Reigerpark-seun glo ontvoer

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk, ʼn driejarige seuntjie van Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand, word sedert Woensdag vermis en die polisie vermoed dat hy ontvoer is.

Lt. Kwenzakwakhe Ngobese, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het sê die seun is glo ontvoer terwyl hy omstreeks 16:00 buite sy ouerhuis in die Ramaphosa-informele nedersetting gespeel het.

Sy ouers het hom Donderdag as vermis aangemeld. Die polisie vermoed dat hy steeds in die omgewing is.

Volgens Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het Cuburne ʼn blou sweetpakbroek met geel strepe aangehad.

Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering.

Mense met inligting oor waar hy hom moontlik bevind, kan sers. Phathela by 082 733 8481 skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.