”
Gholfklubs oor die wêreld word deur die lidmaatskapfooie van amateurspelers onderhou. In Suid-Afrika word ongeveer 40 000 mense deur gholfklubs in diens geneem.
“Alle Suid-Afrikaanse gholfbeheerliggame is van mening dat hulle slaggereed is vir ’n veilige terugkeer tot die spel. Alle regulasies is van krag en voorsorgmaatreëls is getref.”
Volgens GolfRSA is gholf in elk geval ’n sport waar sosiale afstandhandhawing geld en dit word wêreldwyd beskou as ’n gesonde sportsoort wat geskik is vir enige ouderdom.
“Ons is deeglik daarvan bewus dat dit die regering se prioriteit is om lewens te beskerm, die verspreiding van Covid-19 te beperk, werkloosheid in toom te hou en die ekonomie te ondersteun. Ons is egter ook oortuig dat die gholfbedryf – sonder die opening van die bane – ineen sal stort.”
Waar het al die belangrike persone in sekere posisies al die jare weggekruip en nou hul monde rek asof hul professionele kenners is op die gebied?
Baie eenvoudig. Hulle kan nie finansieel baat nie.
Ag, alles het klaar in duie gestort. Daar is niks meer te redde nie. En dit oor ‘n klomp leuns!!!
Wat is die probleem met hierdie minister ?
‘n Gholfbaan is ‘n besigheid..net soos die kettingwinkels en ander winkels.
Hoe dink die minister nou moet ‘n gholfbaan as besigheid bly bestaan ?
Hoveel professionele spelers is in SA, en hoeveel toernooie word vir hulle
aangebied.?
Gholf toernooie word hoofsaaklik met die hulp van borge aangebied—-watter
borg gaan geld bestee vir ‘n toernooi waar daar geen toeskouers is nie..?
‘n Borgskap is juis ‘n soort advertensie…
Dis juis hier waar die gewone spelers se bydrae vir elke rondte gespeel
die gebrek aan inkomste kan aanvul
Minister—jy moet mooi dink wat jy nou doen….soos Gary Player onlangs
op tv gese het…hierdie regering is geheel en al onbewus van die belangrikheid
gholf vir hierdie land..
Nou as een van die heel grootstes van die gholf wereld dit kan se, wie is hierdie
ministertjie om dit te ignoreer ?
Hy wag vir sy skenking van Golfstokke mense.
Net nog ‘n besluit wat sonder enige kennis gemaak is. Soos wat die spul ministers aangaan is hulle kenners op elke gebied van Covid, maar nie een van hulle is kenner op enige gebied van enigiets nie. Gn wonder die land lyk soos hy lyk nie en dat ekonomie so vinnig in die put van byna onherstelbaar geval het nie.
Volgens GolfRSA is daar 450 gholfbane in Suid Afrika wat deur 125000 spelers gebruik word.
Ek kon ongelukkig nie vasstel hoeveel Professionele spelers onder hierdie groep tel nie, maar dit net ‘n redelik klein persentasie is.
Gholfbane se inkomste kom byna uitsluitlik vanuit die speelfooie wat gehef word vir elke rondte ghold wat gespeel word, Die enigste sekondere inkomste is die verkoop van toerusting .
Nou wonder mens, hoe dink hierdie minister gaan daardie klein aantal professionele spelers se speelfooie al hierdie bane aan die gang hou ?
Het die minister enigsins ‘n benul wat die onderhoud van ‘n gholfbaan kos ?
Daar word nou berig dat die minister “geduld” vra omdat die regulasies nog eers opgestel moet word..!
Eerlikwaar, dit is duidelik met sy aankondiging dat slegs professionele spelers mag speel en die gewone amateurs moet tuisbly, die minister ‘n totale gebrek aan kennis oor gholf openbaar.
Vraag is net: wie adviseer die minister..of is hierdie sy eie besluit..?