Reis, verblyf vir jag nou verbode

(Foto: pixabay)

Gewysigde regulasies wat Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer is, verbied reis oor provinsiale grense vir jagdoeleindes. Die voorsiening van akkommodasie vir jagters word ook nie toegelaat nie.

Luidens die wysigings wat deur die departement van omgewing, bosbou en visserye aangebring is, word enige vorm van jag met die primêre doel om vleis te kry vir verbruik, toegelaat, mits dit plaasvind in dieselfde provinsie as waar die jagter woon. Enige vorm van akkommodasie vir jagters word ook hierdeur verbied.

Jag met die doel om troppe uit te dun om te verseker dat die veld selfonderhoudend bly, word toegelaat op voorwaarde dat geen reis oor provinsiale grense geskied nie.

Wildveilings mag steeds plaasvind, op voorwaarde dat an die nodige gesondheidsmaatreëls voldoen word.

Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê hierdie wysiging van regulasies gaan die wildbedryf ekonomies verder benadeel.

“Die wildbedryf het reeds seergekry omdat wildboere die eerste gedeelte van die jagseisoen verloor het. Toe enige vorm van jag weer aan die begin van Junie weer toegelaat is, het dit weer nuwe asem in die bedryf geblaas,” sê Kamfer.

Kamfer sê wildboere word verder in die voet geskiet deurdat hulle met die wysiging van die regulasies in Junie reeds plek vir jagters tot einde Augustus vooruit bespreek het.

“Wildboere het beplan dat hulle tot einde Augustus jagters gaan ontvang. Só sou hulle finansieel kon vergoed vir die geld wat hulle reeds ten tyde van die seisoen verloor het. Dit gaan ʼn geweldige negatiewe effek op die bedryf hê,” sê hy.

Kamfer sê wildboere maak ook staat op die geld wat hulle uit akkommodasie verdien. “Met dié dat die gewysigde regulasies boere verbied om enige akkommodasie aan jagters te verskaf, gaan wildplase verder ekonomiese verliese ly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

007 ·

Maw ons mag jag, maar nie oorslaap nie. Mits jy nie oor die provinsiale grense gaan nie.

Anel ·

En wat gee die ANC om! Solank blanke besighede net nie geld maak nie. Hulle vergeet dat our people nog steeds die meeste daar onder lei.

Alleen Wolf ·

Hulle sal nie reg kom nie, ons is boere afrikaners , nie “people” nie, ons sal hulle plannetjies oorleef en sterker anderkant uitkom, en jy mnr Malema moet maar kennis neem, jy gaan nie net in stap en eiendomme vat wat met hard verdiende geld bekom is nie

KB ·

En September is om die draai, dan is die jagseisoen in elk geval toe.
Weereens ‘n ondeurdagte impulsiewe besluit van nóg ‘n oningeligte minister.
Maar taxi’s mag oorgrens reis, o ja! Lekker onnosel.

Rayman ·

net ñ goeie manier om grond terug te vat by die boere, want hul gaan dit nie meer kan bekostig om te onderhou nie, slim manier van die regering hierdie blameer mos alles op covid om hulle foute en skelm streke weg te steek

Danie ·

Nie terug te vat nie – te vat! Die terug vat gedeelte is ‘n infame leun!

Annelize ·

Radikale Ekonomiese Transformasie… nes die EFF dit wou he

AH ·

Belaglik! Die regering wil net eenvoudig enige vorm van oorlewing onmoontlik maak vir wetsgehoorsame burgers. Daar word ‘n blinde oog gedraai na moordenaars, verkragters en vandale, maar as jy dit durf waag om op ‘n eerlike manier geld te maak word jy gekeer met regulasies wat nie sin maak nie. Ek is so woedend, Ek kan stik daarvan….

Scalla ·

En die taxi base regeer die land, vir elke moord moet n taxi val.

gehasie ·

Die Kartel stoomroller voort in hul poging om die ekonomie die finale nekslag toe te dien. Daar is geen wetenskap of goeie rede vir diè drakoniese besluit nie. Die C-19 statestieke oortuig ook glad nie! Wat is die werklike motiewe met die sg. C-19?

Danie ·

In die eenkant is hierdie dalk n goeie besluit. Ek weet baie gaan my stenig maar wildsboere se pryse het die hoogte ingeskiet. Die gewone man op straat kan dit nie bekostig nie en daar is baie wat graag wil jag maar die pryse net te hoog. Kyk bv hierna. Ek bly in die oos rand nou wil ek gaan jag in Vaalwater. Nou kos my brandstof my R1000 rand my naweek op die plaas R600 die rooibok R1500 en dan is dit n ooi ramme nog duurder. Slag van bok R150 verwerking van vleis R25 per kilogram nou se die bok het 30kilogram geweeg dan werk die verwerking jou R750 dus kos daai bok jou nouR4000 vir 30kg se vleis nou werk dit jou R133. 33 per kilogram uit op die einde sit jy met biltong van R266 n kilo en kookvleis wat net jy eet. Belaglik jy koop silverside vir R85 n kilo en dan eet jy lekker biltong vir R170 n kilo en daai bees het die boer geld gekos hy loop nie soos n bok in die veld en leef net van die veld af nie.

Alleen Wolf ·

Jy is besig om by die verkeerde boere te jag, en die keuse bly joune, eild boerdery is duur

Anoniem ·

Toegewyde jagters doen nie net ‘n rand tot kg vergelyking nie, want dit gaan oor veel meer as net die vleis. Dit gaan ook daaroor om in die natuur te wees, om van die natuur te leer, jou kennis en ervaring te toets en dan laastens om die skoot te skiet met akkurate skootplasing. 100% van die kere wat ek gaan jag, kon ek vleis goedkoper by die slaghuis gekoop het, maar ek kan nie die ondervinding koop nie, dis “priceless”.

Leon ·

Ek sien al hoe meer politiek en ideologie in al hierdie belaglike regulasies. Daar is meer hier agter as net covid 19…….

Stella ·

Verstaan glad ni wat di anc mee besig is ni. Taxis mag oor grense reis mar jagters ni?? Malema het mos gesê hys bereid om di wit ekonomie te collapse sodat hule ‘hule’ grond kan terugkry..DOM ONNOSEL EN STUPID VERBY

Danie ·

Ek verstaan Stella – hulle is besig om hulle kommunisme tot sy volle potensiaal te laat kom….en hulle gebruik die kovid19 situasie om dit te bereik.

Alleen Wolf ·

Ja want taxis is virus vry verklaar deur die “command council”,

Pietertjie ·

Die ANC /SAKP is besig om kommunisme in te voer teen die spoed van wit lig, onder die dekmantel van Covid-19. Nasionale Demokratiese Revolusie in volle swang.

Alleen Wolf ·

Ja tipies, verander eers die regulasie en bespreek dit dan met die belanghebbendes, klomp idiote, verstaan nie die kern beginsels van ‘n ekonomie nie

Annelize ·

radical economical transformation… soos hulle dit wou he

Johannes Andries ·

Ek dink ons almal moet dood eenvoudig net nie meer jou steur aan die regulasies. Stig n trustfonds waarin elke gesin R100 per maand betaal en as hulle jou arresteer word jou regs koste daaruit betaal. Of ons kry ook regslui, uit eie geledere, wat ons “Pro Bona” verdedig in die hof. Jy betaal geen Boetes nie hulle moet werk om geld uit jou te kry in die hof. Dan stel jy dit aan die hof Dat Ramaphosa het jou beroof van jou werk en jy kan nie Boetes betaal nie.

Esmé V ·

Die Bevelsraad behoort PANDA se statistiese kundigheid eers in te win voordat nuwe regulasies lukraak geproklameer word. As die syfers nie sin maak nie, maak die reël nie sin nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.