Reisigers teen ontvoering in SA gewaarsku

Argieffoto

Die Britse regering het reisigers gewaarsku teen ʼn toenemende bedreiging van ontvoerings in Suid-Afrika wat glo met die Islamitiese Staat (Isis) en misdaad oor die algemeen verband hou.

Die waarskuwing op Londen se reisadvies-webwerf het gevolg ná die verdwyning van ʼn Brits/Suid-Afrikaanse paartjie in KwaZulu-Natal vroeër vandeesmaand.

“In Februarie 2018 is twee Suid-Afrikaans/Britse dubbele-burgers ontvoer. Daar is ʼn toenemende bedreiging vir ontvoering reg oor Suid-Afrika,” lui die waarskuwing.

“Ontvoerings kan gedoen word vir finansiële gewin of kan deur misdaad gedryf word. Britse burgers kan gesien word as meer welgesteld as plaaslike burgers en mag daarom spesifiek ʼn risiko loop om slagoffers te word van ontvoerings vir finansiële gewin.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn Wes-Kaapse paar, onderskeidelik 64 en 73 jaar oud, het op 12 Februarie vermis geraak nadat hulle vermoedelik in Vryheid in KwaZulu-Natal ontvoer is. Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, wou nie die identiteit van die twee persone bekend maak nie, maar het wel bevestig dat hulle ook burgerskap in die Verenigde Koninkryk het. Volgens Ramovha woon die twee tans in Kaapstad.

Twee verdagtes is intussen in hegtenis geneem in verband met die paar se verdwyning. Sayfydeen Aslam del Vecchio (38) en Fatima Patel (27) het Maandag vlugtig in die landdroshof op Vryheid verskyn. Del Vecchio en Patel word aangekla van ontvoering, brandstigting en moontlik ook van terreur.

Ramovha het gesê die Valke ondersoek die moontlikheid dat die verdwyning van die twee moontlik met terreur verband hou.

Del Vecchio en Patel sal weer op 1 Maart vir ʼn formele borgtogaansoek in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel swartbrand ·

Ek sou wou sê nonsens maar feite is feite net soos PresedentTrump gesê het.

PJC ·

Asof ons nie genoeg misdaad het nie kom hier nou ń nuwe tipe misdaad na die land wat die potensiaal het om baie meer gevaarlik te wees. Hierdie misdadigers is aanhangers van Islam en hulle stuit vir niks.

Daan ·

Weereens n bewys van die totale ineenstorting van die polisie wat verantwoordelik behoort te wees vir wet en orde

christa ·

Daan jy slaan die spyker op sy kop. Did mooi laat die buiteland sien wat gaan in SA aan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.