Reisiger met goud van R7 miljoen betrap

Foto verskaf deur die SAID

Foto verskaf deur die SAID

Doeanebeamptes by die OR Tambo Internasionale Lughawe het glo ʼn Libanese passasier met 17 reghoekige goudstawe en drie sirkelvormige stawe betrap.

“Die man was Sondag op pad na Doebai,” het Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, gesê.

Volgens Memela het die man alleen gereis en wou hy die land verlaat sonder behoorlike dokumentasie. “Sy bagasie is geskandeer en ongewone beelde was sigbaar. Sy bagasie is daarna per hand deursoek en SAID-doeanebeamptes het beslag gelê op die goudstawe ter waarde van R7 033 600.”

Die reisiger het glo vervalste fakture verskaf. “Hy is aan die polisie oorgegee, maar die SAID hou die goedere vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Die Guptas, se kleingeld is ook oppad landuit. Of dalk is die idioot se omkoopgeld wat hulle hom betaal het.

SNEL ·

Wat word van al daai goud nou? Wonder eintlik wat gebeur sommer met alles so by lughawes en doeanes, al die onwettige goed. Word dit vernietig of soos die goud nou, waarheen met dit? Terug van waaraf dit kom, of was dit gesteel en gaan terug eienaar toe of gaan dit vernietig word of verder verdwyn? En dan; wat word van al die goed wat mens so uit jou sakke moet gooi of kos wat afgevat word wat nog verseël is, sit iemand anders en eet dit later met n fliek of beland dit in die asblik of word dit vernietig? En selfs klere, gremering en al die ander goed wat uit sakke gegooi word wat te veel vloeistof is om op n vliegtuig te vat of nie toelaatbaar is nie, waar gaan dit heen. Om nie eers te praat van verlore bagasie nie, dink daar kan n skat of 2, duur parfuums en juwele of sulke goed wees, waar gaan dit heen of wat word van dit?

Berhalet Beukes ·

Dit verdwyn in dieselfde misterieuse donker gat waarin ons hard verdiende belang geld ingetrek word… ;-)

John ·

Is die goud in die foto net R7 miljoen werd? Is dit blokkies gips wat net oorgeblaas is met goudstof? Regte goudstawe is baie meer werd.

Jef ·

Met die waarde van die goud, 7 miljoen rand in die geval sou ek arm en siek mense help, dit sou n mooi gebaar wees teenoor ons SA mense.
Al die goedere wat op die lughawens wat deur die douane in beslag is geneem sou ek n openbare veiling hou en die geld wat daarmee opgehaal word, skenkings doen aan hospitale en alle goeie doele,
Op so manier wen hulle weer vertroue by burgers in SA en sien almal weer lig aan die einde van die tonnel.
En sit die Libanese passasier op die vliegtuig terug Doebai toe met n briefie in die hand wat se …..dankie.

Amanda Van Vuuren ·

17 Mei Myyyyyyy daar vang slim toe sy baas??? sjoe ek dink hy het n verby moviese kans gevat met soveel goud???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.