Reisverbod vir Gasa-Christene na heilige stede wyd veroordeel

Besoekers stap in ‘n straatjie in Bethlehem. (Argieffoto: Dusan Vranic/AP)

Suid-Afrikaanse kerke het Israel se besluit wat Christene in die Gasa-strook verbied om na Jerusalem, Nasaret en Bethlehem te reis om Kersfees te vier, ten sterkste veroordeel.

Reuters het verlede week berig Christene van die Gasa-strook sal permitte toegestaan word om oorsee te reis, maar niemand van hulle sal toegelaat word om Israel en die Wesoewer te besoek nie. Dit is die tuiste van talle heilige plekke vir Christene.

Israel beperk beweging deur die Gasa-strook, ʼn gebied wat deur Hamas, ʼn Islamitiese groep wat Israel as ʼn terreurorganisasie beskou, beheer word.

ʼn Woordvoerder van Israel se weermag het aan Reuters gesê weens “veiligheidsbevele” sal Gasa-inwoners oorsee kan reis via Israel se Allenby Bridge-grenspos met Jordanië, maar hulle sal nie toegelaat word om stede in Israel of die Wesoewer te besoek nie.

Gasa het sowat 1 000 Christene – die meeste van hulle Grieks-Ortodoks – in ʼn bevolking van nagenoeg 2 miljoen mense wat op dié smal kusstrook woon.

Vanjaar se besluit is anders as vorige jare se beleid. Verlede jaar het Israel permitte aan nagenoeg 700 Gasa-Christene toegestaan om na Jerusalem, Bethlehem, Nasaret en ander heilige stede vir die vakansie te reis.

“Ons veroordeel Israel se verbod op Gasa-Christene om hul geloof vrylik te beoefen deur na die heilige plekke van ons geloof te reis. Geloofsvryheid is ʼn basiese mensereg en dit is ondenkbaar dat ʼn sogenaamde demokrasie in die 21ste eeu selfs net op dié manier dink,” het eerw. Moss Nthla, sekretaris-generaal van die Evangeliese Alliansie van Suid-Afrika (TEASA), gesê.

Die organisasie verteenwoordig nagenoeg 4 miljoen Suid-Afrikaanse Christene wat as wedergebore of evangelies identifiseer.

Hanan Ashrawi, verbonde aan die Palestynse Bevrydingsleër, stem saam met Ntlha en sê terwyl Israel práát oor respek vir vryheid van geloof, tree hy nie so op nie. “Palestyne word eintlik gevange gehou en Israel verwoes deurlopend enigiets wat vir hulle van waarde is. In dié geval is dit geloof,” het Ashrawi gesê.

Hamas-woordvoerder Basem Naim het uit Gasa gesê dié organisasie veroordeel ook die besluit, terwyl sommige Israelse groepe dieselfde gedoen het.

Rifat Kassis, sameroeper van Kairos Palestina – ʼn sambreelorganisasie wat Palestynse Christene van verskeie denominasies verteenwoordig en hom beywer vir die beëindiging van Israel se besetting – het gesê dit is verregaande dat Christene wat ʼn paar kilometer van Jerusalem woon nie die stad kan besoek nie, terwyl buitelanders sonder enige probleme daarheen mag reis.

Bykomende bron: Afro-Palestine Newswire Service

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

HPV ·

Israel beskerm net sy eie burgers, anders as die Suid Afrikaanse regering. Hoe bewys mens by grensposte dat jy ‘n Christen is?

Adriaan ·

Soos ek die berig verstaan, geld die reis verbod om Israel te besoek vir alle inwoners van die Gasa strook en nie net vir Christene nie. Die opskrif en 1ste 2 paragrawe is goedkoop sensasiesoekery. Israel is besorg oor sy inwoners se veiligheid, anders as die SA regering.

John ·

… mmm… dit is sekerlik nie Griekse burgers. Sommige Palestyne/kerklikes besoek ook
Katolieke kerke in die grensgebied en kry baie hulp vanaf die pousdom, maar erken nie die Jode se reg op ‘n eie gebied nie. Die situasie in die Midde-Ooste is tans plofbaar met Iran se betrokkenheid in Siriè en die gereelde vuurpyle en die krisis in Libanon.

Sobymykoolkop ·

Die Israel haters is oral besig om Israel af te kraak en verdag te maak. Die media doen lustig mee soos hulle meesters opdrag gee. Niks anders as die anc kommuniste nie

Arak ·

Al julle kommentators wat so simpatiek is vir die jode in Israel; kan die jood sonder Jesus in die hemel kom? Is daar vir hom ‘n spesiale roete?
Hy is net so ongered soos die moslem, maar te danke aan die valse leer in ons kerke wil ons nie meer onderskei tussen reg en verkeerd as dit by die volk kom nie. Wat Israel doen is verkeerd, en ja, mens kan dit regverdig tot jy blou is in jou gesig, verander nie die feit dat hulle basies die Palestyne se grond onteien het sonder om hulle te vergoed nie.
Moet nie kla as die ANC dieselfde doen nie, hulle volg maar net Israel.
Hoe lank gaan ons nog wat sleg is goed noem as dit by Israel kom?

AndrewL ·

Arak, wat sou van Israel oorgebly het as hulle die sesdaagse oorlog verloor het?

TDW ·

Arak jy klink soos die enigste ingeligte hier. Mense moet gaan opsoek wie die eerste kommuniste was. Wie was die bolsheviks? Hoe het die joodsevolk sy eie staat gekry? Die antwoord lê by die eerste wêreldoorlog. Dan moet mense sommer self ondersoek instel oor die 2de WO.
In generaal pattinson se woorde “we defeated the wrong enemy”
Dan moet mense gaan kyk na al die witkommuniste wat saam die anc geveg het. Wat het hulle almal in gemeen?
Ons Christenskap was nog áltyd die teiken. En kyk net hoe vinnig het hulle dit uit ons skole gekry. Sonder enige teenstand.

HPV ·

Die Palestyne het destyds vir Israel aangeval, soos hulle steeds op doen, dit is die rede vir die grondbesetting deur Israel. Ons en Israel was destyds broers in oorlog.

Cherokee ·

Arak, terwyl ek absoluut saamstem dat Jesus die enigste Weg is tot die Waarheid, is daar meer stellinge wat jy maak wat ek uitdaag. Ondermeer daag ek jou uit om te bewys dat daar ‘n nasie bestaan soos Palestyne en jy kan dit probeer regverdig tot jy blou is in die gesig , om die ‘Palestyne’ se reg op die Gasa-strook te probeer regverdig.

marous ·

Hoeveel van die woedende “christene “aanbid die voorvader geeste ?

Cherokee ·

Gistermiddag om sowat… 3nm het ‘n kabinetsminister, na aanleiding van ‘n grap wat ek dae gelede gemaak het, vir my gevra hoe om die tokkelossie te vermy. Ek ken dit uit my plaas-grootword jare, maar het my skouers opgetrek. “Bricks under the bed” was sy laggende antwoord. Ek weet steeds nie of hy spottend verwys het na ‘n ou maar steeds bestaande geloof en of hy ernstig was nie. Ek het dit weg gelag en eers later besef hy kon dalk ernstig gewees het.

Suzie ·

Gaan kyk na die geskiedenis van Israel en wanneer jy die kans het gaan besoek die land en stap deur die Yad Vashem (Holocaust Museum) wanneer jy daar deur gestap het sien en beleef jy die hartseer en verstaan mens alles beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.